SWYS SE LIONS IS WEER OP KOERS

Mar 11 • General News • 1084 Views • Comments Off on SWYS SE LIONS IS WEER OP KOERS

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

“Jy gaan ʼn hoë telling kry in wedstryde waar verdediging nie op standaard is nie. Hierdie was so ʼn wedstryd en alhoewel die Lions geseëvier het teen die Jaguares, laat hul verdediging veel te wense oor.”

Dit was Nick Mallet, Supersport-kommentator se mening na die afloop van die Lions se tuiswedstryd teen die Jaguares, verlede Saterdag.

Swys de Bruin, wie ʼn week gelede passievol verduidelik het hoeveel geloof hy in sy jong span het, se geloof is beloon. Sy jeugdige span het goeie entoesiasme en vasberadenheid getoon met die 47-27 oorwinning oor die Jaguares, alhoewel hulle aan die einde van die wedstryd die voet van die versneller afgehaal het. Dit het die Jaguares geleentheid gegee om ʼn gesogte bonuspunt van die tuisspan te weerhou.

Die wedstryd wat op ʼn stadige noot begin het met die Lions wat gesukkel het om die Jaguares se verdediging te klop, het vlamgevat na die 16de minuut, toe Rhyno Herbst sy lang slot-lyf oor die voordeellyn kon kry en die eerste drie vir die tuisspan kon druk. Daarna was dit oopketels vir die tuisspan, wie nog drie drieë voor rustyd gaan druk het.

Swys sal beslis versigtig optimisties wees oor sy span se voorspelerspel, maar soms was daar verbroude kanse weens ʼn gebrekkige aanvalle en swak ondersteunende spel.

Veral Dylan Smith, Malcolm Marx en Carlu Sadie het die Suid-Amerikaners laat knor in die skrums.
By die lynstane het die kommunikasie aanvanklik gesukkel, maar toe dit eers uitgestryk is, was die besit in die kol.

Vandeesweek sal de Bruyn veral fokus op sy span se verdediging, alhoewel die swak vertoning van die Jaguares (26 laagvatte van 115 gemis), dit makliker gemaak het vir die Lions om die voordeellyn oor te steek.

Elton Jantjies speel altyd goed agter ʼn pak voorspelers wat domineer, en dit het hy met sy skopvoet gedoen.

Alhoewel ver van volmaak af, sal de Bruyn en sy troepe ʼn sug van verligting sluk na die Bulls se verrassende oorwinning twee weke gelede op Emirates Airline park.

Die Lions se aanslag op SuperRugby-glorie, is weer op koers.

Puntemakers:
Lions – Drieë : Courtnall Skosan (2), Rhyno Herbst, Elton Jantjies, Kwagga Smith, Wandi Simelane, Marnus Schoeman. Doelskoppe: Jantjies (6).
Jaguares – Drieë: Julian Montoya (2), Ramiro Moyano, Gaspar Baldunciel, Matias Moroni, Joaquin Tuculet. Doelskoppe: Juan Cruz Mallia (2), Joaquin Diaz Bonilla. Strafskoppe: Diaz Bonilla (1)

Eerskomende Saterdag reis die Melbourne Rebels na Johannesburg en die Lions kan daarna uitsien om die Australiërs tuis met ‘n bonuspunt te klop.

-Simon Riekert (Johannesburg)

@Nader_pale_toe

LEEULOPIE: Kwagga Smith is altyd aan die voorpunt van die driedrukkers. Foto: Frans Lombard/ActionpixSA/15.co.za

Related Posts

« »