SUPER-SATERDAG: ONS RUGBYHOOP BESKAAM NIE #PaleToe

Mar 4 • Blitz Bokke, General News, Sevens Rugby, Super Rugby • 3069 Views • Comments Off on SUPER-SATERDAG: ONS RUGBYHOOP BESKAAM NIE #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Bulls ondersteuners wat nie laas Saterdag op Nuweland was nie, sal voortaan die stadion soos die pes vermy, maar die nagmerrie van ‘n Scarra Ntubeni-wegholtrein, sal kwalik verdwyn, skryf Simon Riekert van #Pale Toe!

 

Die eerste skote van die vergrote 2016 Superrugby toernooi het geklap, en in sommige gevalle was dit ʼn harde slag.

Gewoonlik neem dit so drie-vier wedstryde alvorens die spanne regtig vlamvat, maar verlede naweek het reeds vir ʼn verassing of twee gesorg.

Plaaslik het die Sharks ʼn rukkie geneem om hul voete te vind teen die Kings, die Cheetahs het goed gelyk met twee onderskep drieë en alhoewel die Sunwolves vanjaar hul heel bestes rus, was dit die Lions wat die seisoen met ʼn eerste oorwinning ingelui het.

Die seisoen se eerste van baie skokke het op Nuweland gevolg. ʼn Begeesterde Bulls span het sowat 50 minute bygehou, voordat die Stormers gewys het dat hulle ernstig is oor hierdie toernooi en die wedstryd oortuigend met 33-9 gewen. Asof die skoonskip telling nie genoeg was nie, was die feit dat die Bulls nie een drie teen hul aartsvyande kon druk nie.

Bulls ondersteuners wat nie op Nuweland was nie (en dalk vir die volgende paar jaar die stadion sal vermy), se grootste TV-nagmerrie was toe hul die wegholtrein-losgemaal met Scarra Ntubeni as kondukteur, sien deurboor vir ʼn laaste spyker in die Blou kis.

Waarom Nollis Marais sy volstrekte voorry afgehaal het 25 minute voor die einde van die wedstryd, kon nog nie verklaar word nie.

Dit bring ʼn mens na die vraag wat Naas Botha vandeesweek vra, met reg :” waarom kan die beste spelers nie vir 80-plus minute op die veld bly nie, veral as daar geen beserings is nie?”

Naas meen dat die professionaliteit van spelers, veral by die Bulls onder groot verdenking is en dat Marais beslis nie met die heel beste wat Pretoria kan bied, sit nie.

“Daar is nie iets soos jong of ou spelers in rugby nie. As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.

“Die verskoning dat dit ʼn jong Bulls span is wat nog bou, is ook nie goed genoeg nie. As jou jonges dan sukkel, kies dan die ou spelers.

“Professionaliteit beteken baie meer as ʼn salaristjek. Dit beteken jy is die heel beste in jou posisie, en as jy nie goed genoeg is nie, moet die afrigter vir jou sê om ander werk te gaan soek.

“Die tyd van lojaliteit in ons sport is verby. Ons moet die heel beste jong mense raaksien en hulle uitbou as ʼn presterende sportnasie, maar in Suid Afrika sal dit blykbaar nooit so werk nie.

“Dieselfde geld vir afrigters: as hy nie goed genoeg is nie, fire hom, dis sy werk om resultate te bring, nie om lojaliteit alleen te kweek nie.”

Die Aussies se Brumbies het ʼn vroeë waarskuwing gerig dat hierdie seisoen dalk hulle s’n kan word. Hulle het die Nieu Seelandse Hurricanes met 52-10 afgeransel. Geen wonder Steven Larkham is vol selfvertroue oor sy span se 2016 kanse nie.

Nieu Seeland sukkel nie met Superrugby prestasies nie, en vanoggend het die Crusaders weer na die meermalige kampioene van weleer gelyk. Dit wys weer dat professionaliteit ʼn Dan Carter en Richie Mc Caw kan vervang.

Die eerste wenne van rondte 2 behoort aan die Crusaders en die Brumbies, maar ons kan lippe aflek vir môre, Saterdag 5 Maart se rugby.

 

MAAK REG HIERVOOR:

 

CHIEFS V LIONS 06:15

Die Lions toer bykans 45 000km hierdie week vanaf Tokio na Hamilton in Nieu Seeland waar hulle die gaste van die Chiefs is.

