NOORD-SUID STRYD VIR SKOLE

Feb 2 • General News • 3153 Views • Comments Off on NOORD-SUID STRYD VIR SKOLE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

27459343_10210394105399158_3812417852481145468_n

“Ons het op ʼn kol toe ek nog by die Bulle was, gepraat daaroor dat die land vol skoletoernooie is gedurende die Paastyd, maar dat daar niks gebeur by die Hoofstad, Pretoria nie, toe kom Pieter Rossouw met die idee van die Noord-Suid skolekompetisie.”
So praat die legendariese oud-bestuurder van die Blou Bulle en Bulls, Wynie Strydom oor die prestige toernooi wat op 28 en 31 Maart 2018 in Pretoria plaasvind.
Wynie en Pieter “Slaptjips” Rossouw reël hierdie toernooi wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied word.
Vanjaar speel die Hoërskool Menlopark gasheer vir die spanne wat uit die genooide skole se eerste- en tweede spanne saamgestel is.
“Die spanne speel net twee wedstryde, wat beteken dat die spelers nie oorspeel word nie en die afrigters verwelkom dit,” sê Wynie.
“Skole stel spanne saam uit ʼn vol 30-tal met vyf reserwes, wat aan elke skool se topspelers die geleentheid gee om teen ander topskole kragte te meet. Die toernooi het só gewild geraak dat ons skole regoor die land kry wat ons bel om te kom deelneem, daar is selfs navrae van ‘n skool uit Windhoek.”
Die Suidskole-spanne word geakkommodeer in die Menloparkse skoolkoshuis vanaf die 27ste Maart.
“Daar sal ʼn groot markiestent met baie te eet en te drinke wees vir toeskouers en die program duur die hele dag, dit gaan weereens ʼn groot geleentheid wees vir die Hoofstad en ons is baie dankbaar om die uitstekende borgskap van Barloworld Toyota Menlyn aan boord te hê,” sê Wynie.
Die eerste wedstryd skop Woensdag 28 Maart 2018 om 07:40 af wanneer die tweedspanne van Waterkloof en Durbanville kragte meet.

Simon Riekert #paletoe

Related Posts

« »