Steval Pumas Persverklaring

May 5 • General News • 2724 Views • Comments Off on Steval Pumas Persverklaring

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 3.00 out of 5)
Loading...

Curriebeker Kwalifisering: Steval Pumas vs Windhoek Draught Welwitschias

Plek: Hoërskool Ermelo, Ermelo

Datum: 7 Mei 2016

Kick-off: 15:00

 

MJ Mentz, die hoofbreier van die Steval Pumas het sy groep van 22 spelers bekend gemaak vir die vyfde rondte van die Curriebeker Kwalifiserende-rondte. Drie gedwonge veranderinge is gemaak na Hugo Kloppers (voorkoming na harsingskudding), Reynier van Rooyen (skouerbesering) en Bernado Botha (kuitbesering) nie hul finale mediese toetse vir die naweek se wedstryd in Ermelo geslaag het nie. Kloppers het aanvanklik die harsingskuddingstoets geslaag, maar volgens die nuwe mediesereëls is ‘n speler verplig om ‘n week te rus, sou hy in ‘n wedstryd enigsins bewusteloos geraak het.

 

Die wedstryd teen die Welwitschias sal by Ermelo Hoërskool gespeel word en die hoofdis wees na die oggend se ligabepaling tussen Hoërskole Ermelo en Piet Retief.

 

Hoffmann Maritz sal met sy ervaring die span aanvoer, saam met Lambert Groenewald, wat na agsteman skuif vir die kragmeting. Wiehan Hay sal sy eerste buiging vir die Pienkspan maak, met Marlou van Niekerk wat van die bank af, in sy eerste wedstryd vir die Pumas kan opdraf. Nog ‘n ervare speler wat die afgelope tyd van die bank af gespeel het, De-Jay Terblanché, sal dié week diens doen op losskopstut in diebegin 15-tal.

 

“Die verandering is maar net ‘n bewys van die span se veelsydigheid en ons voel die rotering van spelers wat die afgelope vier wedstryde van die bank af begin het, kom op ‘n goeie tyd. Dit gee beslis vir van die ander spelers ‘n welverdiende ruskans, want dit is nog ‘n lang seisoen wat voorlê. Maar ek moet bieg dat hierdie spelers hulle plekke in die begin 15 verdien.”

 

Ons ken enkele individue in die Namibiesespan en verwag dat dié spelers beslis ‘n impak op die wedstryd sal hê, maar meer as dit weet ons nie veel van hulle af nie. Ons voorbereiding was soos vir enige ander span en ons sal vroeg ons stempel op die wedstryd wil afdruk,” noem Mentz.

 

Vir Mentz is dit ‘n groot geleentheid om weer in sy voormalige tuisdorp te kan kom speel. Dit is hier waar hy as matriekseun tot die SA Skolespan verkies was en in 2007 sy eerste professionele wedstrydvir die Griekwas, as opponent van die Pumas, gespeel het. Hy het sy stewels in 2012 verruil vir die afrigtingsfluitjie saam met sy voormalige skoolspan-en Pumabreier, Jimmy Stoenhouse.

 

“Dit is beslis’n groot voorreg om weer te kan terugploeg, hier waar ek met my loopbaan begin het. En dit sal bitter lekker wees om weer die skool se eerstespan in aksie te sien, en dit teen die bure van Piet Retief. Vrydagmiddag sal ons bietjie tyd spandeer saam met die plaaslike kinders en beslis na die wedstryd ook. Ons nooi graag alle Puma-ondersteuners om te kom dagsê en sommer die sportdag te ondersteun,” sluit Mentz af.

 

Die Steval Pumas sal 15:00 Vrydagmiddag by Hoërskool Ermelo se A-veld hul kaptein’s deurloop hê, waarna die ondersteuners om 15:30 bietjie saam met die span kan tyd spandeer.

 

Die Steval Pumas:

  1. Heinrich Steyl
  2. Deon Helberg – in vir Bernado Botha (kuit besering)
  3. Hoffmann Maritz (kaptein)
  4. Hennie Skorbinski
  5. Marcello Sampson
  6. Justin van Staden
  7. Emile Temperman – in vir Reynier van Rooyen (skouer besering)
  8. Lambert Groenewald (onderkaptein) – in vir Carel Greeff
  9. Nardus van der Walt – in vir Lambert Groenewald (posisioneel)
  10. Marnus Schoeman
  11. Jannie Stander – in vir Hugo Kloppers (harsingskudding)
  12. Wiehan Hay (debutant) – in vir Stephan Greeff (skuif na bank)
  13. Marné Coetzee
  14. Francois du Toit – in vir Frank Herne (skuif na bank)
  15. De-Jay Terblanché – in vir Simon Westraadt

 

Plaasvervangers:

  1. Frank Herne – in vir Francois du Toit (skuif na beginspan)
  2. Khwezi Mona – in vir De-Jay Terblanché (skuif na beginspan)
  3. Stephan Greeff – in vir Jannie Stander (skuif na beginspan)
  4. Dylan Peterson – in vir Nardus van der Walt (skuif na beginspan)
  5. Johan Herbst – in vir Emile Temperman (skuif na beginspan)
  6. Marlou van Niekerk (debutant) – in vir Hennie Skorbinski (skuif na beginspan)
  7. Tyler Fisher

 

Related Posts

« »