Toyota Cheetahs laat SA regopsit

Apr 23 • General News, Super Rugby, Super Rugby News • 5576 Views • Comments Off on Toyota Cheetahs laat SA regopsit

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (2 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Adriaan Strauss en sy spanmaats laat Suid-Afrikaners, én die res van die Sansar-rugbywêreld, ná hul uitstekende Super-oorwinning die afgelope Saterdag van 12-6 oor die Haaie op ‘n sopnat Kingspark in Durban skielik regop sit.

Die Toyota Cheetahs is ná die naweek se wedstryde die vierde opeenvolgende week sesde, nadat hulle op 23 Maart nog 9de was.

Die algehele Vodacom Super-puntestand het die afgelope naweek heerlik wipplank gery. Voor die naweek se bepalings was die Toyota Cheetahs dus 6de, die Haaie 3de en die Bulle 7de. Ná die Toyota Cheetahs se wedstryd teen die Haaie, het die Toyota Cheetahs tot die 3de plek opgeskuif, en die Haaie het na die 7de plek uitgesak en die Bulle was toe 10de.

Net met die volgende wedstryd, én die Bulle se uitstekende sege van 34-0 oor die Southern Kings in die Baai, het die Bulle tot 3de plek geklim, was die Toyota Cheetahs wéér 6de, met die Haaie nóg 7de.

Meeste Seges

Die Toyota Cheetahs hét, ondanks vele terugslae met beserings, nou reeds ses van hul nege ligawedstryde gewen – saam met die Brumbies en die Reds die meeste seges tot dusvêr vanjaar.

Dié ses oorwinnings is die meeste wat die Toyota Cheetahs in hul agt seisoen se deelname behaal het, én daar’s nog sewe wedstryde oor. Die Toyota Cheetahs het daarmee hul rekord van 2006, 2010, 2011 en 2012 oortref.

Rekord

Die Toyota Cheetahs se 435 punte, 44 drieë en 40 ligapunte in 2011 is húl seisoenrekord. Tans het die Toyota Cheetahs 199 punte aangeteken (die 4de meeste) en 20 drieë gedruk (óók die 4de).

Én, die Toyota Cheetahs is die enigste van die 15 spanne wat nog nie ‘n af-naweek gehad het nie. Die Blues (31 punte), Stormers (24), Waratahs (25) en die Rebels (19) het trouens al twee af-naweke gehad.

Op Toer

Die Toyota Cheetahs, wat drie van hul vier kragmetings op toer gewen het, het net soos die Bulle (wen een uit vier) en die Southern Kings (wen een van vier, maar speel ook teen die Brumbies in Canberra gelykop) húl oorsese toer afgehandel.

Die Haaie en die Stormers het reeds na die buiteland vertrek, elkeen met versterkings in hul toergroepe uit veral Leeu-geledere, wat vanjaar nie in die Super-reeks in aksie is nie. Die Haaie sal teen die Chiefs (Saterdag), Highlanders, Reds en Western Force speel. Die Stormers is komende Vrydag teen die Hurricanes in aksie, gevolg deur wedstryde teen die Blues, Waratahs en die Rebels.

Volgende sewe wedstryde

Die Toyota Cheetahs het nou sewe van hul sestien ligawedstryde in hul Super-kampanje oor.

‘n Taai, opdraande stryd wag dus vir die Toyota Cheetahs in die laaste deel van die reeks. Daar is nog vyf tuiswedstryde, terwyl die Stormers en die Southern Kings weg aangedurf sal word.

Die Toyota Cheetahs se laaste sewe Super-ligawedstryde van die 2013-seisoen is:

Saterdag – 27 April – Southern Kings (tans 14de – tuis).

3 Mei – Eerste loslootjie.

10 Mei – Hurricanes (8ste – tuis).

18 Mei – Reds (4de – tuis).

25 Mei – Southern Kings (14de – weg).

1 Junie – Bulle (3de – tuis).

7 Junie – Tweede loslootjie.

29 Junie – Stormers (11de – weg).

6 Julie – Blues (2de – tuis).

Vorige uitslae

Dit is Saterdag die eerste Super Rugby-wedstryd tussen die Toyota Cheetahs en die Southern Kings. Geoordeel aan die Kings se vertonings tot dusvêr in die Super-kompetisie, gaan dit Saterdag nie so maklik vir die Toyota Cheetahs wees nie.

