WENLOSE BULLS: IS JOHN MITCHELL SE GEDULD OP?

Mar 23 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 2782 Views • Comments Off on WENLOSE BULLS: IS JOHN MITCHELL SE GEDULD OP?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
JOHN MITCHELL, HOOFAFRIGTER VAN DIE BULLS ©jayjbotes.com

JOHN MITCHELL, HOOFAFRIGTER VAN DIE BULLS ©jayjbotes.com

Christchurch, Nieu Seeland

Na elke wedstryd soos die afgelope een teen die Crusaders, is perskonferensies die plek waar ons die geleentheid kry om vrae te vra aan die afrigter, die kaptein en soms een sleutelspeler.
Vandag was geen uitsondering nie en soos klokslag het ons ʼn klankopname van John Mitchell se onderhoud na die wedstryd gekry, nadat die Bulls die wedstryd met 33-14 verloor het teen die verdedigende kampioene, die Crusaders (rustyd 21-7).
Soms gedurende ʼn onderhoud, help dit om nie die spreker se gesig te sien as hulle praat nie en om te luister na die stemtoon wat die emosie weggee.
Om oor die algemeen na Mitchell te luister, verg konsentrasie. Hy praat soms in ʼn monotoon wat nie altyd die emosie binne-in hom weggee nie, soveel anders as sy voorgangers by die Bulls.
Maar vandag, as jy mooi geluister het, kon jy sweerlik tekens van die frustrasie in sy stem hoor gedurende die onderhoud in ʼn sopnat Christchurch.

Sky Sport: “12 tot 15 minute in die wedstryd in en die Bulls maak hul intensie duidelik soos teen die Chiefs, en skielik is die span sewe punte agter, hoe het die span hierop gereageer?”
Mitchell: ”ons het genoeg geleentheid gehad om iets te doen met die dryfbewegings, maar ons het nie en daarna het ons onsself oorspeel in die middelveld en as jy die toestande op die veld in ag neem en die druk wat die Crusaders teen ons begin opbou het, het dit reg in die hande gespeel van die span wat die beste rolmaalbewegings kan doen in hierdie kompetisie. Jy kan nie bekostig om dit te doen op ʼn aand wanneer hierdie toestande op die veld heers nie. Ons moes punte aanteken aan die begin met ons eie rolmaalbewegings, maar dit het nie gebeur nie.

Sky Sport: “Daar was ten minste vier geleenthede om punte aan te teken met strafskoppe, tog het julle dit nie gedoen nie, wou julle op ʼn ander manier speel?”
Mitchell: “ons wou eerstens konsentreer op ons vaste spel en dit dan uit balanseer met balverspreiding en skopwerk. Ons wou skopwerk gebruik om druk op hulle uit te oefen en ons het dit nie reggekry nie. Dit was dalk ʼn bietjie naïef, maar jy kan nie fout vind met die wil om te speel nie. Ons sal moet leer dat in die kondisies soos hierdie te speel sonder die bal en om druk op die opposisie te skep aan die ander kant van die speelveld.

Sky Sport: “Hoe moeilik was dit gewees om in hierdie toestande te speel, komende van die hoëveld af?”
Mitchell; “Ja, ons speel nie gereeld in sulke toestande nie (verleë laggie) en dit beslis nie toestande waaraan die spelers gewoond is nie, maar ons maak geen verskonings nie. Ons het goed begin, het nie munt getrek uit ons besit nie en het te veel druk in die middelveld toegepas sonder om die bal agter hulle te plaas. Hulle het die beste posisie op die veld gehad…hulle is ʼn bleddie goeie span met die rolmaal bewegings.”

Sky Sport: “Waar dink jy is die Crusaders op hul kwesbaarste?”
Mitchell: “Jesus, dis ʼn goeie vraag! Ons het op ons eie planne gekonsentreer en besef dat ons hulle sou moes uitwerk uit hul eie wedstrydplan, dit was ongelukkig nie ʼn droë speelveld nie. As dit droog was, sou ons meer en beter rugby gesien het aan beide kante.”

Sky Sport: “ Wat moet spanne doen om die Crusaders hier te klop, veral Suid Afrikaanse spanne?”
Mitchell; “ Ek dink nie dis net Suid Afrikaanse spanne wat sukkel om hier te wen nie. Daar is baie ander spanne wat nie hier wen nie, ons het almal verskillende sterkpunte en ons sal gewoond moet raak aan hoë speltempo. Dit is nie eie aan ons spel nie. As jy oplet hoe die voorspelers met die agterspelers integreer, is dit een van die afdelings waar ons ver te kortskiet. Nieu Seelandse spelers het hierdie kuns vervolmaak en dan neem hul nog goeie besluite om in alle aspekte van die spel te integreer.

Sky Sport: “Hoe voel jy oor die vordering al dan nie wat gemaak word, verlede naweek was julle vir 15 minute niks minder as verstommend nie?”
Mitchell: “Daar is ʼn merkbare gaping tussen waar ons nou is en waar ons wil wees en ons sal altyd gemeet word aan uitslae, maar as jy ʼn bietjie dieper delf sal jy vind dat daar besliste groei is. Ons sal vinnig moet leer en verstaan hoe die spel ontwikkel in hierdie kompetisie. Ons gaan nou terug na ons tuiste toe en ons speel die volgende vyf wedstryde op eie bodem. Ons kan dit wat ons geleer het toepas op ons eie omstandighede en omgewing, hopelik in gemaklike omstandighede. Ek is regtigwaar beïndruk met die spelers se houding, hul werksetiek en ek sal nou die frustrasie van hulle af moet weghou. Dit is belangrik as jy groei en jy is ʼn jong spelers. Ek sal geduldig moet bly en hulle ondersteun in hul ontwikkeling.”

Mitchell en sy span is op pad terug na hul geliefde Loftus Versveld waar die bestuur van die Blou Bulle hopelik hul politiek uitgesorteer het met ‘n nuwe president aan boord.
Hulle is wenloos en bonuspuntloos op pad terug nadat hulle 20-14 teen die Reds en 41-28 teen die Chiefs verloor het.

Hulle is tans 13de op die punteleer met slegs vyf liga- punte.

Volgende naweek speel hulle tuis teen die Stormers terwyl die Crusaders die Lions in Johannesburg die stryd aansê, in wat beskou kan word as ‘n herontmoeting van die kompetisie se finaliste van 2017.
Die Bulls gaan elke bietjie hulp nodig hê wat beskikbaar is om die ligte aan te hou en die pawiljoene vol te kry by Kirknesstraat.

Simon Riekert (#paletoe @Nader_pale_toe)

Related Posts

« »