NIE MAKLIK NIE MAAR MOONTLIK VIR DIE LIONS

Mar 10 • General News, Super Rugby, Super Rugby News • 1574 Views • Comments Off on NIE MAKLIK NIE MAAR MOONTLIK VIR DIE LIONS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
09092016 RUGBY - CURRIE CUP - XEROX GOLDEN LIONS VS WESTERN PROVINCE - EMIRATES AIRLINE PARK - JOHANNESBURG - SOUTH AFRICA Photo: Gordon Arons

Kwagga Smith is terug vir die Lions teen die Jaguares Foto: Gordon Arons

 

SUPERRUGBY VOORSKOU: JAGUARES V. LIONS

Dis maar die derde rondte van vanjaar se SuperRugby-kompetisie, en daar is reeds ʼn span of twee wat hul stem dikmaak.
Die Chiefs het vanoggend (Vrydag) gewys dat hulle ʼn span bly om mee rekening te hou en het die verdedigende kampioene, die Hurricanes geklop. Oorkant die sloot het die Brumbies weer tekens van hul Jake White vorm gewys en tuis speel die Stormers in Port Elizabeth teen die Kings, die Cheetahs is gasheer vir die Japanners, die Sharks kan die Waratahs ʼn paar taai klappe gee en die Lions maak reg om ʼn amperse nasionale span van Argentinië, die Jaguares in Buenos Aires aan te vat.
Die Bulls sal rus.
Raul Pérez se span sal op tuisbodem hul eerste wen van die seisoen wil inpalm, nadat hulle glad nie aan verwagtings voldoen het om die uitspeel rondtes in 2016 te haal nie.
Selfs met die ervare internasionale speler, Nicolás Sánchez wat uitgelaat was in die twee rondtes tydens hul Suid Afrikaanse toer, het die Jaguares vyf waardevolle ligapunte ingesamel in die Afrika 2 groep.
Die Lions loop tans voor in hierdie groep en ʼn tuis wen met bonuspunt vir drieë, kan die Argentyne bo-aan die leer laat. Met nog internasionale spelers wat terugkeer, Martín Landajo, Juan Manuel Leguizamon, Juan Martín Hernández, kan die vlugvoetiges, aanval rugby waarvoor hulle bekend is, terugbring.
Maar maklik gaan dit nie wees nie, al gaan Johann Ackermann waag met rotasie en ʼn groep jong spelers.
Die 21-jarige Shaun Reynolds begin op losskakel met die 23-jarige senter Jacques Nel en Cyle Brink as Kwagga Smith se mede-kantman. Johannes Jonker begin as nuweling op vaskop.
“Ek wou ʼn paar senior spelers rus en ek is bly ʼn speler soos Marvin Orie kan sy speelkans kry, ons bank lyk ook baie sterk”, het Johan Ackermann gister telefonies aan Rugby 15 gesê.
“Daar is drie faktore wat in die guns van die Argentyne tel; dit was reënerig gister (Woensdag), dis ʼn tuiswedstryd vir hulle en hulle sal wil bewys verlede jaar was ʼn glips op pad na die uitspeel rondtes, terwyl hulle in dieselfde poel as ons, Afrika 2 speel en dit sal wil wen.”
Die geskiedenis wys ʼn gelykop stryd, maar dit was vir beide spanne tuis oorwinnings;
2016: Jaguares wen 34-22 in Buenos Aires
2016: Lions wen 52-24 in Johannesburg
Franco Mostert, Elton Jantjies, Rohan Jansen van Rensburg en Lionel Mapoe is nie daar nie en kan die kanse van die Lions beduiwel, maar Ackermann se geloof is soos gewoonlik in sy troepe: “dit gaan allereers oor die span en ons vertrou die spelers, dis die spelers se geleentheid om hul kanse te benut.”
Maklik gaan dit nie wees nie. Moontlik? Met ʼn Lions span, altyd ja.

Simon Riekert #paletoe

Related Posts

« »