Twee SuperRugby swaargewigte trek suid

Feb 23 • General News, Super Rugby • 1003 Views • Comments Off on Twee SuperRugby swaargewigte trek suid

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert #paletoe

Die twee plaaslike, noordelike spanne wat die naweek twee suidelike spanne takel in die openingswedstryde van die 2017-Superrugby toernooi, is vandag aangekondig.

Die Emirates Lions speel teen die Toyota Cheetahs in Bloemfontein, met agt van hul Springbokke in die beginspan. Warren Whitely lei ʼn ervare span op die veld met Lionel Mapoe op regtervleuel in die plek van die beseerde Ruan Combrinck (skoueroperasie).

Johannes Jonker sal sy debuut maak vir die Emirates Lions as hy speelkans kry.

Afskoptyd is 15:05

Die span is:

  1. Jacques van Rooyen
  2. Malcolm Marx
  3. Ruan Dreyer
  4. Andries Ferreira
  5. Franco Mostert
  6. Jaco Kriel
  7. Ruan Ackermann
  8. Warren Whiteley- Kaptein
  9. Faf de Klerk
  10. Elton Jantjies
  11. Courtnall Skosan
  12. Rohan Janse van Rensburg
  13. Howard Mnisi
  14. Lionel Mapoe
  15. Andries Coetzee
  16. Akker vd Merwe
  17. Corné Fourie
  18. Johannes Jonker
  19. Lourens Erasmus
  20. Kwagga Smith
  21. Ross Cronjé
  22. Harold Vorster
  23. Jaco vd Walt

Die ander Gautengse span wat die pad aanpak suide toe, is die Vodacom Bulls. Hulle speel teen die DHL Stormers op Nuweland in Kaapstad.

Springbokslot en voormalige SA Rugbyspeler van die Jaar, Lood de Jager, maak Saterdag sy debuut vir die Bulls.

De Jager het 40 Superrugby wedstryde vir die Cheetahs gespeel en hy en vyf ander Springbokke is ingesluit in die beginspan naamlik Jesse Kriel, Jamba Ulengo, Handré Pollard, Rudy Paige en Jacques Potgieter. RG Snyman, Lizo Gqoboka en Piet van Zyl wat ook Springbokbuigings gemaak het verlede jaar, is ook in die span.

De Jager is een van vier nuwelinge by die Bulls, tesame met Edgar Marutlulle en  Jacobie Adriaanse (onderskeidelik van die Emirates Lions en Southern Kings) wat op die bank is. As Ruan Steenkamp speelkans kry, maak hy sy Vodacom Bulls en Superrugby-debuut.

Pollard sal die span lei in die afwesigheid van Adriaan Strauss (rugoperasie) en die einste Pollard maak sy terugkeer in Superrugby sedert Mei 2015, toe hy laas teen die Brumbies in Canberra gespeel het. Pollard kon geen rugby speel in 2016 nie, weens beserings.

Volgens die afrigter van die Vodacom Bulls, Nollis Marais wag daar ʼn taai stryd op sy span hierdie seisoen, en dit skop af met ʼn tradisionele noord-suid derby teen die Stormers.

“As jy die kompetisie wil wen, moet jy die heel beste spanne wen, en om eerlik te wees, daar is geen maklike wedstryde nie. Die Stormers kom altyd met ʼn reuse aanslag en dit sal vir ons ʼn goeie aanduiding gee van ons standaard. Ons het realistiese verwagtings en met ʼn goeie begin, glo ons dat ons nog steeds in die kompetisie sal wees by die uitspeelwedstryde.”

“Ek is tevrede met ons diepte alhoewel ons sonder staatmakers soos Adriaan Strauss, Arno Botha, Jan Serfontein en Roelof Smit sit weens beserings. Dis die aard van hierdie kompetisie en van rugby. Die feit is dat ons met massiewe talent sit en ons skuld ons self en die ondersteuners net die heel beste rugby om dit te bewys,” het Marais gesê.

Pollard was versigtig optimisties oor sy speelkans en kapteinskap, “ek het baie geleer by goeie kapteins soos Victor Matfield, Fourie du Preez en Jean de Villiers en ek gaan dit gebruik om my in staat te stel om die span reg te lei. Ons het ʼn goeie kans vanjaar en ons het ook meer selfvertroue, ons moet nou net uitgaan en ons self bewys”, het die jong losskakel gesê.

Die span vir Saterdag is:

Jesse Kriel, Jamba Ulengo, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Travis Ismaiel, Handre Pollard-Kaptein, Rudy Paige, Hanro Liebenberg, Jacques Potgieter, Nick de Jager, RG Snyman, Lood de Jager, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Pierre Schoeman. Plaasvervangers: Edgar Marutlulle, Jacobie Adriaanse, Lizo Gqoboka, Jason Jenkins, Ruan Steenkamp, Piet van Zyl, Tian Schoeman, Warrick Galant.

Die Vodacom Bulls het in 2016 op Loftus Versveld die DHL Stormers met 17-13 geklop, maar in die openingswedstryd op Nuweland , het die Stormers die Bulls met 33-9 oorweldig.

Afskoptyd is 17:00

Related Posts

« »