MOEILIKE TYE VIR KLUBRUGBY, MAAR DAAR’S HOOP BY DIE BULLE

May 28 • General News • 1932 Views • Comments Off on MOEILIKE TYE VIR KLUBRUGBY, MAAR DAAR’S HOOP BY DIE BULLE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert: Pretoria

As daar nog nooit ‘n teenstellende stelling gemaak is nie, is hierdie die een: dit gaan swaar met rugby in Covid-19 tyd.

Weliswaar gaan dit nie sleg met die professionele spelers en beamptes nie, maar min liefhebbers van die spel dink aan wat gebeur by die amateurbeen, die klubs.

In Blou Bullland het die unie waarskynlik die afgelope jaar of wat sedert Willem Strauss as president verkies is, die beste ooit vir klubrugby se ontwikkeling gedoen.
Dink maar terug aan die suksesvolle Volcano reeks in 2019 en voor die Covid-virus ons getref het, die Carlton-, Supercup-, TW Profile-, die o-20’s, die Limpopo reeks en die nuwe noord-suid reekse.
Nie alleen is klubrugby hard getref deur die ontydige aankoms van die virus nie, maar skolereekse is finaal afgestel vir 2020.

Strauss het ekslusief aan ons gemeld dat daar groot bekommernis is oor klubstrukture se personeel wie nou geen of baie klein inkomstes verdien, “die klubs kry geen hek-of sosiale inkomste soos kroegverkope, restaurantverkope en ander vorme van inkomste nie, van die klubs met borge kry baie swaar en kan nie die volle of selfs dele van die borgskap betaal nie, mense kry nie salarisse nie.”

John Dobson, WP- en Stormers afrigter het reeds aangedui dat daar in dié provinsie groot kommer is oor die welstand van klubspelers, “met die rugbybedryf in die toestand wat dit tans in is, is dit ‘n baie swak posisie om in te wees wanneer ‘n speler nie iets het om op terug te val nie.”
“Van die positiewe dinge is dalk dat daar meer gestudeer gaan word en ons nouer met universiteite sal saamwerk om seker te maak dat jong spelers studeer.
“Dit kan dalk ook goed vir klubrugby wees. Ons klubs ly baie, want hulle speel nie tans wedstryde nie en byvoorbeeld nie met hul kroeë ‘n inkomste verdien nie. Klubrugby kan dalk belangriker raak met spelers wat sal werk, maar steeds gaan speel.”

Strauss het aan ons laat deurskemer dat daar ‘n aankondiging kom oor die verligting vir klubs in die Blou Bulle-streek, “ ek kan nie nou daaroor uitbrei nie, maar daar is groot verwikkelings om ‘n vorm van verligting vir die klubs te bring, vir die mense wie na die geboue moet kyk, die gras moet sny en die plek in stand moet hou terwyl daar geen inkomste vanuit die klubrugby is nie.
“Munisipale dienste en onderhoud was voor die Covid-19 pandemie alreeds dun aangewend en nou gaan die druk al groter raak om velde en geboue se infrastruktuur te onderhou. Dis daarom dat ons van die unie se kant af gaan poog om verligting te bring, nie net vir spelers  en beamptes nie, maar ook vir die mense agter die skerms by die klubs.

Die unies sal verantwoordelikheid moet neem op hierdie vlakke want dit lei tot groot kommer vir die toekoms van nie net amateurruby nie, maar ook vir die professionele been van die sport, die twee vlakke is onlosmaaklik verbind.”

 

WILLEM STRAUSS PRESIDENT VAN DIE BBRU
FOTO: SPEEDSHOTS ©

Related Posts

« »