50ste vir Coenie

Coenie Oosthuizen, 24-jarige Springbok-stut van die Toyota Cheetahs, draf Saterdag in sy 50ste Super-wedstryd uit.

Toyota Cheetahs vs Kings

Die Toyota Cheetahs se op Saterdag, 27 April die Kings die stryd aan in ‘n Vodacom Super Rugby kragmeting in die Vrystaat Stadion, Bloemfontein. Die wedstryd skop om 19:15 af en word voorafgegaan deur ‘n Vodacombeker wedstryd tussen die Toyota Vrystaat XV en die WP om 16:45. Hekke open om 15:00.

Vermaak op die Castle Deck

Die pret in Vrystaat Stadion is nog ver van verby wanneer die eindfluitjie blaas. Na afloop van die wedstryd tree Karen Ferreira by die Castle Deck op.

Toyota Tough Zone

Ouers kan ook met ‘n geruste hart hul kinders onder toesig in die Toyota kinderarea laat speel. Die area is gelee aan die noordelike kant van die stadion, agter die Castle Deck area.

Weber Braai Area

Ondersteuners kan ‘n vleisie kom braai by die Weberbraai area in die Vrystaat Stadion. Bring jou gesin en kom kuier lekker saam.

Daar is ook verskeie drankvrye area in Vrystaat Stadion, nl. op die hoofpaviljoen en die middelste blokke op die boonste en onderste vlakke van die ooppvaljoen. Ondersteuners word gevra om drankgebruik op ‘n verantwoordelike wyse te handhaaf.

Ontmoet die Toyota Cheetahs

Kloppers

Ondersteuners word uitgenooi om van die Toyota Cheetah spelers Vrydag by Kloppers by die Loch Logan Waterfront te ontmoet. Die spelers sal tussen 14:30 en 15:30 daar wees om handtekeninge uit te deel en fotos te neem.

Met die toon van ‘n kaartjie vir Saterdag se wedstryd tussen die Toyota Cheetahs en die Kings kwalifiseer ondersteuners vir 10% afslag op enige Puma produk in Kloppers asook vir ‘n gelukstrekking vir ‘n splinternuwe LG mikorogolf. Hou die Volksblad dop vir meer inligting oor ander LG produkte wat tans op ‘n spesiale aanbieding is in Kloppers.

Rugbykaartjies vir Saterdag se wedstryd sal ook Vrydag en Saterdag tot 14:00 by Kloppers te koop wees. Kaartjies vir die Hoofpawiljoen kos R80, R60 vir volwassenes op die ooppawiljoen en R20 vir studente en kinders en is te koop by die kaartjiekantoor in Vrystaat Stadion.

Bloemskou

Ontmoet ook van die Toyota Cheetah spelers Vrydagmiddag om 16:00 by Vodacom se stalletjie by die Bloemskou!

Toyota Vrystaat XV

Die Toyota Vrystaat XV is ná sy nederlaag van 32-38 teen die Pampas op Stellenbosch uit vanjaar se Vodacombeker-wedloop, want die Vrystaters (15 punte) is 5 ligapunte agter die OP Kings (20), met net één reeks ligawedstryde oor.

Die Toyota Vrystaat XV se laaste opponent is die Westelike Provinsie Saterdag in die Vrystaat-stadion, wat tweede in die Suidelike Afdeling is met 22 punte. Die Vrystaters moet die WP dus klop en die volle 5 punte insamel en hoop dat die OP sy wedstryd op Mamesbury verloor en g’n ligapunt insamel nie én hoop dat die netto-punteverskil van 23 punte in dié proses uitgewis sal word.

Die Haaie XV (24 punte) is voor in die Suide, gevolg deur die WP (22), Pampas (21) en die OP (20).

In die Noordelike Afdeling lyk dit of drie spanne hul plekke in die kwarteindronde bespreek het: die Pumas (25), Blou bulle (23) en die Luiperds XV (20). Griekwas (17), die Goue Leeus (16) en die Griffons (13) het nog ‘n kans.

Hoewel die Luiperds XV (teen die Pumas) en die Griekwas (teen die Valke) moet speel, lyk dit of die Griffons se uitslag teen die Blou Bulle (in Pretoria) dié Noord-Vrystaatse span se lot sal verseël.

