ONS RUGBY WILDERNIS

May 12 • General News, Pale Toe, South Africa, Springbok News, Springboks, Super Rugby, Super Rugby News • 3311 Views • Comments Off on ONS RUGBY WILDERNIS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

heyneke meyer foto anton geyser

Heyneke Meyer Foto: Anton Geyser

Simon Riekert-Pretoria

Hoe verdeeld het ons rugby nie geword nie, ek meen te sê elkeen wat al ʼn rugbybal vasgehou het (of nie) het ʼn mening oor wat verkeerd is met ons nasionale spel.
En dan kom die kenners by; binne en buite die Supersport ateljee, oor radiostasies, aanlyn, Facebook, Twitter…
Sekere van ons spanne was “goed” totdat die “goed” teen die standaard van wêreldrugby, Nieu Seeland, gemeet is.
Toe is “goed” eintlik net gemiddeld, of swak in die geval van die Bulls.
Soveel menings soveel verskille, soveel afrigters.
Ek sukkel al die laaste paar maande om by Heyneke Meyer uit te kom vir ʼn onderhoud, en soos die rugbygode dit wou hê, gebeur dit gister.
Op die heilige Loftus Versveld.
Heyneke se mislukte Wêreldbeker aanslag in 2015 het hom duur te staan gekom, SARU en ʼn klomp unies het die rug op hom gedraai en hy was vir kort rukkies na 2015 besig as afrigter in die buiteland.
Nollis Marais van die Bulls het sy werk behou na die Bulls se liederlike loesing, tuis teen die Crusaders.
Maar dinge loop alles behalwe reg vir die Bulls wie nog twee Nieu Seelandse spanne, tuis moet speel en die verwagting is oraloor dat die Bulls nie een van die oorblywende twee (Highlanders en Hurricanes) sal wen nie.
Naas Botha is ʼn uitgesproke kritikus van Suid Afrikaanse rugby en alhoewel hy self sê dat die gemak van ʼn TV-studio afbreek doen aan die stres van ʼn internasionale afrigter, praat Naas nogtans kaalvuis.
Ek het hierdie drie manne gepols oor ons rugby, provinsiaal en nasionaal.
Heyneke meen dat ons na-apers van Nieu Seeland is en dat ons vanaf Superrugby-vlak, moet ophou om ons spelpatroon soos hulle s’n te maak.
“Ek glo nog steeds aan groot, fikse spoelers wat bo-oor ʼn teenstander moet hardloop.”
Hy glo ook dat ons die meeste van ons geleenthede weggooi by die afbreekpunte en dat ons spelers nie fiks genoeg is nie.
“Ons sal nooit die rugby kan speel wat Nieu Seeland speel nie, ons probeer opvang en dit vat ons ʼn paar jaar en teen die tyd dat ons gelyk met hulle is, het hulle al reeds aan beweeg.”
“Kyk na John Plumtree, hy was nie gewild as ʼn afrigter hier by die Sharks nie, maar toe hy terug is in Nieu Seeland, wen hy die Superrugby-titel, dit sê vir my daar is nie fout met die afrigters hier nie, daar’s fout met ons rugby-stelsel.”
Heyneke het erken dat hy gereeld met Nollis Marais praat en hom advies gee, “ek praat ook met Allister”.
Volgens Meyer moet ʼn kampioen SuperRugby-span 10 internasionale spelers hê, 10 spelers wat ten minste 50 toetse gespeel het, ʼn kaptein en onderkaptein wat baie ervare is en ʼn nommer 9 en 10 wat wêreldklas is.
“Die Bulls het nou ʼn kaptein (Hanro Liebenberg) wat 22 jaar oud is, Lood-hulle is seniors en hy is 23 jaar oud, jy moet ʼn speler van 28 jaar hê met 50 Toetse.”
Volgens hom sal ons die spelers wat hier is, moet behou om ooit weer wêreld kompetisie gehalte te wees.
“Nee”, se Naas Botha, “wêreldrugby het verander, ons het nie meer groot, swaar spelers nodig nie.”
“Kyk na die Bulls se verloor laas Saterdag, dis veronderstel om professionele spelers te wees en professionele afrigters wat hulle afrig, maar dit het nie so gelyk nie.
“Ek verstaan nie hoekom maak ons verskonings oor dat ons teen die log voorlopers verloor het nie, hoekom is ons nie die log voorlopers nie?”
Naas sê aan die begin van die SuperRugby-toernooi vanjaar, is ons vertel dat die spanne nog nooit so goed voorbereid was as vanjaar nie. “Dis vier maande later en die Bulls verloor sleg teen die Crusaders en die Stormers is ook nie ons antwoord nie.”
“Dis ʼn groot vernedering as die afrigter van die Crusaders na afloop van die Bulls wedstryd sê Suid Afrikaanse spanne is nie fiks nie, dis ʼn skande dat die Bulls se afrigter dan saamstem dat sy span nie fiks genoeg is nie, iemand moet die trekpas kry.”
Nollis Marais meen dat hy die spelers het en dat hy vyf jaar nodig het om ʼn ordentlike, wenspan saam te stel. Maar ter gelykertyd erken hy dat daar probleme is om die spelers in die land te hou.
“Ek besef dat die Bulls in ʼn soortgelyke dilemma was in 2008 met coach Heyneke, en ek en hy het hieroor gepraat en hy het my raad gegee oor hoe vorentoe.”
Waar is SARU in hierdie prentjie, want Fleckie in die Kaap probeer op sy eie en Franco Smith meen sy Cheetahs kan die Nieu Seelanders klop, vra ek vir Heyneke.
Hy glimlag skalks, “oud afrigters is op hulle beste aan die einde van hul kontrakte en of hulle wen of verloor, hulle word uitgeskuif, kyk na Jake White. Jy kan nie wen en suksesvol bly in Suid Afrika nie, ek het dit nog steeds teen ons stelsel.”

“Maar ek kry aanbiedinge.”
Terwyl ek terugry kantoor-toe om hierdie storie te gaan skryf, besef ek dat ek, as rugbyliefhebber, na dese nog minder weet.

Rugby is verdeeld.

Rugby is regtig in die wildernis, soos Heyneke Meyer.

Related Posts

« »