Regent Boland Kavaliers Kavaliers slaggereed vir Steval Pumas

Aug 6 • Currie Cup F.Div, Currie Cup F.Div News, General News • 2159 Views • Comments Off on Regent Boland Kavaliers Kavaliers slaggereed vir Steval Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Die Regent Boland Kavaliers moes noodgedwonge verander aan sy span vir eerskomende Saterdag se Absa Curriebeker weg-wedstryd teen die Griffons in Welkom, ná afloop van verlede Vrydag se nederlaag teen die Pumas op die Boland Stadion.

In die voorry vervang Francois Hanekom die beseerde Sabelo Nhlapo op loskopstut, met laasgenoemde wat las het van ‘n ribbesering (Rossouw Kruger is ingesluit op die plaasvervangersbank as reserwe stut), terwyl Junior Bester in die plek van Zandré Jordaan (skouerbesering) op agtsteman sal uitdraf. Ben Venter keer terug op slot, met PJ van Zyl wat uitskuif na sewe-flank. Bradley Fortuin skuif gevolglik na die plaasvervangerbank waar hy as reserwe slot en flank sal diens doen. Thor Halvorsen keer ook terug as plaasvervanger losvoorspeler na hy herstel het van ‘n handbesering.

Agterlangs kry Ricky Schroeder ‘n kans in die beginspan as skrumskakel, met Lucky Kebe wat na die bank toe skuif (rotasie), terwyl  Eric Zana terugkeer op losskakel in die plek van Ricardo Croy. Zana kon nie verlede week vir die Pumas-wedstryd oorweeg word nie weens die dood van sy ouma.   Laastens vervang Chesswin Williams vir Senan van der Merwe op linkervleuel (van der Merwe het ‘n liesbesering opgedoen) met Cheslyn Roberts wat as reserwe-vleuel op die bank ingesluit is.

SATERDAG 10 AUGUSTUS PAK DIE REGENT BOLAND KAVALIERS DIE GRIFFONS TE WELKOM IN ‘N ABSA CURRIEBEKER EERSTE LIGA KRAGMETING.

Boland-span:

15 Full back Jansen Jacquin
14 Right wing Williams Chesswin
13 Right centre Francke Johnathan
12 Left centre Gerber Braam(V-CPT)
11 Left wing April Brendon
10 Fly half Zana Eric
9 Scrum half Schroeder Rick (Ricky)
8 Number eight Bester Alwyn (Junior)
7 Right flanker Van Zyl PJ
6 Left flanker September Franzel (CPT)
5 Right lock Astle John-Charles
4 Left lock Venter Benjamin (Ben)
3 Tight head prop Kotze Jacques
2 Hooker Lewis Clemen
1 Loose head prop Hanekom Francois

Replacements

 

16 Hooker Pretorius Ulrich
17 Prop Kruger Rossouw
18 Utility Forward Fortuin Bradley
19 Utility Forward Halvorsen Thor
20 Scrum half Kebe Ntando (Lucky)
21 Utility back Pienaar Wynand
22 Utility back Roberts Cheslyn

 

Related Posts

« »