Pumas kies Kloppers

Sep 6 • Currie Cup, General News • 1394 Views • Comments Off on Pumas kies Kloppers

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die iCOLLEGE Pumas het net klein verstellings aan hul span aangebring vir Vrydagaand se Curriebekerstryd in Durban teen die Sharks.

Daar is ‘n dubelle  verandering op haker met Marko Jansen van Rensburg wie in die middel van die skrum sak terwyl Frankie Herne op die bank ingesluit is.

Die enigste ander verandering voorlangs is op slot waar die ervare Hugo Klopper ten koste van Cameron Lindsay ingesluit is.

Die Puma-afrigter Jimmy Stonehouse het sy bank ook met baljagters gelaai met die oud-Shark Francois Kleinhans en Jeandré Rudolph.

Die enigste verandering agterlangs is op linkervleuel waar Ruwellyn Isbel vir JP Lewis uit die kussings gelig het.

 

iCOLLERGE Pumas teen Sharks:

Gerrit Smith; Niel Maritz, Ryan Nell, Hennie Skorbinski, Ruwellyn Isbel; Christopher Smith, Stefan Ungerer; Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Marko Janse van Rensburg, Khwezi Mona. Reserwes: Frankie Herne, Andrew Beerwinkel, Cameron Lindsay, Francois Kleynhans, Reynier van Rooyen, Jeandré Rudolph, Trompie Pretorius

Related Posts

« »