VERWAG KONSERWATIEWE EINDSTRYD RUGBY

Oct 27 • General News, National, Pale Toe, South Africa • 4542 Views • Comments Off on VERWAG KONSERWATIEWE EINDSTRYD RUGBY

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
WESTERN PROVINCE CURRIE CUP 2017 © willemloock.co.za

ROBERT DU PREEZ-WESTERN PROVINCE CURRIE CUP 2017
© willemloock.co.za

Durban – Simon Riekert

“Vergeet bal-in-die-hand taktiek soos ‘n Nieu Seelandse span,” sê die hardgebakte afrigter van die Sharks, Robert du Preez.
“Ons sal die nodige geduld aan die dag lê met aanval en verdediging, maar ons sal nie ons spelpatroon verander nie,” het hy Donderdag aan joernaliste gesê by die aankondiging van sy span wat Saterdag in Durban teen die WP speel om 2017-Curriebeker glorie.

Du Preez verwys na die herhaalde aanspraak op Suid Afrikaanse rugby om te ontwikkel en dit het sedert 2016 met rasse skrede verander sedert die Bokke se mislukte Wêreldbeker-poging in 2015.
Met slegs die Lions wat dié tipe rugby begin bemeester en die Bulle wat onder die leiding van ‘n Kiwi, John Mitchell meer omvattende rugby begin speel, is dit slegs hierdie twee spanne wat blykbaar volgens du Preez dié styl van rugby speel verkies.

Du Preez wat self vir die Bulle en die Springbokke op skrumskakel uitgedraf het, meen dat sy span by tradisionele Suid Afrikaanse rugby sal hou.
“Dit beteken nie dat ons nie kanse sal waag nie, maar die vaste fasette van die spel werk vir ons en ons skopwerk is doeltreffend.”
Du Preez reken dat bal-in-die-hand rugby nie noodwendig wenrugby is nie, “as dit beteken ons moet baie skop, dan doen ons dit.”
“Ons voorspelers het die jaar die platvorm gelê en ons agterspelers doen self nie sleg met die bal in die hand nie,” meen hy.
“Ons weet dat die WP met dieselfde resep gaan kom,” voorlangs gaan die bres geslaan word en hulle speel ook ‘n meer konserwatiewe styl rugby wat beduidend was teen die Lions verlede naweek tydens die halfeindstryd.
“Ons sal ons aanval reg moet beplan want hul verdediging is uitstekend, dit gaan baie hard voorlangs wees,” meen du Preez.

Intussen het John Dobson, afrigter van die WP ook sy mening uitgespreek oor wat Saterdag verwag kan word.
“Ons gaan bly by wat vir ons werk, en dit is ons vaste fasette en verdediging en natuurlik die afbreekpunte. As die geleentheid hom voordoen sal ons agterspelers goed in posisie inkom om die bal genoeg lug te gee, maar dit gaan ‘n taai stryd wees wat voorlangs gewen of verloor gaan word,” sê Dobson.

Die Springbokke se afrigter, Allister Coetzee het die spanne sterkte toegewens. Hy kondig sy toerspan vir die uitgaande toer na Europa in November, Sondag-aand aan.

Sharks
15 Garth April, 14 Kobus van Wyk, 13 Lukhanyo Am, 12 Marius Louw, 11 Odwa Ndungane, 10 Curwin Bosch, 9 Louis Schreuder, 8 Daniel du Preez, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Keegan Daniel, 5 Ruan Botha (kaptein), 4 Tyler Paul, 3 Ross Geldenhuys, 2 Franco Marais, 1 Thomas du Toit
Plaasvervangers: 16 Akker van der Merwe, 17 Juan Schoeman, 18 John-Hubert Meyer, 19 Jean Droste, 20 Jacques Vermeulen, 21 Michael Claassens, 22 Tristan Blewett, 23 Rhyno Smith

Westelike Provinsie
15 Damian Willemse, 14 Seabelo Senatla, 13 Ruhan Nel, 12 Huw Jones, 11 Dillyn Leyds, 10 Robert du Preez, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Cobus Wiese, 6 Sikhumbuzo Notshe, 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl (kaptein), 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: 16 Ramone Samuels, 17 Ali Vermaak, 18 Frans van Wyk, 19 Jan de Klerk, 20 Kobus van Dyk, 21 Jano Vermaak, 22 Werner Kok, 23 Dan Kriel

Afskoptyd 16h00
Skeidsregter: Jaco Peyper, sy derde Curriebeker eindstryd
Assistente: Egon Seconds en AJ Jacobs
TMO: Marius Jonker
TV: SS1

*******
Die Blou Bulle en die WP speel kort voor die eindstryd (13:00) in die O-21 kampioenskap eindwedstryd van SARU. Dit is ‘n voorwedstryd vir die Curriebeker –eindstryd en die skeidsregter is Stephan Geldenhuys met sy assistente as Archie Sehlako en Ruhan Meiring
Die TMO is Christie du Preez
TV : SS1
Die O-19’s speel ook in SARU se kampioenskapsfinaal en hier meet die Goue Leeus teen die Vrystaat Cheetahs kragte. Afskop is 11:00 en die skeidsregter is Vusi Msibi en sy assistente is Archie Sehlako & Ruhan Meiring.
Die TMO is Willie Vos
TV: SS1

Related Posts

« »