WARREN WHITELEY: EK IS ALTYD GEMOTIVEER

Jan 21 • General News, National, Pale Toe, Rugby World Cup, Rugby World Cup News, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby News • 1504 Views • Comments Off on WARREN WHITELEY: EK IS ALTYD GEMOTIVEER

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

 

JERSEY REVEAL

 

 

 

 

 

 

 

 

-Simon Riekert: Emirates Airline Park

 

Dit bly ʼn feit soos ‘n koei, in veral Suid-Afrikaanse rugby: jy gaan spelers, goeie rugbyspelers verloor. Daarom hou jy so lank as moontlik vas aan ‘n man soos Warren Whiteley.

Dit is wat by al die franchises gebeur en hier, enkele weke alvorens die 2019-Superrugbyseisoen afskop, begin die druk stewig opbou vir die spelers wie die Springbokspan wil haal, wat nog te sê SuperRugby wil speel.
“Hoogs kompeterend en met sekere sleutelspelers wie ruskanse gaan kry, gaan die kompetisie nog meer straf raak vir ʼn kans om die Wêreldbekerspan te haal.”

So sê Warren Whiteley, Springbok en Emirates Lions speler.

“Jy kan maar net na die vier franchises wat SuperRugby speel, se spanlyste kyk, dis hoogs kompeterende manne wat om ʼn plek meeding.
“Jy wil net jou heel beste doen, jou hand opsteek en hoe jy dit doen, is om net die heel beste vir jou span te gee.”

Whiteley sê dat die span en die franchise eerste kom en dat die individuele spelers dit nooit moet vergeet nie.
Hy verwys na jongs spelers, wie verlede jaar nog onbekende name was, “ niemand het geweet van Aphiwe Dyantyi en ‘Sbu Nkosi nie en daar is nog name, almal manne wat briljante wedstryde vir die Springbokke gespeel het. Daar is jong manne wat nog nooit SuperRugby gespeel het nie wat nou dink, jis, ek kan die volgende Aphiwe Dyantyi wees.”

“Rassie is die tipe afrigter wat spelers se harde werk beloon en aan diesulkes wat hul hande opsteek, ʼn speel geleentheid sal gee om vir hul land uit te draf.”

Whiteley sê sy eie fiksheid is goed, “ek hardloop baie en het gewig afgeskud, ek is fiks.”
Van sy kuitspierbesering waarvan hy lank las gehad het, is bitter min oor, “ek het een van die beste voorseisoene ooit gehad en tydens fiksheidstoetse het my kuit ʼn bietjie gelol, maar ek sal binnekort heeltemal reg wees om te begin oefen.”

Vir Whiteley, voormalige Springbokkaptein, gaan dit oor wat hy kan bydra by die Lions, “daar is soveel nuwelinge met potensiaal wat deurkom en as ek kan help om hulle te vorm, sal ek dit doen.”
Sommige spelers ouer as 25-jaar vra gereeld die vraag af, wat gebeur na ʼn Wêreldbeker?  Vir hom is dit ʼn geval van dat hy bly waar hy gelukkig is; by die Lions.

Suid-Afrika is ʼn onbenydenswaardige voorbeeld daarvan dat baie spelers aan die einde van ʼn Wêreldbekerjaar groener weiveld gaan soek. Vir Whiteley is dit belangrik om hier te bly, “en ek is seker dat die unie dieselfde daaroor sal voel om so veel as moontlik van jou topspelers te behou.”

Hy haal die voorbeeld van die Lions se sukses aan; “in 2015, na die Wêreldbeker het ons goed gedoen en in 2016, 2017 en 2018 net al hoe sterker geword, dit is ons maatstaf.”

“Ek glo dit is dieselfde vir al die franchises in die suidelike halfrond, hulle wil almal so lank as moontlik die kern van hul spanne behou.”

Rassie Erasmus, Springbokafrigter het intussen verlede week die Lions besoek om sy planne vir 2019 uiteen te sit. Dit het behels dat hy die weeklikse beplanning tydens die SuperRugby-toernooi en die daaropvolgende Springbok-oefenkampe bespreek het.
Volgens Whiteley is daar ʼn plan in plek vir die gekontrakteerde Springbokspelers wat met die afrigtingspan bespreek word. Hy wil nie daarby betrokke raak nie en wag dat Swys De Bruin, hoofafrigter van die Lions die planne met hom bespreek.

Die Springbok agtsteman, Duane Vermeulen is besig om homself stewig te vestig aan die anderkant van die Jukskei, nadat hy ‘n kontrak met die Bulls onderteken het.

Vermeulen en Whiteley sal vir die Groen-en- Goue nommer 8-trui kompeteer, maar dit is iets wat hy eerder gebruik as motivering, “twee jaar gelede het hy vir die Stormers gespeel en ons het gereeld teen mekaar gespeel, dit is nie iets wat ek nou vreemd of anders beleef nie.”
“Ek is altyd gemotiveer-die feit dat hy nou hier langs ons vir ʼn buurprovinsie rugby speel, motiveer my nie minder of meer nie.”

Die Lions speel in hul openingswedstryd van die 2019-seisoen, op Saterdag 16 Februarie 2019 teen die Jaguares in Buenos Aires.

 

Related Posts

« »