Pumas wil voorspeler-druk op Leeus uitoefen

Sep 16 • General News • 2283 Views • Comments Off on Pumas wil voorspeler-druk op Leeus uitoefen

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Carli Koch

 

Die afrigters, Stonehouse en MJ Mentz het een verandering aan die 15-tal aangebring. Dylon Frylinck sal die nommer nege trui oor sy kop trek nadat hy van ‘n knie-besering herstel het. Reynier van Rooyen wat verlede naweek teen die GWK Griekwas ‘n drie aangeteken het, skuif na die plaasvervangersbank toe.

“As jy kyk na die span wat die Lions gekies het, is daar twee losvoorspelers op die plaasvervangersbank en geen ekstra slot nie. Hulle sal die bal wyd stuur en die spelpeil vinnig wil maak. Ons het nie daardie diepte in ons losvoorspelerpak nie en ons sal konsentreer op die spelers wat ons het.

Ons beplan om die bal voor te speel en druk op hulle lynstane toe te pas,” maan Stonehouse. Vier van die beginspan se spelers het deel van die Lions se Super Rugby groep uitgemaak en Mentz meen dat dit nie ‘n invloed op die manier waarop die Pumas die week geoefen het, maak nie.

“Die spelers wat daar was (Corné, Stefan, JW en Coenie) het ons wel dieper insig gegee ten opsigte van wat die Leeus se eerste prioriteite in terme van hul vaste fasette is. Ons moet die bal loshou en in kontak speel.” Die Leeus het net een verandering gemaak met Derick Minnie op die plaasvervangersbank. Malcom Marx sal later die week ‘n fiksheidstoets moet slaag.

Steval Pumas 1. Corné Fourie 2. Francois du Toit 3. Vincent Koch 4. Frikkie Spies 5. Lubabalo Mtyanda 6. Corné Steenkamp (k) 7. Uzair Cassiem 8. Renaldo Bothma 9. Dylon Frylinck 10. Justin van Staden 11. Rosko Specman 12. Stefan Watermeyer 13. JW Jonker 14. Jerome Pretorius 15. Coenie van Wyk

Plaasvervangersbank – Frankie Herne, DeJay Terblanche, Marius Coetzer, Jaco Bouwer, Reynier van Rooyen, JC Roos, JW Bell. Xerox

Lions 15. Andries Coetzee 14. Ruan Combrinck 13. Lionel Mapoe (k) 12. Stokkies Hanekom 11. Courtnall Skosan 10. Jaco van der Walt 9. Ricky Schroeder 8. Willie Britz 7. Kwagga Smith 6. Jaco Kriel 5. Franco Mostert 4. Martin Muller 3. Ruan Dreyer 2. Armand van der Merwe 1. Schalk van der Merwe

Plaasvervangersbank – Malcolm Marx/ Willie Wepener, Jacques van Rooyen, Julian Redelinghuys, Derick Minnie, Warwick Tecklenburg, Mark Richards en Howard Mnisi.

Foto: Pumas nomber 10, Justin van Staden
Photograf: Hennie Homann

Related Posts

« »