SUPERRUGBY: WAT MAAK JOU SPAN? #PaleToe

Jun 5 • General News, Pale Toe, Super Rugby • 1736 Views • Comments Off on SUPERRUGBY: WAT MAAK JOU SPAN? #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Johnnie Davids, ‘n man vir statistieke skryf nou vir Pale Toe. Hier is sy eerste.
Artikel deur Johnnie Davids vir #Pale Toe
ʼn Week in Superrugby is so lank so ʼn leeftyd, of so iets het Breyten Paulse al gesê. Inderdaad is dit so, en hierdie afgelope week het dit net weereens bewys. Die Bulls wat die voorlopers saam met die Lions op die Afrika-konferensie was, het na verlede naweek plekke geruil met die Stormers op die Superrugby log.
Die log onthul ʼn paar interessante feite: die Lions se totale punte is 42, dan volg die Stormers met 36 en die Sharks met 35. Die Bulls het 32 punte. Al drie die volgelinge van die Lions, het 4 verlore van 12 wedstryde. Die Lions het 9 wenne van 12 wedstryde gespeel.
Die Lions lyk beslis na die enigste span wat kan saambrul; in Nieu Seeland het die voorlopers, die Crusaders 45 punte en 10 uit 12 wenne. Die naaste Australiese span is die Brumbies met 34 punte en 8 uit 12 wenne.
Die media het veral baie te sê gehad oor die Bulls se verloor teen die Lions, maar van al die spanne met nuwe afrigters, is die Bulls en Stormers die spanne wat reeds baie bereik het die seisoen. Die Bulls se prentjie lyk só na 14 rondtes: (punte en posisie op die Afrika1 log)
0
(7de)
4
(5de)
4
(6de)
6
(4de)
10
(4de)
14
(4de)
19
(3de)
23
(3de)
23
(3de)
28
(3de)
28
(3de)
28
(4de)
32
(2de)
32
(4de)
Die Stormers se storie lyk só, ook op die Afrika 1 log:
5
(2de)
9
(2de)
10
(2de)
14
(2de)
18
(1ste)
18
(1ste)
23
(1ste)
24
(1ste)
28
(1ste)
29
(1ste)
29
(1ste)
31
(2de)
32
(4de)
36
(2de)
Die Stormers het vanaf rondte 5 tot 11 voorgeloop, maar het toe teruggesak na die 2e posisie.
Daarenteen het die Bulls meestal op die 3e plek vasgehaak, en nou is hulle 4e.
Die Stormers die Cheetahs en die Bulls het 2016 begin met nuwe afrigters, Robbie Fleck, Franco Smith en Nollis Marais. Die Bulls en Stormers se spanne speel met jong spelers, en moes aanpassings doen nadat hulle die volgende spelers verloor het aan die einde van die 2015-seisoen:
Bulls:
Jacques du Plessis (Montpellier)
Louis Fouché (Kings)
Francois Hougaard (Blitsbokke)
Victor Matfield (Northampton)
Akona Ndungane (afgetree)
Pierre Spies (Kinetsu)
Flip van der Merwe (Clermont)
Nardus van der Walt (Pumas)
Hencus van Wyk (Manukata)
Jurgen Visser (Kings)

Stormers:
Manuel Carizza (Racing 92)
Demetri Catrakilis (Montpellier)
Jean de Villiers (Leicester)
Patrick Howard (Northampton)
Steven Kitshoff (Bordeaux)
Neil Rautenbach (Cheetahs)
Michael Rhodes (Saracens)
Duane Vermeulen (Toulon)
Vir wat die Stormers regkry nadat hulle mid-November 2015 deur die rugby-huursoldaat (en briljante rugbybrein) Eddie Jones, voor die rugby-kansel gelos is, kan ʼn mens net applous gee.
Die storie van die Stormers oor die laaste vyf jaar vir die Super-uitspeelwedstryde, lyk maar dun. Dit kom egter sonder sukses, want die beste wat die franchise kon doen, was só:
2004: 3e (semi-finaliste), 2010: 2e (finaliste), 2011: 2e (semi-finaliste), 2012: 1e (semi-finaliste) en 2015: 3e (kwalifiseerders).
Die Bulls se storie lyk só oor agt jaar:
1996: 3e (semi-finaliste) 2005: 3e (semi-finaliste) 2006: 4e (semi-finaliste)
2007: 1e (kampioene) 2009: 1e (kampioene)
2010: 1e (kampioene) 2012: 5e (kwalifiseerders)
2013: 2e (semi-finaliste)
Kyk jy na die Sharks, lyk hulle so oor 9 jaar:
1996 4e (finaliste) 1997 4e (semi-finaliste) 1998 3e (semi-finaliste) 2001 2e (finaliste) 2007 1e (finaliste) 2008 3e (semi-finaliste) 2011 6e (kwalifiseerders)
2012 6e (finaliste) 2014 3e (semi-finaliste)
Die Lions is almal se verassingspakkie; 2000: 4e (semi-finaliste)
2001: 3e (semi-finaliste) en tweede in die Suid Afrikaanse konferensie in 2015. Hul Curriebeker sukses in dieselfde jaar het aan Johann Ackermann en sy jongbloed span net die regte motivering gegee vir 2016.
Die Johannesburgers het tot dusver daglig tussen hulle en die res geplaas.
Aan die begin van die Super-seisoen het Ackermann gesê dat hy en sy span op ʼn skoon bord begin, maar almal weet dat hierdie groep se boustene is die laaste drie jaar in plek. Hul kontinuïteit is die span se deurslag en die groep is ʼn gelukkige broederskap, ver van die promosie/relegasie riller van ʼn paar jaar gelede af.
Van al drie die franchises het die Cheetahs die meeste staatmakers verloor:
Dolph Botha (Shimlas)
Reiner Botha (Shimlas)
Francois Brummer (Pumas)
Heinrich Brüssow (NTT Docomo)
Stephan Coetzee (Griekwas)
Jean Cook (Zebre)
Danie Dames (vrygestel)
Willie du Plessis (Toulon)
Carel Greeff (Kings)
Cornal Hendricks (Stormers)
Willie le Roux (Sharks)
Caylib Oosthuizen (Kings)
Coenie Oosthuizen (Sharks)
Joe Pietersen (Sharks)
Sarel Pretorius (Dragons)
Johann Sadie (Agen)
Steven Sykes (Kings)
Ewald van der Westhuizen (Griekwas)
Elgar Watts (Kings)
Nadat Naka Drotské die pad gevat het aan die einde van 2015, was die weg gebaan vir die span om sy aanslag op ten minste die Suid Afrikaanse konferensie te maak. Helaas is hulle also ran’s, wat baie aan die Franse nasionale span herinner; watter span daag by die wedstryd op?
Van die Kings praat ons nie hardop nie. Nie eens in Curriebeker nie en dis duidelik dat die land se politiek weereens en helaas oorgeneem het in die raadsaal van SARU. Hulle hoort eenvoudig nie in die kompetisie nie. Finish en klaar.
Terug by die voorlopers, en met die opgewondenheid van ʼn nuwe Springbok-era, hoop en vertrou ons dat die terugkerende spelers se beserings tot die minimum beperk sal word.
Dis nou die Lions, Stormers, Sharks en Bulls.
Maar veral die Lions.

Related Posts

« »