SUPERRUGBY: DIT RAAK NOU ERNSTIGE BESIGHEID

Apr 12 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News • 1605 Views • Comments Off on SUPERRUGBY: DIT RAAK NOU ERNSTIGE BESIGHEID

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
09082017 RUGBY - CURRIE CUP - VODACOM BULLS VS CELL C SHARKS PROVINCE - LOFTUS VERSVELD - PRETORIA - SOUTH AFRICA Photo: Gordon Arons

SENTER MIESIES VENTER: Die maak of breek in hierdie wedstryd gaan in die middelveld wees, volgens die kaptein van die Bulls, Burger Odendaal. Foto: Gordon Arons

Hier teen April se tweede week raak die Superrugby-kompetisie altyd in interessant.
Spanne wat dit het om die uitspeelrondtes in die kompetisie te haal, sal sorg dat hulle die eerste helfte se resep fyn volg en die pyne en skete van hul spelers af weghou. Ander, kom ons noem hulle die probeerders, sal als in die stryd werp om hul kanse aan die lewe te hou om ook binne trefafstand van die voorloper te bly.
Dit is wat hier plaaslik besig is om te gebeur, en met die Lions wat vandeesweek ʼn loslootjie het, gaan hulle die probeerders dophou wat sake sal uitspook om nader aan die bopunt van die log te kom.

Die Lions het die Stormers verlede naweek oortuigend gewen; so ook was dit die geval ʼn week tevore toe die span van Robbie Fleck ʼn stewige drag slae van die Bulls op Loftus gekry het.
Die Sharks, daarenteen kom vin-in-die lug terug van ʼn suksesvolle Australiese toer waar hulle, na ʼn amper reddelose poging teen die Rebels, die Blues met 63-40 oorrompel het en net-net teen die Hurricanes 38-37 verloor het. Robert du Preez, oud-Bloubul sal heimlik wens dat sy span Saterdag die suksesresep kan volhou.

Du Preez het ʼn byna onveranderde span gekies vir die derby teen die Bulls. Daniel du Preez kom na ʼn lang afwesigheid weens ʼn besering terug na die beginspan. Tyler Paul, die bystand losvoorspeler, is gekies as vervanger in die slot posisie. Saterdag kan die drie Du Preez-broers geskiedenis maak as hul al drie op die veld is, mits Daniel op dieselfde tyd as Robert en Jean-Luc opgestuur word. Akker van der Merwe is die ander verandering op die bank in plaas van Franco Marais.
By die Bulls was daar versigtige optimisme vanoggend oor die weg-wedstryd.
“Kyk, dit gaan ʼn groot aanslag wees, ʼn tipiese derby. Voorlangs en veral by die afbreekpunte omskep hulle baie vinnige spelperiodes op aanval. Hulle is gedurig op soek daarna om die voordeellyn oor te steek en hul bal verspreiding is die beste in die kompetisie. Dit is wat hulle gevaarlik maak,” het John Mitchell gesê.
Mitchell was al vroeër vandeesweek vol lof vir die Sharks se spel; “ hulle het daarin geslaag om na die Rebels-neerlaag terug te kom en die Blues en Hurricanes groot laat skrik. Skielik het hulle in Nieu Seeland die tipe rugby gespeel wat wedstryde wen.”

Die Bulls is egter die enigste Suid Afrikaanse span wat die Hurricanes kon klop vanjaar.

“Ons het gesien hoe hulle met taktiese skoppe die opposisie laat omdraai, maar in die proses het hulle ook baie geleenthede vir teenaanvalle geskep. Dit pas ons.”

Verlede jaar kon die Bulls die Sharks op hul tuisveld klop en die Pretorianers sal dieselfde wil doen vanjaar.
“Dit gaan als gebeur op die dag van die wedstryd en die span wat die meeste druk kan plaas en verwerk gaan die suksesvolle span wees, “het Mitchell bygevoeg.
Mitchell het ʼn belangrike aspek van beide spanne se speelstyl aangeraak wat vir die oningeligtes kan voorkom asof die twee spanne dieselfde rugby speel; “ hulle kry vinnige balbesit deur gou skoon te maak, terwyl ons spasie skep en dan aanval. Dit is subtiele verskille maar dit maak die verskil in die twee spanne se spel.”

Benewens die voorlangs- en afbreekstryd, verwag kaptein Burger Odendaal dat die wedstryd se maak of breek, in die middelveld gaan wees.
“As ons vryheid en spasie kan kry om in te speel, sal ons gevaarlik wees, en Andre Esterhuizen was beweeglik. As ons die Sharks aan bande kan kry binne drie fases, Andre se vermoë om voordeel te skep op aanval gebeur wanneer hy nie dadelik gestop word nie.”
Odendaal en Jesse Kriel is vinnig besig om een van die mees effektiewe senterpare in die land te word. Odendaal meen dat hulle net so goed saamspeel soos Lukhanyo Am en Andre Esterhuizen, “dit kom met tyd en hoe meer jy saam speel, hoe beter is die verstandhouding, kyk maar hoe speel Damien de Allende en EW Jonker by die Stormers, dis ʼn werkbare kombinasie. Dit gaan in die eerste paar sekondes van die wedstryd gebeur-‘n goeie aanval of effektiewe duikslag gaan die tempo en toon vir die wedstryd bepaal.”

Cell C Sharks: 15.Curwin Bosch, 14.Sbu Nkosi, 13.Lukhanyo Am, 12.Andre Esterhuizen, 11.Lwazi Mvovo, 10.Robert du Preez, 9.Louis Schreuder, 8.Tera Mtembu, 7.Jean-Luc du Preez, 6.Philip van der Walt, 5.Stephan Lewies, 4.Ruan Botha (kaptein), 3.Thomas du Toit, 2.Chiliboy Ralepelle, 1.Beast Mtawarira.
Plaasvervangers: 16.Akker van der Merwe, 17.Juan Schoeman, 18.John-Hubert Meyer, 19.Tyler Paul, 20.Daniel du Preez, 21.Cameron Wright, 22.Marius Louw, 23.Kobus van Wyk.

Vodacom Bulls: 15 Warrick Gelant, 14 Johnny Kotze, 13 Jesse Kriel, 12 Burger Odendaal (kaptein), 11 Divan Rossouw, 10 Handré Pollard, 9 Ivan van Zyl, 8 Hanro Liebenberg, 7 Thembelani Bholi, 6 Marco van Staden, 5 Lodewyk de Jager, 4 Rudolph Snyman, 3 Trevor Nyakane, 2 Adriaan Strauss, 1 Pierre Schoeman.
Plaasvervangers: 16 Jaco Visagie, 17 Lizo Gqoboka, 18 Frans van Wyk, 19 Jason Jenkins, 20 Roelof Smit, 21 André Warner, 22 Manie Libbok, 23 Duncan Matthews.

Datum: Saterdag, April 14
Stadion: Kings Park, Durban
Afskop: 17.15
Skeidsregter: Egon Seconds
Assistent skeidsregters: AJ Jacobs (SA), Cwengile Jadezweni (SA)
TV skeidsregter: Marius Jonker (SA)

*Beide die DHL Stormers en die Emirates Lions het hierdie naweek loslootjies.

Related Posts

« »