 

 

Uitslae

Westpac-stadion, Wellington – Hurricanes 22 (drieë: Brad Shields, Jefferey Toomaga-Allen, Tusi Pisi; doel: Beauden Barrett 2; straf: Barrett – sy Super-totaal is nou 295 punte); Western Force 16 (drie: Alby Mathewson; doel: Jayden Hayward; straf: Hayward 3). Die volgende spelers het reeds meer as 90 Super-wedstryde gespeel: HURRICANES: Ben Franks 90, Conrad Smith, kaptein: 90; Western Force: Alby Mathewson 92.

Allianz-stadion, Sydney – Waratahs 25 (drieë: Cam Crawford, Israel Folau, John Ulugia; doel/straf: Brendan McKibbin 2); Chiefs 20 (drieë: Ben Tameifuna, Gareth Anscombe; doel/straf: Anscombe 2 – sy totaal vanjaar is nou 125 punte en sy algehele totaal staan op 227). Dit was Craig Joubert, die SA skeidsregter, se 62e Super-wedstryd. Die volgende spelers het reeds meer as 90 Super-wedstryde gespeel: WARATHAS: Drew Mitchell 107, Adam Ashley-Cooper 102, Benn Robinson 102; CHIEFS: Liam Messam 104.

AMI-stadion, Addington, Christchurch – Crusaders 24 (drieë: Robert Fruean – sy 15de Super-drie, Tom Taylor; doel: Tyler Bleyendaal; straf: Blyendaal 4); Highlanders 8 (drie: Jason Emery; straf: Colin Slade). Die twee mees ervare voorrye tot nóg toe in die Super-kompetisie het mekaar hier die stryd aangesê: HIGHLANDERS: Tony Woodcock 118 wedstryde, Andrew Hore 133, Chris King 104; CRUSADERS: Wyatt Crockett 112, Corey Flynn 126 en Owen Franks 68. King is die enigste van dié ses wat nog nie vir die All Blacks gespeel het nie. Dit was die Crusaders se 160ste Super-sege, terwyl dit die Highlanders se 120ste nederlaag was. Dit was Todd Blackadder se 73e Super-wedstryd as afrigter van die Crusaders.

Suncorp-stadion, Brisbane – Reds 19 (drieë: Jake Schatz, Liam Gill, Rod Davies; doel: Quade Cooper 2 – sy total is nou 521 punte); Brumbies 19 (drie: Christian Lealiifano; doel: Lealiifano; straf: Lealiifano 4 – sy totaal is nou 281). Spelers wat meer as 75 wedstryde gespeel het, is: REDS – Greg Holmes (96), James Horwill (81 – 47 as kaptein), Will Genia (79), Quade Cooper (80), Digby Ione (82), Saia Faingaa (86); BRUMBIES – Stephen Moore (109), George Smith (135). Ewan McKenzie (Reds) was in sy 123e wedstryd as afrigter betrokke – wat die Super-rekord is.

Kingspark, Durban –Toyota Cheetahs 12 (drieë: Raymond Rhule, Willie le Roux; doel: Burton Francis); Haaie 6 (straf: Patrick Lambie 2 – sy Super-totaal is 447 punte en sy totaal vir die seisoen 103 punte). Die volgende spelers het reeds meer as 75 Super-wedstryde gespeel: HAAIE: Beast Mtawarira (84), Franco van der Merwe (83), Keegan Daniel (88), Meyer Bosman (102), Jannie du Plessis (106); TOYOTA CHEETAHS: Adriaan Strauss (81 – 36 as kaptein), Hennie Daniller (76): AFRIGTERS: John Plumtree (Haaie – 70) en Naka Drotské (Toyota Cheetahs 80).

Die 18 punte in dié wedstryd is die tweede minste tot dusvêr in enige Toyota Cheetah-wedstryd – in 2006 het die Toyota Cheetahs die Reds met 10-6 geklop.

Willie le Roux, die Toyota Cheetahs-regtervleuel, is as Speler van die Wedstryd aangewys.

Dit was die vyfde wedstryd – uit agt! – vanjaar dat die Haaie nie ‘n drie kon aanteken nie – minstens 475 minute uit ‘n totaal van 760 minute dus drie loos.

Daar was 11 Springbokke in die Haaie se 22-tal, teenoor die 4 Bokke in die Toyota Cheetah-geledere.

