Media verklaring – Johan Goosen

Nov 2 • National, School, South Africa U18 • 3308 Views • Comments Off on Media verklaring – Johan Goosen

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Johan Goosen

Johan Goosen

Die jong ster losskakel van die Vrystaat Cheetahs, Johan Goosen is onlangs positief vir ‘n stimulant getoets.

Tydens ‘n verhoor wat op Maandag, 1 November in Bloemfontein plaasgevind het is, Goosen skuldig bevind en vir drie maande vanaf 1 November 2010 tot einde Januarie 2011, uit rugby geskors.

Goosen het van meet af skuldig gepleit aangesien hy ‘n supplement wat by ‘n winkel in Bloemfontein aangekoop was, gebruik het, sonder dat hy daarvan bewus was dat daar ‘n stimulant in die produk voorkom.  Hy het spesifiek navraag gedoen of daar enige stimulante of verbode middels in die produk is en die verkoopspersoon het hom verseker dat die produk skoon is.

Goosen het die hele jaar van die goedgekeurde produkte van die PVM Nutritional Sciences,  wat  aan sy skool geborg is en wat gratis aan hom verskaf is gebruik gemaak, maar het na die voltooiing van sy skoolprogram as skolespeler, sy eie produk gaan aanskaf.

Tydens ‘n wedstryd tussen die o.19 spanne van die Vrystaat en Griffons, is Goosen getoets en is ‘n verbode stimulant in sy liggaam gevind.  Die spesifieke stimulant was vir ‘n tyd op die verbode lys van WADA gewees en is daarna afgehaal, maar is aan die begin van die jaar weer teruggeplaas.  Die naam van die stimulant is tegnies van aard en verskyn nie so spesifiek  op die etiket van die produk wat hy gebruik het nie.

Hy het dus totaal onskuldig en onwetend ‘n supplement gebruik wat ongelukkig ‘n verbode stimulant bevat het. WADA (World Anti Doping Association)  regulasies bepaal onomwonde dat indien ‘n verbode middel  in ‘n persoon gevind word, die persoon onmiddellik skuldig is en dat die straf ‘n twee jaar skorsing beloop.  Hierdie strawwe word baie streng toegepas en die feit dat Goosen ‘n baie ligte straf ontvang het, is ‘n aanduiding van die versagtende omstandighede wat ‘n rol gespeel het.

Hoewel hy ‘n leerling van  Grey-Kollege in Bloemfontein is, en daar gespeel het, het hierdie insident plaasgevind nadat hy met sy rugbyloopbaan as skolier klaargemaak het en reeds by die o.19 groep van die Vrystaat aangesluit het.

Die insident beklemtoon weereens die probleme rakende die kwaliteit en etiek van die sport supplementasie industrie.  As gevolg van die gebrek aan regulering  in die industrie loop sportmanne en rugbyspelers ‘n  hoë risiko om positief te toets vir verbode middels deur die gebruik van supplemente.

Die raad van verkoop assistente kan ook nie blindelings geglo en gevolg word nie.  Dis juis een van die hoofredes hoekom Vrystaat Cheetahs in Jan 2005 bande gesmee het met PVM Nutritional Sciences en spelers verbied om medikasie en supplemente anders as PVM te gebruik sonder goedkeuring deur die mediese paneel.

UITGEREIK DEUR:  Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk.

Related Posts

« »