Regent Boland Kavaliers team to play SWD Eagles

Mar 21 • National, South Africa, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 3445 Views • Comments Off on Regent Boland Kavaliers team to play SWD Eagles

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Photo by www.bolandrugby.com

VODACOM CUP

REGENT BOLAND KAVALIERS vs SWD ARENDE

SATERDAG 23 MAART 2013 | 16:00

CALLIE DE WET SPORTGRONDE, ROBERTSON

REGENT BOLAND KAVALIERS:

15 Full back April G Garth
14 Right wing Roberts C Cheslin
13 Right centre Francke J Jonathan
12 Left centre Trytsman A Albert
11 Left wing Adams T Tythan
10 Fly half Esau A Ashley
9 Scrum half Kebe L Lucky (Ntando)
8 Number eight Jordaan Z Zandre
7 Right flanker Halvorsen T Thor
6 Left flanker September F Franzel
5 Right lock Clark N Nolan
4 Left lock Van Zyl P Philippus (PJ)
3 Tight head prop Kruger R Rossouw
2 Hooker Constant A Ashton (Cpt)
1 Loose head prop Hanekom F Francois

Replacements

16 Hooker Janse van Rensburg M Marco
17 Prop Fourie A Armon
18 Utility Forward Fortuin B Bradley
19 Utility Forward Bester A Alwyn (Junior)
20 Scrum half Erasmus D Dual
21 Utility back April B Brendon
22 Utility back Gerber J Johann (Braam)

 

REGENT BOLAND KAVALIERS PAK SWD ARENDE TE ROBERTSON

DIE Regent Boland Kavaliers sal eerskomende Saterdag se Vodacombeker wedstryd, teen die SWD Arende te Robertson, met selfvertroue binnegaan,  na hulle die pas-afgelope naweek ‘n sterk Vrystaat XV span met 27-23 verslaan het in Bloemfontein.

Dié oorwinning volg op die gelykop-uitslag (17-17), twee naweke gelede, teen die Westelike Provinsie. Die wedstryd was op Ceres beslis.

“Dit was ‘n goeie wen oor Vrystaat”, meen Abe Davids, hoofafrigter van die Regent Boland Kavaliers, “veral aangesien ons dit op hul tuisveld behaal het. Enige weg-oorwinning is altyd welkom.

“Ons vertoning was egter nie volmaak nie en die span het net sowat 70% van hul potensiaal bereik. Maar die belangrikste is die feit dat ons gewen het”.

Volgens Davids sien hy en sy span uit na daarna om SWD op die Callie de Wet Sportgronde in Robertson aan te durf.

“Ek voel ons skuld vir Robertson ‘n wedstryd en sommer ook ‘n goeie wen. Ons het lanklaas ‘n Vodacombeker-wedstryd daar aangebied en hul mense ondersteun ons altyd baie goed. Die span is baie opgewonde om daar te speel.

 

Ons gaan nie die Arende ligtelik opneem nie en sal die week hard moet skaaf om ons foute reg te stel. SWD beskik oor ‘n goeie span en kan op enige gegewe dag moeilikheid vir sy opponent besorg.”

Davids glo as die Kavaliers net hou by hul strukture, behoort sy span die Arende te kan klop.

“Ons beoog beslis ook om ‘n verrassingtjie of twee op hulle los te laat en het reeds besluit om in elkgeval nuwe talent ook op die Arende los te laat”.

Volgens Davids sit die Kavaliers met ‘n paar beserings aan sleutelspelers, maar dié spelers word goed gemonitor.

Die wedstryd tussen die Regent Boland Kavaliers en die SWD Arende skop Saterdag om 16:00 af te Robertson op die Callie de Wet Sportgronde. Daar sal ook voorwedstryde wees:

VOORWEDSTRYDE: 

12h00 – Rooiberg RVK vs Montagu RVK

13H00- Young Good hope vs Robertson Rangers

14h00 – Robertson RFC vs Ashton RVK 

Toegang beloop R20 vir volwassenes, R5 vir kinders en R5 vir voertuie.

Related Posts

« »