Nelson Mandela-stadion, Port Elizabeth –BULLE 34 (drieë: Akona Ndungane – sy 30e drie, Jano Vermaak – sy 14e drie, Jan Serfontein, Jacques Potgieter; doel: Morné Steyn 2, Louis Fouché 2; straf/skep: Steyn – hy’t sy Super-totaal tot 1 308 punte opgeskuif en sy totaal vir die seisoen is 107 punte); SOUTHERN KINGS 0. Die volgende spelers het reeds meer as 75 Super-wedstryde gespeel: SOUTHERN KINGS: Steven Sykes (76), Luke Watson (84); BULLE: Pierre Spies (97),. Jano Vermaak (96), Morné Steyn (114), Akona Ndungane (88) en Werner Kruger (83)..

(*) – Die Blues, Rebels en Stormers het loslootjies gehad.

Vodacom Super Rugby-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BV

BD

PUNTE

Gekombineerde Puntestand
Brumbies

9

6

1

2

240

156

84

22

16

0

3

35

Blues

7

4

3

0

189

140

49

23

12

3

4

31

Bulle

8

5

3

0

206

171

35

17

16

2

2

28

Reds

9

6

2

1

191

178

13

20

12

1

2

33

Chiefs

8

5

3

0

240

169

71

25

17

2

4

30

Toyota Cheetahs

9

6

3

0

199

201

-2

20

19

2

1

27

Haaie

8

5

3

0

178

127

51

13

12

2

1

27

Hurricanes

8

5

3

0

199

202

-3

20

22

1

2

27

Crusaders

8

4

4

0

213

161

52

22

13

3

3

26

Waratahs

8

4

4

0

187

220

-33

17

22

1

0

25

Stormers

7

3

4

0

154

153

1

13

9

3

1

24

Rebels

8

2

6

0

162

258

-96

16

33

2

1

19

Force

9

2

7

0

162

208

-46

15

19

4

0

16

S. Kings

8

2

5

1

166

256

-90

16

28

0

1

15

Highlanders

8

0

8

0

150

236

-86

15

24

2

0

6

Suid-Afrikaanse Konferensie
Bulle

8

5

3

0

206

171

35

17

16

2

2

28

Toyota Cheetahs

9

6

3

0

199

201

-2

20

19

2

1

27

Haaie

8

5

3

0

178

127

51

13

12

2

1

27

Stormers

7

3

4

0

154

153

1

13

9

3

1

24

S. Kings

8

2

5

1

166

256

-90

16

28

0

1

15

Nieu-Seelandse Konferensie
Blues

7

4

3

0

189

140

49

23

12

3

4

31

Chiefs

8

5

3

0

240

169

71

25

17

2

4

30

Hurricanes

8

5

3

0

199

202

-3

20

22

1

2

27

Crusaders

8

4

4

0

213

161

52

22

13

3

3

26

Highlanders

8

0

8

0

150

236

-86

15

24

2

0

6

Australiese Konferensie
Brumbies

9

6

1

2

240

156

84

22

16

0

3

35

Reds

9

6

2

1

191

178

13

20

12

1

2

33

Waratahs

8

4

4

0

187

220

-33

17

22

1

0

25

Rebels

8

2

6

0

162

258

-96

16

33

2

1

19

Force

9

2

7

0

162

208

-46

15

19

4

0

16

Komende bepalings

(SA afskoptye)

Vrydag – 26 April

Wellington (09:35) – Hurricanes teen Stormers.

Brisbane (11:40) – Reds teen Blues.

Saterdag – 27 April

Hamilton (09:35) – Chiefs teen Haaie.

Canberra (11:40) – Brumbies teen Western Force.

Loftus Versfeld (17:05) – Bulle teen Waratahs.

Bloemfontein (19:10) – Toyota Cheetahs teen Southern Kings.

Sondag – 28 April

Christchurch (06:05) – Crusaders teen Rebels.

(*)Loslootjie – Highlanders.

 

 

Uitslae

Mbombela-stadion, Nelspruit –Goue Leeus 23 (drieë: Derick Minnie, Jaco Kriel; doel: Marnitz Boshoff 2; straf: Boshoff 2; skep: Boshoff); Pumas 14 (drieë: Frank Herne, Rosko Specman; doel: Carl Bezuidenhout, Coenie van Wyk). Dit was Corné Steenkamp, die Puma-kaptein, se 124e wedstryd vir die span.

BCM-stadion, Oos-Londen – Bulhonde 26 (drieë: Dean Muir, Joe Seerane, Khwezi Mkhafu; doel: Dale Sabbagh; straf: Karlo Aspeling 3); Kavaliers 25 (drieë: Braam Gerber, Ulrich Pretorius 2; doel/straf: Ricardo Croy 2).

