SUPERRUGBY 2020: STORMERS V BULLS: DIE STRYD VAN DIE STUTTE

Feb 8 • General News • 1185 Views • Comments Off on SUPERRUGBY 2020: STORMERS V BULLS: DIE STRYD VAN DIE STUTTE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert-Loftus Versveld

Dit is nou maar wors, die Noord-Suid derby tussen die Ligbloues en die Streeptruie roer die ondersteuners se emosies.

Vir die ondersteuners van die twee onderskeie spanne, is daar die afwagting, die afspeel van lojaliteit, goedige korswel en openlike uitlokking tot reaksie, veral op sosiale media.

Vir die ondersteuners van, senoumaar die Sharks en die Lions, is dit net nog ’n wedstryd wat dopgehou moet word, veral hier by ronde twee in die nou alreeds sufgeryde Superrugby-kompetisie.

Saterdag se besoek aan die Kaap is vir ’n paar redes belangrik vir beide spanne.
Die hernieude belangstelling en die invloed van die manne voorlangs, danksy die sukses van die Springbokke in die 2019-Wêreldbeker, die sentiment van die Noord-Suid derby en dan die feit dat die twee aartsvyande mekaar vir oulaas op rugby se plaaslike heilige grond die stryd gaan aansê, Nuweland, dra alles by tot die afwagting van die naweek se hoofwedstryd.

Neem nou maar die stutte in Saterdag se wedstryd, al vier is Springbokke.

Trevor Nyakane maak sy terugkeer na Superrugby en hy het by die Bulls se mediakonferensie geen geheim daarvan gemaak dat hy wil wys dat hy met mening terug is nie.

Op ’n vraag wat hy dink Steven Kitshoff sou sê van Trevor Nyakane, het hy sonder aarseling geantwoord, “ vra homself, maar Satredag sal ons die vrae beantwoord.”

“Ek is baie dankbaar dat ek deel kan wees van Saterdag se wedstryd, ek het saam met en teen Steven gespeel nou al vir ‘n geruime tyd. Hy is ‘n uistekende speler, goeie skrummer en net so goed in die algemene spel. Ons was saam by die Bokke en ons het daar baie hoë standaarde gestel as nasionale spelers.

“Ironies, nou moet ons daardie hoë standaarde teen mekaar gaan uittoets. Daar is waarskynlik geen ander uitdaging wat so groot is soos die een om teen hom te speel nie. Maar dis waarom ek hier is. Dit gaan nie vir een van ons twee maklik wees nie.”

Maar aan die ander kant van die skrum aan die Stormers se kant, is dit ‘n groot dag vir Frans Malherbe.

Hy speel Saterdag in sy 100ste SuperRugby wedstryd.

Malherbe wil nie hê dat daar ‘n groot gewag gemaak word van sy prestasie nie; “Ja hallo mense, dis uiteraard spesiaal vir my. Ek het aan ons media ou vroeer die week gese dat daar niks aan is met die 100 wedtsryde nie, so kom ons hou dit so. Ek gaan op die veld bly. Laat Kitsie (Steven Kitshoof, die plaasvervanger-kaptein) die praatwerk doen. Kyk dis spesiaal. Maar dis die laaste ding waarop ek wil fokus. As jy na die grootsheid van die wedstryd kyk, is individuele prestasies laag op die prioriteitslys.”

Die wedstryd vind op Nuweland plaas, en dis die laaste keer dat die twee aartsvyande mekaar in ‘n wedstryd op die stadion die stryd sal aansê.

Pote Human het die emosionaliteit daarvan weggepraat, “ja, dis groot, maar ons gaan nie die grootsheid van die oomblik oorbeklemtoon nie, dis vir ons ‘n moet-wen wedstryd, daarom gaan ons konsentreer wat op die veld in die spel aangaan en die emosies uitlos.”

Saterdag se wedstryd skop om 17:05 af.

TREVOR NYAKANE IS TERUG VIR DIE VODACOM BULLS IN HUL WEDSTRYD TEEN DIE DHL STORMERS OP NUWELAND, SATERDAG.

Related Posts

« »