OAKDALE BALJAAR TEEN LANGENHOVEN GIMNASIUM

May 23 • General News, School • 3018 Views • Comments Off on OAKDALE BALJAAR TEEN LANGENHOVEN GIMNASIUM

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Hoër Landbouskool Oakdale het Saterdag gasheer gespeel vir die agt spanne van Langenhoven Gimnasium wat op die plaas gaan kuier het. Vanaf die eerste wedstryd van die dag was dit duidelik dat die spanne van Gimnasium ʼn moeilike dag hier aan die voet van die Slapende Skoonheid sou beleef.

 

Dit was egter die o.19A-span van Oakdale wat beïndruk het met die breë spektrum van bal- en hardloopvaardighede. Langenhoven Gimnasium het hard probeer om die gate toe te stop maar Oakdale het die punte met aanskoulike rugby opgestapel. Die samespel tussen voor- en agterspelers van die Oakdale wit truie het elke toeskouer gaande gehad. Dit is moeilik om uitblinkers in die Oakdale span uit te sonder. Louis Nel, die senter van Langenhoven Gimnasium het veral goeie spel gelewer.

 

Die Oakdale rugbyseisoen lê nou voor met wedstryde teen Outeniqua, Paarl Gimnasium, Paul Roos, Boishaai, Marlow en Boland Landbou.

 

“Die 2015 eerstespan is ʼn span met karakter, goeie balans en met hul voete stewig op die grond. Hulle is goed gekondisioneer en geniet hul rugby,” aldus mnr. André Latsky, skoolhoof van die Hoër Landbouskool Oakdale.

 

Die tellings lyk soos volg:

 

o.14A wen Oakdale 27-5

o.14B wen Oakdale 29-0

o.15A wen Oakdale 52-0

o.15B wen Oakdale 39-0

o.16A wen Oakdale 52-0

o.19A wen Oakdale 83-10

o.19B wen Oakdale 54-0

o.19C wen Oakdale 54-0

 

Puntemakers in die o.19A-wedstryd:

 

HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE (35) 83

Drieë: Hermanus Botha (1), Adré Smith (4), Renaldo Ferreira (8) x 2, Nicolus van Eeden (11), William Eybers (12) x 3, Darren Adonis (15) x 3, Daine Kannemeyer (21) x 2.

Doelskoppe: Darren Adonis (15) x 8 en Renaldo Ferreira (8)

 

LANGENHOVEN GIMNASIUM (0) 10

Drieë: Louis Nel (12)

Doelskoppe: Branden Sinden (11)

Strafskoppe: Branden Sinden (11)

 

Related Posts

« »