Noordwes-stadion, Welkom – Griffons 17 (drieë: Oshwill Nortje, Vuyo Mbotho; doel: Hansie Graaff 2; straf: Graaff); Valke 6 (straf: Jaun Kotze 2).

AF Markotter-stadion, Stellenbosch – Pampas 38 (drieë: Facundo Barrea 2, Manuel Montero, Rodrigo Bruno, Tomas Cubelli; doel: Santiago Iglesias 5; straf: Iglesias); Toyota Vrystaat XV 32 (drieë: Boom Prinsloo 3, Joubert Engelbrecht, Sethu Tom; doel: Elgar Watts 2; straf: Watts).

GWK-park, Kimberley – Griekwas 32 (drieë: Jacques Coetzee, Jean Stemmet, Leon Karemaker, Marnus Schoeman; doel: Pieter-Steyn de Wet 3; straf: Steyn; skep: Steyn); Luiperds XV 26 (drieë: André Pretorius, Hennie Skorbinski, Luvuyiso Lusaseni, Robert Kruger; doel: Pretorius 3 – sy totale eersterangse punte is nou 1 854).

Dit was Steph Roberts se 100ste wedstryd vir Griekwas.

Roberts, wat voorheen vir die Shimlas (2004-2007) en die Vrystaat (2005-2007) gespeel het, is die 277ste SA rugbyspeler wat in 100 of meer eersterangse wedstryde vir ‘n unie speel.

Interessant is verder dat die Springbok-slot Rudie Visagie (Vrystaat – 109; Natal – 109) en Riaan Potgieter (Pumas – 109; OP 108) die enigste spelers is wat meer as 100 wedstryde vir twee unies gespeel het.

Mogol-klub, Lephalale – Blou Bulle 110 (drieë: Clayton Blommetjies, Courtnall Skosan 2, Dean Greyling 2, Hencus van Wyk, Nardus van der Walt, Rohan Janse van Rensburg, Ruan Snyman 2, Sampie Mastriet, Travis Ismaiel 2, Wiaan Liebenberg, Willie du Plessis 2; doel: Willie du Plessis 15); Limpopo Blou Bulle 0.

Dit is die vierde grootste sege tot nog toe in die Vodacombeker-kompetisie.

Dis die 6de keer dat ‘n span meer as 100 punte in die Vodacombeker-reeks aanteken.

Die Blou Bulle se grootste sege is hul sege van 147-8 (teen SWD – 1996 – Curriebeker).

Dis die 32e keer dat ’n SA rugbyspan meer as 100 punte in ‘n eersterangse wedstryd aanteken.

Willie du Plessis se 40 punte word net deur Naas Olivier se 42 punte (Griekwas teen Griffons – 2009) in die Vodacombeker-reeks oortref.

Willie du Plessis is die 18de SA rugbyspeler wat 40 of meer punte in ‘n eersterangse wedstryd aanteken.

Du Plessis se 15 doelskoppe is ‘n nuwe Vodacombeker-rekord en oortref ook Lance Sherrell se Bulle-rekord van 14 doelskoppe (teen SWD in 1996).

Dit was die vierde keer in ses wedstryde dat die Limpopo Blou Bulle meer as 100 punte afstaan. Die Limpopo-manne het nou reeds 620 punte (94 drieë) afgestaan en self net 29 punte (3 drieë) aangeteken.

Helderberg-veld, Strand – Westelike Provinsie 34 (drieë: Jody Reyneke, Michael van der Spuy, Rayn Smid, Sikubuzo Notshe; doel: Kurt Coleman 4; straf: Coleman 2); SWD Arende 27 (drieë: Alshaun Bock, Christo du Plessis, Clinton Wagman, Ghafoer Luckan; doel: Jeff Taljard 2; straf: Taljard).

Nelson Mandela-stadion, Port Elizabeth – OP Kings 27 (drieë: Dukisa Ntabeni, Siyanda Grey, Stefan Willemse; doel: Ntabeni, Kayle van Zyl 2; straf: Ntabeni, Van Zyl); Sharks XV 23 (drie: Guy Alexander; straf: Fred Zeilinga 6).