Johan Ackermann maak nie verskonings nie. Sy span sal bly by die Lions brand, en hierdie wedstryd kan ʼn ware toets vir die Curriebeker kampioene se diepte wees. Verdediging en aanval gaan Saterdag ʼn nuwe betekenis hê vir die Johannesburgers teen een van die sterspanne van die toernooi.

HIGHLANDERS V HURRICANES 08:35

Hierdie is ʼn herhaling van die 2015 eindstryd tussen twee spanne wat in die openingsrondtes houe moes vat.

Die Brumbies het die ‘Canes met 42 punte geklop laasweek, terwyl die Highlanders net-net met 31-33 teen hul landgenote, die Blues verloor het.

Die Highlanders wat verlede jaar in Wellington met 21-14 Superrugby-kampioene geword het, sal veral meer klinies moet wees as teen die Blues.

Die Highlanders speel egter sonder hul Goliat-vleuel, Waiske Naholo wat sy been gebreek het in die Blues wedstryd.

REDS V WESTREN FORCE 10:45

Die Australiërs se boomskraam-spanne speel in die Suncorp stadion en beide sal poog om nie vroeg in die toernooi te ontspoor nie. Dit mag dalk die geleentheid wees om die klank op die TV aan te los, en klein werkies in die huis te doen. Almal verdien Brownie Points.

 BULLS V REBELS 15:00

Daar is mense wat meen dat Fort Loftus gesloop is en dat spanne wat vreesbevange moet wees om Loftus toe te gaan, deesdae na die trippie uitsien.

Nollis Marais se Bulls het verlede Saterdag geleer dat ʼn rugbywedstryd op hierdie vlak, so goed soos ʼn internasionale wedstryd is en dat jy 80 minute met jou heel beste spelers moet speel.

As Bulls ondersteuners begin twyfel aan hul span se vermoë om met die naasbestes van Australië af te reken, beteken dit Pretoria is weer beleër-hierdie keer nie deur die Engelse nie, maar die Aussies.

Die Rebels is stert in die lug nadat hulle die Force met 6 punte geklop het weg van hul tuisveld.

Hopelik is hulle hierdie keer onsuksesvol in hul tweede weg-wedstryd, maar die druk is vierkantig op die voormalige kampioene: die Bulls het die laaste ses Superwedstryde verloor en dit is hul slegste rekord sedert hul 12 verloor wedstryde in die 2002-seisoen.

CHEETHAS V STORMERS 17:10

Die manne-vannie-Kaap is tans Suid Afrika se beste kans op ʼn Supertrofee, en die Cheetahs gaan dit beslis nie maklik maak vir die span wat die Bulls verlede naweek verwoes het nie.

Beter besluitneming oor skepskoppe en posisionele spel sal help as Francois Venter se manne die Stormers wil tem, maar dieselfde patroon van verlede naweek mag homself herhaal. Al verskil is dat die Cheetahs hul heel beste kan hou vir 80 minute en ʼn pak voorspelers het wat die Bulls in die voorseisoen laat kreun het.

Die Stormers sal wil voortbou op hul prag voorspelerspel in Bloemfontein en hierdie een in die sakkie wil hou as die eerste weg-wedstryd van die seisoen en daarmee saam ʼn wendroogte van 4 jaar in Bloemfontein wil breek.

SHARKS V JAGUARES 19:00

Superrugby se Super-Saterdag sluit af met ʼn wedstryd tussen ʼn span wat ʼn seisoen of wat se rugby-babelaas het en ʼn span met internasionale sterre.

Gary Gold was veral versigtig vir die Argentyne se ervare Wêreldbeker-spelers.

“Ten spyte daarvan dat ons teen ʼn byna volledige Toetsspan speel, sal ons uitgaan om ʼn punt te bewys, veral oor ons ingesteldheid hierdie jaar.”

Willie le Roux se posisionele spel en skopvoet kan wondere verrig in Durban en menige Shark ondersteuner sal hom en JP Pietersen in die agterlyn dophou. Voorlangs sal kaptein Beast Mtwarira en Coenie Oosthuizen seker maak dat die Argentyne nie hul sin kry met die skrumwerk nie.

BLITSBOKKE IN DIE VSA

As dit nog nie genoeg rugby in ʼn dag was nie, onthou die Blitsbokke speel in Las Vegas, Nevada en hul eerste wedstryd is Sondagoggend om 02:35 teen Kanada.

As meermalige wenners van hierdie been van die HSBC-Sewes Wêreldtoernooi, sal die Blitse sekerlik weer so wil maak.

Related Posts

« »