POTE LOOP

May 1 • General News • 2072 Views • Comments Off on POTE LOOP

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert

Pote Human se werkgewer, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het hom onlangs meegedeel dat sy kontrak wat in Oktober sou verstryk, nie hernieu sal word nie.

Maar in ’n mediavrystelling, Vrydag sê die Bulle dat hulle “oop en deursigtig was deur Human mee te deel dat die kontrak nie hernieu sal word nie.”
Human se vertrek by Loftus volg kort op die Hoof Uitvoerende Beampte, Alfons Meyer se aankondiging aan die einde van April dat hy ook loop.

Meyer verlaat sy pos aan die einde van Mei 2020.

Die einste Meyer was vol lof vir Pote: “ Human is bekend daarvoor dat hy meer as ’n afrigter is by Loftus en hy het die lewens en loopbane van spelers en personeel beïnvloed.

“Hy is ’n mentor en ’n vaderfiguur en hy het ’n blywende indruk gemaak op vele hoëprofiel spelers.”

Human het ’n lang pad by die Blou Bulle en hy het die BBM daarvoor bedank: “My tyd by Loftus was ongelooflik om die minste te sê. Dit was ’n emosionele tuimeltrein met vele hoogte-en laagtepunte, maar deur alles het ek vriende en herinnerings gemaak wat vir altyd sal hou.
“Ek het my lewe aan die wonderlike spel toegewy en glo my, daar is geen beter plek om dit te doen as by Loftus nie.”

Hy het die Bulls sukses toegewens onder die leiding van Jake White, “Jake het beslis al my ondersteuning en ek wens hom net die beste toe.”

Wynie Strydom, geliefde voormalige spanbestuurder van die Bulls en Blou Bulle het Pote as ‘n laaste bastion van die ou garde beskou, “dis vir my hartseer gewees om te hoor Pote se loopbaan eindig by die Bulle, maar Pote het in mense ‘n onuitwisbare indruk belê en ek sal hom altyd daarvoor respekteer en onthou. Ek wens hom alles van die beste toe vorentoe.”

Die Bulls se verklaring lui verder, “gegewe die huidige situasie waarin daar in die nabye toekoms geen rugby gespeel sal word nie, het beide partye ooreengekom dat hy dadelik die pos van hoofafrigter sal ontruim om hom sodoende geleentheid te gee om vir die toekoms te beplan.”

Gerhard “Pote” Human, boorling van die Oos-Kaap het sy senior rugby in die Oostelike Provinsie en in die Vrystaat gespeel.

Hy het in 1977 vir die SA-skolespan uitgedraf.

Hy het hoofsaaklik agtsteman gespeel, maar is ook ‘n paar keer op flank gekies.

Human het in 1996 begin afrig by die Griffons, toe in 2005 by die Blou Bulle waarna hy in 2008 na die Rico Black Rams in Japan toe is.

In 2011 was hy Tuks se voorspeler afrigter en vanaf 2013 tot 2018 was hy die suksesvolle Varsity-rugbyspan se hoofafrigter.

In 2017 is hy as die Blou Bulle en die Bulls se voorspelerafrigter aangestel waarna hy in 2018 by John Mitchell oorgeneem het as hoofafrigter.

Hy het die Curriebeker as Blou Bulle afrigter gedeel met die Vrystaatse Cheetahs in 2006.
Hy het ook sukses gehad onder die hand van Heyneke Meyer in die 2007 Super Rugby- reeks, toe die Bulls die eerste en enigste Suid Afrikaanse span geword het om die gesogte titel in te palm.

Pote Human, hoofafrigter van die Bulls het met onmiddelike effek bedank nadat ‘n wedersydse ooreenkoms tussen hom en sy werkgewer bereik is. 
Foto: BBRU/15.co.za

Related Posts

« »