SA-SPANNE MAAK GEREED VIR #SUPERHEROSUNDAY

Jan 29 • General News • 1782 Views • Comments Off on SA-SPANNE MAAK GEREED VIR #SUPERHEROSUNDAY

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

-Simon Riekert: Loftus Versveld

Eerskomende Sondag is dit #SuperHeroSunday.

Dan pak al vier die Suid-Afrikaanse SuperRugby-franchises mekaar in die Kaapstad-stadion in van die laaste voorbereidings voordat die 2019-toernooi begin.

Verlede Saterdag was die afrigters van die twee spanne wie mekaar op Loftus-B die stryd aangesê het, met sommige aspekte van hul spanne se spel tevrede en met ander nie.
Vir Swys de Bruin het dit geleentheid gegee om sy potlood nader te trek en “vyf of ses” nuwe name in te skryf op sy toekomstige spanlys, al het sy span met 17-21 teen die gashere, die Bulls verloor.

De Bruin se span was tjok-en-blok gelaai met onder-21 spelers, “ons is gelukkig, dit was baie warm hier, was dit nie? 38-grade? Ek moet sê dat die laaste 20 minute goed was vir ons. Dit is vroeë dae vir ons , ons is getoets en ons het gesien wat ons wou. Ons het lieflike diepte in ons span. 11 van die 15 spelers wie in die laaste 20 opgeroep is, is nog onder-21’s. Wat was dit? Drie drieë vir elke span? So dit was ʼn goeie uitstappie na Loftus toe.

“Ons sal na die video van die wedstryd moet gaan kyk en ek wil nie name uitsonder van spelers wie my beïndruk het nie, van die spelers wie ons sal identifiseer, sal saamgaan Kaap-toe volgende week.

“Daar was 23 spelers wie nie vandag gespeel het nie, dieselfde by die Bulls. Daar is nog vyf of ses manne wie die span kan haal.”

Vir de Bruin gaan dit eerskomende Sondag prioriteit wees om die uittoets van kombinasies en om feesrugby te speel, “gaan kyk hoe lyk ons balverspreiding lyk-dit is die idee van volgende week, om na ons vaardighede te kyk en om te besluit waar ons standaard is.”

Die Emirates Lions speel op 16 Februarie teen die Argentyne, daar, en dit is waarop Swys wil hê sy manne moet fokus.

“Ons afrigters Phillip Lemmer en Julian Redelinghuys is goed en ek is seker ons sal opgewasse wees.”
• Die Emirates Lions speel teen die Cell C-Sharks eerskomende Sondag in die #SuperHeroSunday-spektakel van rugby.

Vir die nuut aangewese Bulls-afrigter, Pote Human was die wedstryd ook van groot waarde.
“Ek wil die Springbokke Saterdag geleentheid gee om te speel, want daar is net twee wedstryde oor voordat ons die Stormers speel.

“Duane sal in die span wees, hy is baie lus vir speel, hy sal definitief beskikbaar wees.

“Daar was nog nooit ʼn opwarmingswedstryd teen die Stormers nie, so dit gaan taai wees, veral omdat die kaartjies uitverkoop is, dit gaan voortreflik wees. Ek wil net hê die spelers moet die oefening agter die rug kry en aanbeweeg.”

Die wedstryd teen die Lions, verlede Saterdag, was vol foute soos mens te wagte kan wees, met die Bulls wat veral in die tweede helfte deurgeloop het onder die fluitjie.

“Ons het te veel strafskoppe weggegee, ons was 25 minute sonder enige oortredings en toe agt in ʼn ry, en ‘n geel kaart, maar dis goed dat dit nou gebeur en dat ons daaraan kan werk.

“In SuperRugby moet jy jou kanse benut en ons het twee of drie geleenthede gehad waar ons nie afgerond het nie.”

Human was veral ingenome met spelers soos JT Jackson en Franco Naude in die agterlyn. Rosko Speckman en Cornal Hendricks het ook die oog gevang.

“Dis ʼn nuwe span en Rosko het nie baie speelruimte geskep nie; Cornal het goed gedoen met die bietjie balbesit wat hy gekry het, ek dink Thembelani Bholi en Stoney Steenkamp was uitstekend en hulle ou self; ons het ook goed geskrum en ek is oor die algemeen tevrede met die manne se spel.”

• Die Vodacom Bulls speel teen die DHL Stormers in Sondag se #SuperHeroSunday.

Alle wedstryde word regstreeks op SS1 uitgesaai.

Die onderskeie franchises se spanne sal teen Woensdag of Donderdag aangekondig word.

Related Posts

« »