VASBERADENHEID HOU ONS IN DIE WEDLOOP-ROBERT DU PREEZ

May 14 • Analysis, General News, Pale Toe, South Africa, Springbok News, Springboks, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 2346 Views • Comments Off on VASBERADENHEID HOU ONS IN DIE WEDLOOP-ROBERT DU PREEZ

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
©Frans Lombard ActionpixSA

Lood de Jager, kookwater slot van die Bulls is beseer in die wedstryd teen die Sharks. Die Bulls het die Sharks met 39-33 op Loftus Versveld gewen.

Simon Riekert- Durban

Die naweek se plaaslike SuperRugby-derby het toe glad nie teleur gestel nie. Die Bulls moes als uithaal om ʼn Sharks span wat soos ʼn doodshaai op die prooi bly afkom, te tem.

Selfs aan die bitter einde was daar slegs ses punte verskil op die telbord en het die verloor nie veel impak op Robert du Preez se gemoed by die perskonferensie gehad nie.
“Ek dink die span het ʼn groot punt gemaak om steeds te bly klou aan die uitslag en veral die veggees het my beïndruk,” het du Preez gesê.
“Dis als reg, ons is nog steeds in die wedloop en daar is baie om voor te speel. Ek moet die span loof vir die terugveg nadat die Bulls met 16-punte voor was, hulle het met ʼn massiewe terugveg poging getoon, veral die voorspelers het my beïndruk.”

Beide afrigters, insluitend John Mitchell was dit eens dat dit ʼn tipiese Suid Afrikaanse derby was; “hierdie konferensie (SA-konferensie) is ver van beslis af, dit gaan eers aan die einde van die rondomtalie duidelik wees,” het Mitchell gesê.

Mitchell was egter bekommerd oor die onmiddellike toekoms van die spanne; “hulle gaan mekaar aanvat en ek is bevrees dit gaan lei tot baie meer beserings.”
Na die wedstryd was Mitchell veral besorg oor Lood de Jager en Lizo Gqoboka se fiksheid; “ons sal later Maandag weet wat is die skade.”

De Jager is in die tweede helfte van die veld af met ‘n pektorale besering en Gqoboka het kort voor rustyd aandag van die mediese personeel gehad oor sy voet. Beide spelers mag dalk verlore wees vir die inkomende reeks wat die Springbokke teen Engeland in Junie vanjaar speel.

Al twee die spanne het 24 punte op die SuperRugby-punteleer, maar die Bulls het een keer meer gewen en dit laat hulle vandeesweek bo die Sharks inskuif.
Met die laaste suksesvolle strafskop het die Sharks ʼn bonuspunt verdien.

Die Bulls en die Jaguares is nou kop-aan-kop op die punteleer.

Mitchell was, soos die laaste twee wedstryde voor die Sharks, besorg oor die skeidsregters se interpretasie van die onkantlyn; “elkeen het sy eie eienaardighede as dit kom by die toepassing van die reël, ons sal meer op die afbreekpunte wil konsentreer en hard terugslaan in verdediging.”

Vroeër verlede week was die Bulls se voorspeler afrigter, Pote Human vol lof vir die Jaguares; “hulle speel net, hulle kom vir jou sonder ophou, dit gaan iets spesiaals kos om hulle op hul tuisveld te wen.”

Die Bulls kondig Dinsdag hul toergroep na Suid Amerika aan. Hulle sal Saterdag teen die Jaguares kragte meet in Buenos Aires.

Die Sharks speel ʼn tuiswedstryd teen die Chiefs, wie die Stormers die afgelope naweek op hul tuisveld geklop het.

Dit was die Stormers se eerste tuisveld-verloor in vanjaar se kompetisie.

Related Posts

« »