PRO14: PASOP VIR DIE CHEETAHS!

Sep 13 • General News • 1048 Views • Comments Off on PRO14: PASOP VIR DIE CHEETAHS!

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

Die Cheetahs se reeksoorwinning verlede Saterdag in vanjaar se Curriebeker-kompetisie het vir sommige as ’n verrassing gekom, vir ander glad nie.

My Superbru-voorspelling was reg en ek was maar een van die 20-persent wie ’n korrekte voorspelling gewaag het. Te oordeel na die res van die Bru’s, was 70-persent plus seker dat die Lions die knoop sal deurhaak, of het met die hart gekies.

Vrystaat het die knoop deurgehaak en afhangend van waar jou lojaliteit lê, het die tuisspan nadat hulle 31-7 voorgeloop het teen rustyd, die voet van die pedaal afgehaal, of die besoekers het hul vinger begin trek het en in die tweede helfte 21 punte aangeteken het.

Hoe dit ook al sy, Die Vrystaatse Cheetahs is die 2019-Curriebekerkampioene nadat hulle die Lions met 31-28 gewen het.

Die 2019/20 Guinness PRO14-rugbytoernooi het amptelik Donderdag in Johannesburg geloods.
Die toernooi word deur spanne vanuit Suid-Afrika, Ierland, Italië, Skotland en Wallis gespeel, met die Toyota Cheetahs en die Southern Kings die spanne uit plaaslike bodem.

Die besturende direkteur van die Toyota Cheetahs, Harold Verster, was ook daar. Hy was sigbaar verlig oor die nuwe tuiste van die goue trofee: “niks maak nou meer saak nie, nie eens die telling nie,” het hy gelag.

Hy het gemeld hoeveel erkenning en aanklank sy span uit die buiteland ontvang het na die oorwinning, “ja, dit is ’n Wêreldbekerjaar, maar dit maak nie afbreek aan die geleentheid wat die Cheetahs het om ’n kans op sukses vanjaar te hê nie, inteendeel dit is ‘’n bydraende faktor tot moontlike sukses.”

Die kommersiële direkteur van die PRO14, Dermot Rigley meen dat die Cheetahs die buiteperde kan wees in vanjaar se toernooi.

“Kom ons maak geen draaie hierom nie, hierdie is die geleentheid vir beide die Cheetahs en die Kings, en hulle sal opvang in die momentum wat die Cheetahs gebou het tot dusvêr, veral in die Curriebeker.”

Hy het genoem dat die feit dat daar spelers is wie aan die Wêreldbeker-toernooi deelneem, dit gulde geleentheid skep vir die oorblywendes, “kyk na 2015, terwyl die top sterre weg was, het Connaught die PRO14 gewen.

“Dis irrelevant of die Cheetahs op ’n wenpad is, as jy ’n wen-mentaliteit kweek hou jy aan om te bou.”

Rigley het ook daarop gesinspeel day hulle graag die ander franchises in Suid-Afrika wil aanmoedig om in die toernooi te speel, “dit maak net sin, die tydlyn is dieselfde wat dit maklik maak vir reis en ons werk daaraan om in die 2021-jaar te sorg dat die Curriebeker en die PRO14 nie oorvleuel nie, met die eindwedstryd in Junie eerder as in Mei.

Ruan Pienaar, skrumskakel van die Cheetahs het daarmee saamgestem: “dis een van die redes waarom ek hier weg is, ek het genoeg gehad van die SuperRugby-reeks, ek wou nuwe uitdagings hê en kort nadat ek en my vrou getroud is, is ons noorde toe, ek is nie een dag spyt oor ons besluit nie en ek sien uit daarna om weer teen ou rugby vriende kragte te gaan meet.”

Die bestuur van Vrystaat rugby en die President van SARU by die Guinness PRO14-trofee in Johannesburg tydens die bekendstelling van die 2019/20 kompetisie. ©MDS Photo/Pale Toe

Related Posts

« »