Peter de Villiers is terug met meer #snorre advies

Nov 9 • General News • 1334 Views • Comments Off on Peter de Villiers is terug met meer #snorre advies

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Alle hare moet as gelykes behandel word, en gelyke geleentheid gegee word om te groei.” Dit is Peter de Villiers, voormalige Springbok-afrigter en wêreldbekende snor deskundige, se advies in die maand waar die lip-lapa koning kraai.

Volgende die videoparodie wat op sosiale media naastenby 50,000 kykers gelok het oor die afgelope week, het King Price Insurance, die tong-in-die-kies versekeraar, die tweede video in die vier-deel reeks vrygestel.

In die eerste video moedig de Villiers Suid Afrikanse mans aan om nie tevrede te wees met noue ontkomings nie, maar om terug te gaan na ’n tyd waar Suid Afrikanse mans gevrees en gerespekteer was vir hulle snorre. Hy deel advies oor hoe om ’n inspirerende snor te handhaaf. Of praat hy einklik rugby?

“As jou snor nie groei nie, of onderpresteer, kan jy nie jou snor die skuld daarvoor gee nie. Dit is te wyte aan die bestuur. Die snor kan selfs presteer met goeie bestuur. Jy benodig die regte toerusting; mens kort die beste baardknipper, skêr en skeermes… Jy kan nie ’n stick gebruik en resultate verwag nie.”

In die video verklaar hy dat “sommige van die beste bestuurde snorre wat ek al in my reise gesien het ‘all black’ was,” en dat “selfs die Japanners ons snorre deesdae laat swak lyk.”

Nou is hy terug met advies om jou snor te groei, omdat “jy wil hê dat almal saam sal groei” om “eendag met ’n kampioen snor te kan spog”.

Hierdie keer beweeg hy sy aandag weg van die afrigtingspan en pak die politieke kwessies op die veld, en motiveer om alle mense van alle kleure die selfde geleenthede te gee.

Omdat dit nie ’n goeie idee is om jou #snorre die November te skeer nie, is “een van die belangrikste dinge jou snor se groei”.

Kyk die video op Facebook.com of Youtube.com om eerstehandse advies vanaf Peter de Villiers te kry oor hoe om all jou hare gelyke geleenthede te gee.

Related Posts

« »