Pumas Makro-Skole Eindstryd Nelspruit klop HTS Middelburg

Jul 20 • General News, School, School Rugby Results • 9533 Views • Comments Off on Pumas Makro-Skole Eindstryd Nelspruit klop HTS Middelburg

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Nelspruit- Die Mpumalanga Makro-skole rugby eindstryde het Satedag 20 Julie op die sportgronde van die Hoërskool Nelspruit plaasgevind. Dit was natuurlik ‘n skouspel van uit die boonste rakke. In die 0/14 A finaal was die vuurwater spannetjie van die HTS Middelburg net te sterk vir die Nellies se jongspan en het die wedstryd uiteindelik  maklik 29-0 gewen. Die 0/15 A finaal het ‘n 15 -15 gelykop uitslag opgelewer, en na die bykomende tyd het die Nellies uiteindelik die wedstryd gewen.

Die 0/16 A finaal het ‘n verrassing opgelewer en die Nellies het die wedstryd 21-18 beklink met ‘n bepalende strafskop in die doodsnikke van die wedstryd teen die sterk span van HTS Middelburg

Die stryd tussen die 1st spanne van HTS Middelburg en Nelspruit was soos verwag kliphard vanuit die staanspoor. Die Rooi Bulle het eerste bloed geruik en het vroeg reeds 6 -0 voorgeloop met 2 strafskoppe na gedwonge foute van Nellies in hul eie doelgebied.

Die Wit Renosters van Nelspruit het in die 14de minuut oorgegaan vir ‘n drie toe hul SA-Skole losskop stut Connie Van Vuuren oorgegaan het vir ‘n drie na aanhoudende druk op die Rooi Bulle se doellyn. Die Halftyd telling was 7 – 6 in die Nellies se guns.

Die 2de helfde het teen ‘n geweldige tempo begin, Nelspruit het die losgemale en scrums oorheers en sodoende heelwat druk op die Rooi Bulle toegepas. Na omgekeerde besit in die 46ste minuut van die wedstryd het Daniel Maartens oorgegaan vir Nelspruit se 2de drie en die telbord het aangeskyf na 12 – 6 in Nelspruit se guns nadat die doelskop verbrou was.

Die manne van Middelburg het nooit gaan le en geantwoord met ‘n prag drie in die hoekie deur hul linker vleuel Ruan Du Plooy en die telling het opgeskyf na 12 -11 steeds in Nelspruit se guns. Die laaste 15 minute het weer aan Nelspruit behoort en hulle is weer beloon met ‘n puik drie deur kookwater agtsteman Menzi Nhlabati nadat flank Daniel Maartens omgekeerde besit gewen het op die halflyn. Daniel het vir Menzi deur die gaping gesit waarna hy oor is vir Nelspruit se 3rde drie. Hierna het die Rooi Bulle verwoed aangeval en is beloon met ‘n drie onder die pale deur heelagter Barend Smit na swak verdediging deur die Nelspruiters. Die Rooi Bulle het steeds verwoed aangeval maar kon nie die knoop deur hak na uitstekende verdediging van die Wit Renosters. Nelspruit wen 19 – 18, man van die wedstryd was Daniel Maartens, Flank van Nelspruit.Hoërskool Nelspruit vs HTS Middelburg - Makro Skole eindstryd 2013 - Ben-Chris Bronkhorst - Nellies Hoërskool Nelspruit vs HTS Middelburg - Makro Skole eindstryd 2013 - Daniel Maartens

Verslag: Johan Orton – Mpumalanga Beeld

Related Posts

« »