MY BOKKE IS GROTER AS JOUNE! #PaleToe

Jun 24 • General News, International, Pale Toe, Springboks • 1645 Views • Comments Off on MY BOKKE IS GROTER AS JOUNE! #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #PaleToe

In Suid Afrikaanse rugby is ons oor die algemeen nie goed as dit kom by liggaamshoogte nie. Ons spelers het reuse lywe en is groot gebou. Dis nie net die probleem as ons die bal dra nie, maar ook as ons kontak maak.-Allister Coetzee

Saterdag lê om die draai en vir die eerste keer sedert die Coetzee-era aangebreek het, wag daar weer ʼn nuwe uitdaging.
Ek sê “weer” en “nuwe” want sy vorige twee het gelykop geëindig; een verloor en een wen, teen die verwagting in.
“Die groot les is dat die spelers geleer het dat Toetsrugby gebou is op gebiedsvoordeel en oorheersing op die voorvoet. Fisiese dominansie is belangrik, maar so ook is druk op die telbord. Dis die drie wat ononderhandelbaar is vir sukses op hierdie vlak”, het Coetzee na afloop van verlede naweek se terugveg sege gesê.
Hy hamer nog steeds op spelers se grootte en alhoewel daar al amper boeke geskryf is hieroor, is ons blykbaar nog nie uitgepraat nie.
“In Suid Afrikaanse rugby is ons oor die algemeen nie goed as dit kom by liggaamshoogte nie. Ons spelers het reuse lywe en is groot gebou. Dis nie net die probleem as ons die bal dra nie, maar ook as ons kontak maak. Dis ʼn voortslepende werksproses en iets waarop ons moet fokus, nie net op internasionale vlak nie, maar ook op skoolvlak.”
Die nuwe, moderne spel vra dat daar waar ons juis sukkel-die afbreekpunte, beter doen, word allermees aanvaar.
“Ons het die afgelope twee Toetse 19 keer balbesit verloor teenoor Ierland se drie, niks het verander met die spel rugby nie, jy moet nog steeds skrum, lynstane doen, skop, tackle en hardloop met die bal, al wat verander het is die reëls”, sê die oud Bok kaptein en losskakel, Naas Botha.
“Ons meet spanne daaraan oor hoe goed ons verdedig het, dis nie rugby nie, rugby is hoe goed jy die bal kon dra en jou opponent klop om drieë te druk.”
Wat kommerwekkend is, is dat ons speelplan blykbaar nie voorsiening maak dat ons balbesit behou en kry nie. Ons is letterlik vasgevang tussen een of meer plan.
“ʼn Springbok moet môre reg wees vir ʼn Toets as hy vandag gekies is. Dis hoekom hy ʼn Springbok is en as jy in ag neem dat hy die heel beste in sy posisie is (en daarom gekies word), moet hy dit kan wys op die veld”, sê Botha op Groot FM se Donderdag-aand program “Groot Rugby”.
Damien de Allende is een van die rugbywêreld se fisiese, groot senters. Op 1,89 meter en 101kg is hy gebou soos ʼn dekade of wat gelede se voorspelers. Maar sy statistiek lyk nie so goed op nommer 12 nie: 4 duikslae gemis en een strafskop afgestaan.
Vergelyk jy hom met Willie le Roux op heelagter, lyk die prentjie só: 1,85 en 90kg wat ook in die ‘groot’ speler kategorie is.
Le Roux het egter reeds 4 aanslane en 4 hanteerfoute gemaak. Nie een van die twee groot agterspelers het egter balbesit omgekeer in kontak nie.
In die moderne era, met groot spelers soos wat Coetzee het en Naas hulle as “atlete’ beskryf, verwag jy beter.
In kontak verloor ons steeds te veel besit, en dit pla die kenners. Vrae word gevra soos ‘weet elke speler wat van hom verwag word by die afbreekpunte, waar is ons tradisionele fetchers, en hoekom word ʼn bal so maklik ge-rip?’
Richie Gray, ʼn Skot was die Bokke se spesialis afrigter by die afbreekpunte, toe Heyneke Meyer nog daar was. Na Coetzee se aanstelling is sy kontrak nie hernieu nie.
Gray word wêreldwyd erken as dié spesialis op afbreekpunte en hy het groot sukses met die Springbokke gehad en het op ʼn stadium gesê dat wedstryde gewen of verloor word ‘ met die top twee of drie duim’, verwysend na balbesit op die afbreekpunte.
Siya Kolisi en Francois Louw is seker hier een van die grootste teleurstellings as dit by die besit by afbreekpunte kom.
Maar Matthew Proudfoot, voorspeler afrigter hou vol; “beide spelers was baie goed, veral Flo. Hy het gedoen wat ʼn oopkant flank moet doen, en dis nie net om balle te steel nie, maar hy moet die momentum kan hou in die eerste afbreek kontak.”
CJ Stander is vandeesweek terug vir die Iere en skielik word daar planne gemaak om hom in toom te hou.
“Dis eintlik lagwekkend, want ʼn paar jaar gelede was Stander nie groot genoeg vir die Bulls en die Springbokke nie, nou gooi ons afrigters wal om hom te neutraliseer en ons besef dat ons ʼn groot fout begaan het om hom te laat gaan”, sê die oud Noord Transvaalse flank en Springbok, Thys Lourens..
“Dit gaan oor ingesteldheid en ʼn klein mannetjie met ʼn plan in sy kop is gevaarliker as twee grotes wat hom wil keer.”

Foto: Anton Geyser

Related Posts

« »