MATTHEW PROUDFOOT: DIE BOKKE SE KOPPE HET SEERGEKRY

Sep 23 • General News • 1319 Views • Comments Off on MATTHEW PROUDFOOT: DIE BOKKE SE KOPPE HET SEERGEKRY

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

So, die Springbokke het hul openingswedstryd in die 2019-Wêreldbeker-toernooi verloor.

Twitter loop oor van gemengde gevoelens; die Springbokke was vrot, die Bokke se speelplan was swak, sekere spelers was net nie goed genoeg nie.
Ander se kommentaar is meer positief: dit was naby, ons is nie uit die toernooi nie, ons sal beter word soos die toernooi aangaan.
Hoe dit ookal sy, die telbord wys dat die All Blacks die Springbokondersteuners gewys het dat hulle wêreldkampioene is wie nie maklik gaan onttroon word nie.
Elke TV-prentjie rondom die wêreld het gewys hoe gefokus die Kiwis was; sweet het geloop, trane het opgedam, sugte van spanning is geslaak.

Die Springbokke het die eerste 10-12 minute ‘n wurggreep op die Nieu Seelanders probeer toepas, maar toe die manne van die Haka die druk stukkie-vir-stukkie begin verwerk het, was die eerste terugvegpoging reeds deur die wêreldkampioene geslaag; Springbokke, julle sal nie deurkom nie.

Matthew Proudfoot, voorspelerafrigter het die media Maandag daarop gewys dat die All Blacks ‘n span is was kan aanpas.
“Die All Blacks pas gedurig aan, hulle is te slim om dit nie te doen nie, en wat ek verwag is dat hulle tot hul repertoire sal byvoeg in die oorblywende rondomtalie-wedstryde en sodoende hul aanvalsstyl verbeter,” het Proudfoot gesê.

“Hulle wedstryd teen ons was naby, en beide spanne moes beheersd speel, maar nou kan die All Blacks toelaat dat die volgende paar wedstryde hulle die geleentheid gee om hul aanvalsstyl aan te pas. Ek dink daar kom meer van hul vermoë in die vaste fasette.”

Daardie vermoë om aan te pas in moeilike omstandighede en om verskillende aspekte van hul diepte te lewer, is wat hulle so gevaarlik maak; hulle weet hoe om druk te verwerk, aan te pas by verskillende omstandighede en om stilweg leierskap in die span te ontbloot wie keer dat die damwal nie teen hulle breek nie.

Volgens Proudfoot was die plek waar die Bokke die meeste kwesbaar was, die tyd tydens die afstaan van die klomp strafskoppe. Dit het die geleentheid gebied aan die All Blacks om terug te slaan en beheer oor die wedstryd te kry.

“Dit was ‘n baie taai wedstryd en die manne het probeer om die wedstryd deur te haak toe daar net vier punte verskil was, maar dit het ons meer as fisies seergemaak,” het Proudfoot gesê.

“Die All Blacks was goed maar ons het ‘n paar geleenthede gemis en die kanse nie benut nie. Ek weet hierdie span het dit in hulle om die hele pad te stap, en ons gaan baie leer uit daardie nederlaag, maar wat ons die seerste maak is dat ons ‘n kans verspeel het.”

Rassie Erasmus se taak het net moeiliker geraak. Die stryd tussen die Springbokke ne All Blacks is ver van op ‘n gelyke vlak. Die Springbokke het net eenvoudig nog nie die vermoë om druk te verwerk, druk effektief toe te pas en die uitklophou teen die wêreldkampioene toe te pas nie. Die Kiwis het net ‘n arsenaal om op meer as een manier te wen, die Bokke het net ‘n handvol koeëls.

Die Bokke het ‘n plan A, miskien ‘n halwe plan B, want die een het nie Saterdag ingeskop teen die tweede helfte nie.
Daarenteen het die All Blacks ‘n plan A tot Z, of so wil dit voorkom.

Verwagtings dat die Bokke se standaard reeds opgevang het by die All Blacks s’n, is wensdenkery: die openbare mening en verwagting was naïef.

“Miskien het ons te veel balbesit gehad,” het Erasmus na die wedstryd gesê. Dit mag na drek klink, maar die All Blacks het geweet dat die Bokmasjien nie naastenby so geolie is dat die balbesit na punte sal lei en nie meer en meer na foute-strafskoppe-nie.
Die Bokke het net eenvoudig nie die afwerking om van die baie balbesit iets te maak nie, Pollard was byvoorbeeld ‘n ruk lank aan die slaap en het dieselfde kokon-mentaliteit gewys wat hy in die SuperRugby-reeks met tye gewys het.

Kan die Springbokke minder foute maak, want sou hulle weer teen die All Blacks speel, gaan die Kiwis met ‘n nader, intelligente aanslag kom.

Dit is myns insiens die enigste manier hoe die Suid-Afrikaners dalk, en ek gebruik die woord spaarsamig, dalk ‘n houvas op die wêreldkampioene kan kry.

Erasmus is reg, die All Blacks is net eenvoudig ‘n span met daardie X, Y en Z-faktor.

Proudfoot egter, se kommentaar maak my bang as hy sê die span het meer as fisies seergekry. Hulle kan nie nou wil kop verloor nie.

Hoe dit ookal sy, deel twee van die Boksprokie of hopelik nie, Boknagmerrie, lê nou na die nederlaag teen die ou vyand, voor.

Daar was groot feesvierings toe die Springbokke die suksesvolle span was in die afgelope Rugbykampioenskap. Foto: RugbyFifteen

Related Posts

« »