Watse voordeel het die Pumas?

Jun 20 • General News, SuperSport Challenge • 2136 Views • Comments Off on Watse voordeel het die Pumas?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die onoorwonne iCOLLEGE Pumas speel Sondag in die Bill Jardine-stadion in Longdale teen die Valke vir die algehele eerste plek in die SuperSport-reeks.

Die Pumas is tans die enigste span in die kompetisie wat nog elke wedstryd kon wen terwyl die verdedigende kampioene, die Westelike Provinsie, een keer gelykop gespeel het.

Die Griekwas, die voorloper in die Sentrale streek, het een wedstryd verloor en indien die status quo in plek bly, behoort hulle derde te eindig.

Soos sake nou staan behoort die Pumas in ‘n kwarteindstryd teen of die Sharks XV-tal of die Blou Bulle te staan te kom.

Die groot vraag is egter of daar tuisveldvoordeel is vir die spanne wat die eerste paar plekke op die uiteindelike punteleer beklee.

Die Pumas het tans met 350 punte in net sewe wedstryde die meeste punte in die kompetisie aangeteken en die 123 punte wat hulle afgestaan het, is die tweede minste.

Hulle het ook met hul 47 drieë die tweede meeste drieë in die kompetisie gedruk en die 18 wat hulle afgestaan het, is die heel minste.

In enige ander kompetisie sou die Pumas ‘n tuis kwarteind-, halfeind- of eindstryd geniet, maar is almal steeds in die duister oor hoe die uitspeelrondes daar sal uitsien.

Gaan dié uitspeelrondes weer na plekke soos Oos-Londen, Oudtshoorn orf derglike gemeenskappe uitgerol word, of gaan Mpumalanga ‘n kans kry om een van die feesdae by hulle plaaslike gemeenskappe aan te bied?

Related Posts

« »