Vodacombeker-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BV

BD

PUNTE

Noordelike Afdeling
Pumas

6

5

1

0

385

103

282

57

12

0

5

25

B.Bulle

6

4

2

0

346

149

197

46

19

2

5

23

Luiperds

6

4

2

0

261

129

132

35

15

1

3

20

Griekwas

6

3

3

0

256

154

102

38

23

0

5

17

G.Leeus

6

3

3

0

159

151

8

22

17

1

3

16

Griffons

6

3

3

0

123

156

-33

17

20

0

1

13

Valke

6

2

4

0

132

229

-97

17

35

0

1

9

Limp.BBs

6

0

6

0

29

620

-591

3

94

0

0

0

Suidelike Afdeling
Haaie

6

5

1

0

233

135

98

28

13

1

3

24

WP

6

4

1

1

167

116

51

21

16

1

3

22

Pampas

6

4

1

1

207

146

61

26

18

0

3

21

OP Kings

6

4

1

1

164

131

33

18

16

0

2

20

VS XV

6

2

4

0

158

149

9

20

16

4

3

15

SWD

6

1

5

0

128

177

-49

15

21

3

2

9

Boland

6

1

4

1

128

229

-101

17

28

1

1

8

Grens

6

1

5

0

118

220

-102

14

31

1

0

5

Komende bepalings

(SA afskoptye)

Vrydag – 27 April

Kingspark, Durban (15:00) – Sharks XV teen Pampas.

Outeniquapark, George (16:00) – SWD Arende teen Grens Bulhonde.

Olënpark, Potchefstroom (19:00) – Luiperds XV teen Pumas.

Saterdag – 28 April

Loftus Versfeld, Pretoria (14:45) – Blou Bulle teen Griffons.

Barnard-stadion, Kemptonpark (15:00) – Valke teen Griekwas.

Ellispark, Johannesburg (15:00) – Goue Leeus teen Limpopo Blou Bulle.

Malmesbury (16:00) – Boland Kavaliers teen OP Kings.

Vrystaat-stadion, Bloemfontein (16:45) – Toyota Vrystaat XV teen Westelike Provinsie.

Klubrugby

Die Shimlas, wat die Stadsbeker-kampioen is, het sy segetog voortgesit en Crusaders met 34-10 geklop. Die Shimlas se puntemakers is: Drieë: Divandré Strydom (2), Riaan Schoeman (2), Tienie Burger; DOEL: Franna du Toit (2), Erick Colyn; STRAF: Colyn.

Die Shimlas se wedstryd komende naweek teen die Ixias, huidige Varsityskild-kampioen, kan ‘n baie grote vanjaar in Vrystaatse klubrugby wees! Die Ixias het Saterdag met 55-14 oor Polisie baasgespeel. Die Irawas het die Tjisas (SUT) met 54-29 verslaan.

Ander uitslae is:

Tweede Liga – SUT (o.21) kl Polisie II met 26-11; UV (o.21) klop Collegians I met 85-9; Weermag I klop Mangaung I met 17-13.

Derde Liga – SUT0-jongspan klop Collegians II met 22-12; Oud-Greys klop Collegians III met 41-10; Shawas (SUT) klop Polisie III met 41-7; Weermag II klop Mangaung II met 31-0.

Komende bepalings

Vrydag – 26 April

SUT-STADION: Derde Liga – 18:30: Shawas (SUT) teen Collegians II; Tweede Liga – 20:00: – SUT (o.21) teen Collegians

SCHOEMANPARK: Derde Liga: 18:30: – Warriors II teen Crusaders III; 20:00: Warriors I teen Crusaders II.

Saterdag – 27 April

SHIMLAPARK: Tweede Liga – 15:00: UV (o.21) teen Mangaung I; Eerste Liga – 16:30: Shimlas teen Ixias.

SUT-STADION: Derde Liga – 13:30: SUT-jongspan teen Mangaung II; Eerste Liga – 14:45: Tjisas (SUT) teen Crusaders.

Bobbiespark: Derde Liga – 14:00: Polisie III teen Oud-Greys; Eerste Liga – 16:15: Polisie teen Irawas.

Dinsdag – 30 April

SHIMLAPARK : Eerste Liga – 18:15: Crusaders teen Irawas; 20:00: Shimlas teen Polisie.

SUT-STADION: Eerste Liga – 18:00: – Ixias teen Tjisas.

Toyota Cheetah-aanwins

Baie geluk aan Tewis en Arina de Bruyn wat op Dinsdag 16 April ‘n eersteling-dogtertjie, Mila, ryker geword het.

 

Inligting deur: Frikkie van Rensburg

[Photo of Adriaan Strauss by Denese Lups]

Related Posts

« »