SPRINGBOKKE SPEEL OM DIE HOUTLEPEL TE VERMY #PaleToe

Oct 30 • General News, International, Pale Toe, Rugby World Cup, RWC 2015, Springboks, World Rugby • 5348 Views • Comments Off on SPRINGBOKKE SPEEL OM DIE HOUTLEPEL TE VERMY #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #Pale Toe! skryf:

“Die Springbokke is die All Blacks se grootste mededingers, maar die Wallabies is die All Blacks se grootste kompetisie.

“Hulle is nie bang vir die All Blacks nie, dis soos kleinboet wat vir grootboet in die agterplaas moet gaan regsien.”-John Mitchell, voormalige All Black speler en afrigter.

 

Hoe jy dit ookal sê, dit sê nie lekker nie: brons medaljes, tweede verloorder, derde plek, soos om jou sussie te soen.

Dis waarvoor die Bokke vanaand moet speel, en o ja- ook vir die eer om die groen-en –goud oor jou kop te trek.

Hartseer kom in twee dele, ʼn stukkende droom en eer wat herstel móét word, want hierdie naweek speel daar twee spanne in groen-en-goud: die een speel om sy naam gestand te doen en die ander speel om ʼn wêreldkampioen te word.

Neem niks weg van die toernooi soos wat dit tans ontvou nie, dis tog waar die internasionale rugbykrag lê, suid van die ewenaar.

Vanaand spook twee trotse spanne dit uit om nasionale eer te behou. Die een het ʼn middelmatige wen persentasie van dig by die 50% en die ander een het die siel van ʼn bokser wat net nie uitgeslaan kan word nie.

Vergewe my, maar ek moet myself in die bek ruk oor my Wêreldbeker verwagtings. Daar was ʼn groot gejuig en paartie toe die Bokke uit Montecasino weg is vroeg in September, maar te midde van reuse patriotisme aangevuur deur ʼn sportminister wat optree soos by ʼn ANC- jeugliga byeenkoms, het dit ingesink dat die kop iets anders sê as die hart.

Kom ons noem dit by die naam; ons het met ʼn krok-span opgedaag. In teenstelling met ʼn potensiële wêreldkampioen wat ook ou manne met grys baarde het wat toks dra, is hul ingesteldheid wêrelde ver van die Springbokke s’n.

Ek meen dat die Springbokke en die All Blacks lank laas so vêr van mekaar se rugby gehalte verskil het soos by vanjaar se kompetisie.

“Die Springbokke moet ʼn wenpersentasie van 80-85% hê en moet ʼn goeie styl van voetbal speel wat 3 tot 4 drieë per wedstryd oplewer en nog die vermoë hê om te verdedig”, sê John Mitchell, voormalige All Black speler en afrigter.

“Ons, die Australiërs en die All Blacks moet altyd die top drie posisies op die wêreld ranglys hê, en as ons dit nie het nie, moet ons begin vrae vra”, voeg Robbie Kempson, voormalige Springbok stut by.

Waar het dit dan skeef geloop? Hoe het die droom versplinter?

Miskien was ons oorgerus en letterlik windgat. Dit het Japan gekos om ons uit daardie kokon te skud, maar toe was ons reeds sielkundig op die agtervoet.

Teen Wallis het ons nie oortuig nie, die skrif was teen die muur en die All Blacks het met hul presisie-spel die Bok-doodskis toegekap.

Ons het die jong spelers met hope talent en terwyl die volk nog stry oor spelers wat hier moet bly vir Springbok kleure, weet ons stilweg dat Meyer se tyd verby is. Ons kan nie bekostig om met dieselfde speelstyl te beplan vir 2019 se Wêreldbeker nie.

“Die Springbokke is die All Blacks se grootste mededingers, maar die Wallabies is die All Blacks se grootste kompetisie.

“Hulle is nie bang vir die All Blacks nie, dis soos kleinboet wat vir grootboet in die agterplaas moet gaan regsien.”

Só reken John Mitchell en hy bevestig wat ons vermoed: Suid Afrika veg vir oorlewing as gevolg van ons keuses terwyl Nieu Seeland en Australië dit gaan uitveg om die wêreldkampioen te wees vir die volgende vier jaar.

Die Argentyne weet reeds hoe om teen die Bokke te speel en te wen. Daardie selfde onrustigheid wel weer op, soos na die Japan loesing en die Walliesers wat die Bokke laat sweet het.

Nog ʼn voormalige Bokafrigter, Nick Mallet reken Meyer se span sal “veilige, berekende rugby speel sonder om te innoveer, die soort rugby wat hy ken en van hou”.

John Mitchell, wat ook ʼn derde plek “wenner” was in Wêreldbeker rugby, laat dit realisties maar kras klink: “ek kyk nooit na my brons medalje nie, ek weet nie eens waar dit is nie, ek het nie Wêreldbeker toe gegaan vir ʼn bronsmedalje nie”.

Harde, maar waar woorde bedoel vir speler en ondersteuner.

En vir Heyneke Meyer.

Foto: Anton Geyser

 

Related Posts

« »