Varsity Rugby op pad in al sy glorie

Jan 24 • General News, Pale Toe, Varsity & Club, Varsity Cup • 3721 Views • Comments Off on Varsity Rugby op pad in al sy glorie

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

Die 10de jaar van die gewilde FNB Varsity Cup presented by Steinhoff International reeks het vandag afgeskop by die luukse Royal Johannesburg and Kensington Golf Club.

Die hele boksemdais wat hierdie gewilde rugbyreeks vir die afgelope 10jaar aanbied was daar, insluitend die Hoof Uitvoerende Beampte van die kompetisie, Duitser Bosman.

“Jy kan die spanning aanvoel onder die universiteite, en Varsity Cup weet dat visie-kanseliers van alle universiteite onder groot druk is om die kompetisie glad te laat verloop, ons het lang ure se gesprekke met hulle gehad om die veiligheid van spelers en toeskouers te verseker.”

Bosman het sy openingsrede gewy aan die geskiedenis en sukses van die kompetisie; “daar was baie spesiale mense en momente en ons het in 10 jaar se tyd waarde toegevoeg aan studente en die land se mense, iets wat ons verder wil uitbrei vanjaar.”

Hy het spesiale melding gemaak van die Varsity Shield –trofee wat uit simboliek geskep is; “Barberton-graniet vorm die voetstuk wat die soliede basis van die kompetisie versinnebeeld, dan is die ‘arms’ wat die koperbeker vashou geskep uit jong lote van die vaderlandswilgeboom, iets wat weer aanklank vind by die ‘jong latte’ wat in hul spanne om die trofee deelneem en die kop van die beker is gevorm uit koper wat ‘n Afrika-simbool is van die behoud van lewegewende water, omsoom met lourierblare.”

Bosman het ook aangekondig dat daar ‘n negende universiteit, FNB Wits in die cup-kompetisie sal deelneem, terwyl daar drie ander universiteite by die shield-kompetisie bygevoeg is (FNB CPUT,RHODES en WSU).

Die gewone vermaaklikheid wat daartoe bgedar het tot die kompitiese se sukses, sal weereens aangebied word.

Toeskouers kan uitsien na die mejj. Varsity Cup en FNB Varsity Shield –kompetisies, asook die pienk broeke vir die speler van die wedstryd en die geleentheid om die daaropvolgende Woensdag, 50 pienk rose by ‘n gelukkige ontvanger af te lewer.

Ander gewilde gebeure is die ‘hou die aggressie op die veld-veldtog’, en die verbintenis tot die uitwis van kinder-en vrouegeweld.

‘n Spesiale uitsending van die Varsity Cup kompetisie, genaamd “Road to #VarsityCup10” sal op SuperSport 1 op Wednesday, 25 Januarie 2017 om 18h00 uitgesaai word.

Simon Riekert #paletoe

 

Related Posts

« »