SUPERRUGBY FINAAL: MOET DIE LIONS PUNTE STUUR?

Aug 3 • General News • 1758 Views • Comments Off on SUPERRUGBY FINAAL: MOET DIE LIONS PUNTE STUUR?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

unspecified-3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SUPERRUGBY 2018 SE EINDSTRYD

In die ou dae sou spanne wat voor hul heilige siele weet dat daar ʼn drag slae kom teen hul superieure teëstanders, in plaas van om op te daag vir die wedstryd, punte gestuur.

Daardeur het hulle erken die oormag is te groot en dat hulle hul trots (en lywe) wil spaar, om sodoende stilweg die vernedering vry te spring.
Hoe groot die punteverskil was, het proporsioneel afgehang van hoe groot (of klein) die oormag was.

Feit bly staan, daar was ʼn wenner, sonder dat daar ʼn minuut se speeltyd was.

Dis hoe sommige mense meen die Lions moes maak, voor Saterdag se eindwedstryd teen die agtmalige kampioene van SuperRugby, die Canterbury Crusaders: stuur punte, spaar julleself van ʼn vernedering.

Die tuisspan speel in Christchurch in ʼn finaal vir die eerste keer in 10 jaar en soos menige rugbyliefhebber weet, Christchurch is die achilleshiel vir Suid Afrikaanse spanne.
Desnieteenstaande sal die Lions ʼn desperate poging aanwend om ʼn 25-jaar wendroogte te breek (na hul Super-10 sege in 1993 as die Cats).

“Ons is nie lammertjies op pad na ʼn slagting nie,” het hul kaptein Warren Whiteley vroeër vandeesweek gesê.

Oud Bloubul spanbestuurder, Wynie Strydom dink dat dit nie maklik sal wees om die Crusaders in hul agterplaas te klop nie, maar dat dit moontlik is; “als is moontlik in sport, en as die Lions die Crusaders kan uitoorlê met slim rugby, is hul in met ʼn kans.”

Wynie meen dat daar genoeg diepte en dinamika in die span is en dat as hy die spanbestuurder vir die Lions was, hy vir hulle sou sê “dis die derde keer dat ons probeer, ons moet verbeter op die twee vorige kere, ons moet nou probeer om dit die derde keer skeepsreg te maak.”

“Die Lions het niks om te verloor nie, want prakties kan jy nie die Crusaders daar gaan wen nie, maar hulle sal met daardie uitgangspunt gaan en sê ‘kom ons gee dit als vandag en kom ons kyk of ons hulle kan verras’, dis al.

“Ons het ʼn baie goeie kans dat almal ons gaan afskryf, ons het niks om te verloor nie, daarom manne, kom ons gaan geniet dit.”

Die sleutel van die wedstryd gaan wees om die Crusaders die eerste 10 tot 20 minute onder soveel druk te plaas dat hulle self voel hulle kan nie die druk verwerk nie, meen Wynie.
Dit mag dalk die Lions se mees onwaarskynlike wapen wees.

Swys de Bruin het na afloop van die halfeindstryd teen die Waratahs gesê dat dit kommerwekkend is dat die Lions nie in die wedstryd is vir die eerste 10 minute nie, “ ons sal met ons sportsielkundige, Dr. Jannie Putter daaroor praat, want ons kan nie so maak teen die Crusaders nie.”

Wynie en Swys het ook verlede week gepraat, “ ek het vir hom gesê hulle moet dit gaan geniet en dat hulle niks kan verloor uit hierdie wedstryd nie.”
Beide Swys en Wynie beskou die span se eenheid as die grootste sielkundige wapen, “ hulle is rêrig ʼn groep gelukkige manne, ʼn familie, ʼn gesin en dit wys in hul spel.”

Marvin Orie speel sy eerste SuperRugby-finaal en dinge kon nie op ʼn beter hoogtepunt vir hom begin nie: in All Black-wêreld teen een van die beste slotpare in die wêreld: Sam Whitelock en Scott Barrett.
“Ek is so bly vir Marvin se onthalwe, mense sê altyd hoe kon julle daai speler laat gaan het, maar as hy in die Bakkies en Victor-era gespeel het, sou hy nooit die geleentheid gehad het wat hy môre kry nie. Hy is ʼn nederige, doelgerigte mens wat ʼn kans in die lewe gesien het en aangegryp het en so ʼn ou sal Saterdag alles in sy vermoë doen om daai wedstryd te wen.”

Die Crusaders dra die afgelope paar jaar iets besonders by tot SuperRugby.

Volgens Wynie is hulle een van die mees suksesvolle rugbyspanne ter wêreld; “ek het altyd na die Nieu Seelanders se skole toe gegaan as ons daar was en met ouens soos Ritchie McCaw gaan gesels en by hulle te hoor wat hulle reg doen.
“Die belangrikste ding wat ek van hulle agtergekom het, is dat hoe hoër op hulle speel, hoe nederiger word hy en hoe harder werk hy. Toe hy ʼn All Black word, sit hy nie nou terug en maak eise oor hoe hy rondgery wil word en wil oefen nie, hy het die dissipline vir die jong mannetjies aangeleer en dis hoekom hulle so suksesvol is.”

Wynie meen dat die spel van Elton Jantjies, Warren Whiteley en Malcolm Marx die deurslag gaan gee en dat daar slegs vier of vyf punte verskil in die eindtelling tussen die twee spanne gaan wees, “my hart en my verstand sê so en ons weet watter deel praat die hardste.”

Geskiedenis:
Dis die eerste keer in SuperRugby se geskeidenes dat twee agtereenvolgende finale deur dieselfde spanne gespeel word.
Die Crusaders het 25-17 in 2017 teen die Lions in Johannesburg gewen, met ʼn kontroversiële rooikaart teen Kwagga Smith.
Hul wenrekord teen die Lions is ʼn suksesvolle 10 keer, die laaste drie met ʼn punte verskil van slegs agt.
Die Lions het 87 drieë tot dusver vanjaar gedruk, meer as enige ander span in vanjaar se kompetisie en slegs een meer as die Crusaders.

Die spanne:
Crusaders:
15. David Havili, 14 Seta Tamanivalu, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Richie Mo’unga, 9 Bryn Hall, 8 Kieran Read, 7 Matt Todd, 6 Heiden Bedwell-Curtis, 5 Sam Whitelock (kaptein), 4 Scott Barrett, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor 1 Joe Moody
Plaasvervangersbank: 16 Sam Anderson-Heather, 17 Tim Perry, 18 Michael Al’aalatoa, 19 Luke Romano, 20 Pete Samu, 21 Mitchell Drummond, 22 Mitchell Hunt, 23 Braydon Ennor.

Lions:

15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrink, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronje, 8 Warren Whiteley (kaptein), 7 Cyle Brink, 6 Albertus Smith, 5 Franco Mostert, 4 Marvin Orie, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques Van Rooyen.
Plaasvervangersbank 16 Corne Fourie, 17 Dylan Smith, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Marnus Schoeman, 21 Dillon Smit, 22 Aphiwe Dyantyi, 23 Howard Mnisi.
Afskoptyd is 09:35 SA-tyd en die skeidsregter is Angus Gardiner, bygestaan deur Glen Jackson en Nic Berry. Die TV-skeidsregter is Shane McDermott

 

-Simon Riekert, Johannesburg

Related Posts

« »