OAKDALE WEN SUID-KAAP DERBY

May 30 • General News, School • 4199 Views • Comments Off on OAKDALE WEN SUID-KAAP DERBY

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (2 votes, average: 3.50 out of 5)
Loading...

Tydens ‘n skouspel van skolerugby tussen die Suid-Kaap rugbyreuse, Hoёr Landbouskool Oakdale en Hoёrskool Outeniqua,was dit die witbulle van die Hoёr Landbouskool Oakdale wat Saterdag se kragmeting gewen het.

 

Dit was die span van Outeniqua wat gedurende die eerste helfte met puik agterlynspel beїndruk het en halftyd 17-9 voorgeloop het. Die bordjies is vroeg in die tweede helfte verhang met ‘n begeesterde Oakdale span wat met hul voorspelerspel oorheers het. Ewan Coetzee het binne die eerste tien minute van die tweede helfte ‘n drie gedruk wat verdoel is deur Darren Adonis. Dit was Oakdale se aanvallende spel wat bygedra het tot die tweede drie van Boeta Hamman, waarna hy die voorsprong vergroot met ‘n skitterende skepskop.

 

Ten aanskoue van die groot aantal toeskouers van reg oor die Wes-Kaap, is dit die Oakdalers wat met uitbundige vreugde vir die tweede agtereenvolgende jaar die oorwinning gevier het.

Die Hoër Landbouskool Oakdale het op Saterdag, 30 Mei 2015 kragte gemeet teen die Hoërskool Outeniqua in George.

 

Oakdale o.19A -spanfoto

Die spanfoto van die o.19A-span se beskrywing is soos volg:

Agter: v.l.n.r: Alwyn Dippenaar, Hanno Olivier, André Bruwer, Daniel Victor, Ewan Coetzee, Boeta Hamman, Renaldo Ferreira, Nicolus van Eeden, Kurt Eybers, Xavier Swartbooi en André Posthumus.

3de: v.l.n.r: Mnr. André Otto (afrigter), WP van Heerden, Zinedine Booysen, Alexander Wallace, Chrisjan du Toit, Helgard Meyer, Bertie de Bod, mnr. Adriaan Jansen (Biokinetikus), André Wilken (spanbestuurder) en mnr. Malan du Plessis (afrigter).

2de: v.l.n.r: Darren Adonis, Hermanus Botha, Daine Kannemeyer en Eckard Leicher.

Voor: v.l.n.r: William Eybers, HP van Schoor en Adré Smith.

 

Hierby aangeheg is ook ʼn kort opsomming, van die o.19A-span se wedstryd asook wat op die dag gebeur het.

 

Die uitslae is soos volg:

 

14C 5-12 (Outeniqua)
14B 12-34 (Outeniqua)
14A 7-46 (Outeniqua)
15C 41-0 (Oakdale)
15B 54-7 (Oakdale)
15A 31-17 (Oakdale)
16C 31-0 (Oakdale)
16B 28-27 (Oakdale)
16A 11-8 (Oakdale)
19F 14-21 (Outeniqua)
19E 28-6 (Oakdale)
19D 51-5 (Oakdale)
19C 13-10 (Oakdale)
19B 14-23 (Oakdale)
19A 24-17 (Oakdale)

 

OAKDALE O.19A: (9) 24
OAKDALE PUNTEMAKERS:

Drieë: Ewan Coetzee (5) en Boeta Hamman (10).
Doelskoppe: Darren Adonis (15)
Strafskoppe: Darren Adonis (15) x 3
Skepskoppe: Boeta Hamman (10)

 

OUTENIQUA O.19A: (17) 17 

OUTENIQUA PUNTEMAKERS:
Drieë: Luvuyo Ndevu (8) en Darryle Kameel (11)
Doelskoppe: Manie Libbok (10) x 2
Strafskoppe: Manie Libbok (10)

 

 

Die o.14-spanne van Outeniqua het die bo-toon gevier, maar dit was die Oakdalers wat in George beїndruk het deur tien van die vyftien wedstryde te wen. Afgesien van wen of verloor was dit ‘n toonvenster van skolerugby waar sportmangees aan die einde van die dag geseёvier het.

Related Posts

« »