MARNITZ BOSHOFF: DIE KRUIS TUSSEN ‘N SNIPER EN ‘N GENERAAL

Jul 16 • General News • 962 Views • Comments Off on MARNITZ BOSHOFF: DIE KRUIS TUSSEN ‘N SNIPER EN ‘N GENERAAL

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert: Loftus Versveld

Marnitz Boshoff was nog altyd vir my daardie kruis tussen ‘n skrummie-sniper en die generaal wat op nommer kan 10 dikteer.
‘n Nelspruiter van geboorte, ‘n Tukkie, toe Pumas toe, toe ‘n Blou Bul by die akademie, ‘n jaar by die Griekwas, en toe breek ‘n baie belangrike tyd by die Lions aan waarin hy hulle in 2013 uit die promosie/relegasie-drif help trek het, totdat hy in die Pro12 vir die Ierse span, Connacht gaan speel het.

Hy was die Lions se eerste keuse losskakel in die Curriebeker kompetisie gedurende 2014-2015 en het hulle ook verteenwoordig op SuperRugby vlak in dieselfde jaar.

Een van sy hoogtepunte by die Lions was gedurende 2015 toe die span die kompetisie gewen het en hy as top puntemaker gekroon is.

Boonop hang daar ‘n Springbokbaadjie in sy kas, toe hy ‘n noodkreet beantwoord en op 28 Junie 2014 op ouderdom 25 as ‘n plaasvervanger vir die nasionale span teen Skotland opdraf op die Nelson Mandela Bay Stadion in Port Elizabeth.
In die 70-ste minuut vervang hy vir Handré Pollard en hy, Oupa Mohoje en Stephan Lewies maak hul Toets debuut.

Lood de Jager bars deur die Skotse verdediging en druk sy tweede drie in die wedstryd en skaars sewe minute later lê Boshoff suksesvol aan vir nog twee punte vir die Springbokke om die eindtelling 55-6 te maak.

In dieselfde jaar speel hy vir die Barbarians teen Australië op 1 November 2014 in die hartjie van Londen op Twickenham.
Hy speel weer van die bank af en teken ’n drie en twee doelskoppe aan, maar sy span verloor 36–40.

Teug na die hede en Marnitz was verlede Saterdag teen WP vir ‘n goeie 30 minute in aksie.
“Dis lekker om weer rugby te speel vir ‘’n slag.”

Hy reken dat daar Springbokke was wat die jong span van Saterdag uit SuperRugby wedstryde gehou het, “hulle is goed genoeg en kort net wedstrydtyd, WP het ons ’n les geleer in die skrums, maar daar is manne wat hand opsteek.”
“Die skrums was ‘’n gemors maar by die breekslae was ons baie goed, ons kon net nie afrond nie. Ons weet wat ons moet regmaak vir die volgende wedstryd. Ons het goed gehou in die eerste helfte en in die tweede helfte het ons nie met al die balbesit, afgerond nie.

Marnitz reken dat alle spanne ’n gelyke kans het in vanjaar se Curriebeker-kompetisie, “kyk maar na die Pumas en die Griekwas wat ingekom het en die tradisionele groot spanne aangevat het, dis spanne met goeie spelers daardie.”
Die Blou Bulle is lugtig vir Vrydagaand se wedstryd teen die Vrystaatse Cheetahs, “Ons verloor teen die WP het vir ons ‘n platform geskep om te gaan regmaak teen die Cheetahs, hierdie kompetisie in sy verkorte formaat gee net een kans en jy kan nie jou tuiswedstryde verloor nie, dan sal jy nie die uitspeelrondes haal nie.”

Marnitz is tevrede waar hy tans is, al het hy byna 12 maande se rehabilitasie gehad. Die beseringspook het hom vir byna meer as ‘n jaar bloots gery.

Volgens hom voel hy na sy eerste vier wedstryde goed, “ek is op ‘n baie goeie plek, ek is gelukkig hier, alhoewel my kontrak vanjaar ten einde loop, sal ek graag weer wil SuperRugby speel volgende jaar. Daar is nog nie met my gepraat oor die voortsetting van my kontrak nie, maar die vensterperiode het pas begin. Ons het heelwat senior manne verloor maar die grootste deel van die agterlyn bly ‘n kernspan wat kan deurgaan na volgende jaar se SuperRugby, dis soos ons altyd sê tyd vir die manne om hand op te steek.

“Ek wil weer SuperRugby speel, maar nou is dit eers alle aandag by die Curriebeker.”

MARNITZ BOSHOFF, losskakel van die Blou Bulle. Foto: Rugbyfifteen

Related Posts

« »