SPRINGBOKKE: ‘N LANG-LANG GESKIEDENIS WAT HOM SATERDAG WEER HERHAAL

Jul 22 • General News • 1423 Views • Comments Off on SPRINGBOKKE: ‘N LANG-LANG GESKIEDENIS WAT HOM SATERDAG WEER HERHAAL

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Johannesburg

“Dit is ʼn lang geskiedenis met groot waarde, die tradisie is baie belangrik, ons geniet hul teenwoordigheid, ons respekteer hulle baie, ons hou van die manier waarop hulle speel en ons hou van die kompetisie.”
So sê die All Blacks se hoofafrigter, Steve Hansen na Saterdag se skrikmaak-Toets teen Argentinië oor die Springbokke wie hulle Saterdag aandurf in Wellington, Nieu Seeland.

Die Nieu Seelandse pers praat van hul span in Argentinië as ʼn B-span, ʼn sub-standaard span.

Maar die Springbokke is in die dorp vir die volgende ronde van vanjaar se Rugbykampioenskapsreeks en hulle het die A-span saamgebring, alhoewel die sogenaamde B-span, soos ‘n A-span gespeel het om die Australiërs oortuigend met 35-17 op Ellispark te klop.

Daar word wyd reeds bespiegel oor die skokverloor teen die manne in Groen-en-Goud verlede jaar in Wellington op die Westpac stadion, toe die All Blacks met 36-34 geklop is, die eerste keer sedert 2009.

Hansen het Saterdag teen die Argentyne agt Crusaders spelers tuis gelos, waar onder kaptein Kieran Reid, Sam Whitelock, Owen Franks, Joe Moody en Codie Taylor.
“Dis risiko en verdienste”, sê Hansen na die Argentynse Toets, “Ons het ʼn massiewe voordeel gehad teen die Argentyne met ons jong, onervare kaptein (Sam Cane) toe ons hierdie een kon deurtrek.
“Ons was met tye geroes, maar ons het ʼn klomp goed reg gedoen.”

Daar word allerweë verwag dat hy slegs Brodie Retallick en Cane sal insluit vir die Toets teen die Springbokke, Saterdag.
Jack Goodhue sal waarskynlik op die senterposisie ingesluit word en Richie Mo’unga van die bank af inkom vir die losskakel, Beuden Barrett.

Intussen het Rassie Erasmus, hoofafrigter van die Springbokke sy tevredenheid uitgespreek oor die reëling met die groep spelers wie reeds vroeër verlede week in Wellington aangekom het.
“Die manne wat reeds daar is weet dat hulle in die ry staan om gekies te word vir die Toets, maar daar is geen waarborg dat hulle in die beginspan sal wees nie. Sommige manne wie Saterdag en Sondag vlieg, mag oorweeg word, maar daar is geen waarborge nie.”
“Ons sal na ʼn moontlike span kyk op pad Nieu Seeland toe en konsolideer, maar daar is ʼn paar manne wie die oog gevang het,” het Erasmus Saterdagaand na die oorwinning oor Australië gesê.
Hy gaan ook terwyl die vergrote groep in Nieu Seeland is, voorberei vir die daaropvolgende Toets teen die gevaarlike Argentyne in Argentinie, eerder as om vir ʼn kort rukkie terug te kom Suid Afrika toe.
“Ons fokus is eers op die All Blacks en ons sal ʼn paar uitgeruste manne hê aan die begin van die week, maar hulle sal ʼn gebrek aan wedstryd-tyd hê wat ons baie vinnig sal moet bestuur. Die uitdaging om teen die All Blacks te speel in hul agterplaas, is altyd ʼn grote en ons sien daarna uit.”

Springbok toergroep:

Voorspelers: Schalk Brits (Bulls), Marcell Coetzee (Ulster), Lood de Jager (Bulls), Thomas du Toit (Sharks), Pieter-Steph du Toit (Stormers), Rynhardt Elstadt (Toulouse), Eben Etzebeth (Stormers), Lizo Gqoboka (Bulls), Steven Kitshoff (Stormers), Vincent Koch (Saracens), Francois Louw (Bath), Frans Malherbe (Stormers), Malcolm Marx (Lions), Bongi Mbonambi (Stormers), Tendai Mtawarira (Sharks), Franco Mostert (Gloucester), Trevor Nyakane (Bulls), Marvin Orie (Lions), Kwagga Smith (Lions), RG Snyman (Bulls), Duane Vermeulen (Bulls).
Agterspelers: Lukhanyo Am (Sharks), Damian de Allende (Stormers), Faf de Klerk (Sale Sharks), Andre Esterhuizen (Sharks), Warrick Gelant (Bulls), Elton Jantjies (Lions), Herschel Jantjies (Stormers), Cheslin Kolbe (Toulouse), Jesse Kriel (Bulls), Makazole Mapimpi (Sharks), Sbu Nkosi (Sharks), Willie le Roux (Toyota Verblitz), Handré Pollard (Bulls), Cobus Reinach (Northampton Saints), Frans Steyn (Montpellier).

Gaan Eben Etzebeth en sy makkers weer Saterdag juig oor die uitslag? 
Foto: Frans Lombard/@actionpixsa/@Nader_pale_toe

Related Posts

« »