VYF (OF DALK SES) PRAATPUNTE OOR LAASNAWEEK SE SUPERRUGBY

Mar 4 • General News • 1168 Views • Comments Off on VYF (OF DALK SES) PRAATPUNTE OOR LAASNAWEEK SE SUPERRUGBY

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Afrikaans  rubriekskrywer by 15.co.za, Simon Riekert het ook die afgelope naweek rugby gekyk.

Hier is ‘n paar van sy opmerkings oor verlede naweek se hoogte-en laagtepunte.

1. Outydse Blou Bul-rugby is terug en dit werk.

Die aanhangers (en haters) van Blou Bul-rugby het die afgelope paar jaar goed geargumenteer oor die speelstyl van die Blou span. Selfs tydens die kortgeknipte tyd toe John Mitchell hulle afgerig het, was daar ʼn sug van verligting onder beide die bostaande kategorieë, dat die tradisionele stampkar-rugby van die land se enigste span, wie driekeer SupeRugby-glorie gesmaak het, verdwyn.
Mitchell het gekom en gegaan en Pote Human, verlede jaar se voorspelerafrigter, het die hoofafrigterspos gekry. Hy het met meer as een geleentheid gesê dat hy dit wat Mitchell by die Bulls geïmplementeer het, op sy eie manier wil inmeng met tradisionele Bloubul rugby, nie kômmin stampkar rugby nie.
Verlede Saterdag teen die Lions, het hierdie nuwe manier van speel, die Bulls goed te pas gekom: “ons het die bal nodig gehad om teen ʼn span soos die Bulls te speel en ons het met die lugskoppe gesukkel. Ek sal moet gaan tel, ek dink ons het min sukses met die lugskoppe gehad, dalk nie een bal gevang nie,” het die Lions se hoofafrigter, Swys de Bruin na Saterdag se wedstryd gesê.
“Ons het baie min balbesit gehad, hulle het ons gewurg, versmoor.”

2. Ouderdom is ʼn relatiewe begrip vir ʼn voorry.

Vroeër vanjaar, toe daar ernstige vrae gevra is oor die kontraktering van Schalk Brits op haker by die einste Bulls, was die uwe net so skepties oor die besluit van die trotse unie, nes ander wie nie te gretig was om hul mening te deel nie, insluitend ‘n paar senior rugbykenners.
“Hakers en stutte kan langer speel mits hulle nie ernstige beserings opdoen nie,” het Herman Rossouw, spandokter van die Bloues op ‘n kol  aan die media gesê.
Hier, na die derde ronde van SupeRugby wys Brits dat hy en Rassie die regte besluit geneem het: moenie nou reeds in motballe gaan stilsit nie.
Brits se oorheersing van alle fasette van gehalte hakerspel teen een van die wêreld se bestes, Malcolm Marx, wys dat die Bokafrigter en die goeie dokter reg was.
Schalk Brits is hier om te bly, “vir my gaan dit altyd om rugby te geniet, ek wil niks bewys nie.”

3. Dis blykbaar ʼn uitgemaakte saak, die SupeRrugby wenners kom (alweer) uit Nieu Seeland.

As jy die boekies en die kenners doer onder moet glo, is die wenners van die 2019-titel reeds bepaal: Crusaders teen die Hurricanes, of andersom. Een van hulle is die 2019-wenner.
Nic Mallet (by Supersport) sê die toernooi is ʼn marathon, nie ʼn reguit reisies nie.
Hou die wa-wye, oop Afrika-konferensie dop, hou jou dobbelgeld in jou sak tot hier oor sowat ses weke. Moenie sê ons het nie gesê perdedrolle is nie vye nie.

4. Paul Williams is ʼn goeie skeidsregter.

Die Kiwi, gebore in Samoa, het vir Stade Franciase op heelagter gespeel. Sy vertolking van die onkantlyn, afbreekpunte, lynstaan- en skrumwerk het die uwe beïndruk.
Hy’s familie van die All Black legende Sir Bryan Williams wat kon rugby en kitaar speel.
Hy het sonder groot marakkas die Lions-Bulls wedstryd met ʼn stewige hand hanteer. Regverdig, soos ons van die manne met die fluitjie verwag.

Ek hoop nie hy word gekorrupteer deur die ander vrot appels met die fluitjie nie, Wêreldrugby het hom nodig.
Hy mag soos sy pa maar die kitaar en fluitjie slaan.

5. Die SA-kusstede se spanne het ʼn appeltjie geskil.

Die Stormers-mag hul unie baie gou van ondergang gered word-het die veelbesproke, hoog aangeskrewe Sharks in die Shark-tenk verdrink.
Oor die algemene gesien was dit nie ‘n wedstryd waarna jy nie sou wou kyk as jy nie ʼn fên of ʼn rugbyjoernalis is nie.
Feit bly staan, die Stormers het die Sharks met suiwer stoeikrag, soos die Bulls met die Lions gedoen het, die kous oor die kop getrek en waardevolle ligapunte versamel met hul 11-16 oorwinning.

Iemand moet net iets doen met die botsende kleure van die Stormers se Thor-Superheld truie.

6. Die Japanners is niemand se speelmaat nie.

Die verrassing van die naweek se SupeRugby was die oorwinning van die Sunwolves oor die Chiefs. Drie drieë teen twee, drie strafskoppe teen een , drie doelskoppe teen een en die telbord wys 15-30, dit in die Chiefs se agterplaas.
Die Sunwolves kook.
Miskien begin die Nieu Seelanders nou die knyp voel van senior spelers wat die land verlaat vir die magtige Europese geldgod.
Niks goeds is te voorspelle vir ʼn uithaler Nieu Seelandse span se toekoms nie, ook nie vir All Black rugby en die trotse, wêreldkampioen- rugbynasie nie.

Alles is egter te wen vir ‘n land in die verre ooste , wie vir die eerste keer later vanjaar, rugby se Wêreldbeker koors gaan kry.

Simon Riekert

@Nader_pale_toe

MALCOLM MARX-HY EN DIE LIONS HET VIR DIE TWEEDE KEER BLOEDNEUS GEKRY IN VANJAAR SE SUPERRUGBY-TOERNOOI. FOTO: FRANS LOMBARD/15.CO.ZA

Related Posts

« »