WEDSTRYDVERSLAG: Cell C Sharks v Steval Pumas

Jun 18 • General News • 3030 Views • Comments Off on WEDSTRYDVERSLAG: Cell C Sharks v Steval Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Wedstryd: Cell C Sharks vs Steval Pumas

Toernoooi: Inter-Provinsiale Kwalifiserende Rondte

Plek: Arborpark, Newcastle

Afskop: 17:00, 18 Junie, 2016

 

WEDSTRYDVERSLAG:

NEWCASTLE – Die feesatmosfeer in Arbor Park het beslis die besoekers uit die Laeveld geinspireer op kookwaterrugby te speel. Daar is van vroeg in die wedstryd af ‘n Steval Pumasstempel op die Haaie afgedruk.

 

Hoffmann Maritz het ‘n drieëfees begin, gevolg deur ‘n skitterende drie deur Reynier van Rooyen, wat geskep is vanaf hul eie doellyn, waarna Nardus van der Walt voor die 30ste minuut ook agter die doellyn gaan kuier het. Die Pumas se skopkoning, Justin van Staden het gesorg dat die telbord aanhou oortik. Vir die Haaie was dit Tristan Tedder wat met net twee strafskoppe sy span se punte kon byvoeg vir ‘n rustydtelling van 21-6 in die guns van die Steval Pumas.

 

Dit was die Sharks wat vroeg in die tweede helfte die punteverskil laat krimp het met ‘n drie deur die vleuel, Nkululeko Marwana (verdoel deur Tedder). Maar dit was die senior flank van die Pumas wat die bonuspuntdrie in dielaaste kwartier van die wedstryd kon druk met Van Staden in die kol met sy skopvoet. Jacques Kotzé het die laaste spiker in die Haaie se kis geslaan met sy drie en Van Staden se skopvet het gesorg vir die wentelling van 35-13.

 

* Die volgende kwalifiserende wedstryd vir die Steval Pumas is nie soos geskeduleer Saterdagmiddag 25 Junie te Mbombela Stadion nie, maar wel Vrydagaand, 24 Junie met die afskop om 17:00teen die OP Kings.

Kaartjies beloop R60/volwassene en R10/skolier.

 

Wedstryd verloop:

Eerste helfte:

Drieë:

Steval Pumas: Hoffmann Maritz, Reynier van Rooyen, Nardus van der Walt

Cell C Sharks:

 

Verdoelskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (3)

Cell C Sharks:

 

Strafskoppe:

Steval Pumas:

Cell C Sharks: Tristan Tedder (2)

 

Rustydtelling: 21-6 (Steval Pumas)

 

Tweede helfte:

Drieë:

Steval Pumas: Lambert Groenewald, Jacques Kotzé

Cell C Sharks: Nkululeko Marwana

 

Verdoelskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (2)

Cell C Sharks: Tristan Tedder (1)

 

Strafskoppe:

Steval Pumas:

Cell C Sharks:

 

Eindtelling: 35-13 (Steval Pumas)

Related Posts

« »