Wie soek die groener weivelde op, wie is die reier, wie is die padda?

Apr 11 • School, Varsity & Club, Varsity Cup • 3454 Views • Comments Off on Wie soek die groener weivelde op, wie is die reier, wie is die padda?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Varsity Cup 2013 Tukkies vs Maties by Anton Geyser

Wie soek die groener weivelde op, wie is die reier, wie is die padda?

Geskryf deur Fanus Prinsloo

Die afgelope Maandagaand se Varsity beker finaal tussen Maties en Tukkies is bietjie ontleed aan die hand van die voedersbronskole van die individuele spelers van elke span.

Tukkies het gemaklik gewen en het met hulle professionele benadering, nie net in die aanloop tot die finaal nie, maar ook in die finaal beindruk.

Is dit pure toeval dat daar so ‘n reuse verskil was in die wedstryd of het Tukkies wel goeie huiswerk en voorbereiding gedoen om dit so maklik te laat lyk?

Vir my was die uitslag geen verassing gewees nie, in oënskou geneem my konserwatiewe lae superbru “pick” van 20 vir Tukkies.

Tukkies het reeds beklemtoon dat die beker moeilik van hulle af weggeneem gaan word in die tweede helfte van hulle eerste wedstryd teen Pukke op die Fanie du Toit sportsgronde in Potchefstroom, toe hulle ‘n groot agterstand uitgewis het, en amper gewen het.

Wat die res van die seisoen aanbetref het hulle deurgaans aanvallende hardlooprugby gespeel en nuwe dinge probeer. Spelerskontinuiteit was hulle nie beskore nie as gevolg van beserings en verpligtinge hoër op op provinsiale vlak.

Hulle moes staat maak op patroonrugby waarby enige nuweling wat instap by moes aanpas. Daarteenoor was die Maties telkemale onder druk, en moes hulle deurentyds verdedigingsrugby speel.

Hulle is selde toegelaat om totale beheer van wedstryde oor te neem en hulle eie karakter af te dwing.

Hulle het welliswaar baie van  hulle wedstryde verdedigend gewen. Die wal moes egter op ‘n stadium breek, en dis presies wat gebeur het in die finaal wat Tukkies met 44 – 5 gewen het.

Die Maties en hulle ondersteuners was ongelukkig vasgevang in ‘n louwater illusie, dat hulle moet wen op Coertzenburg aangesien hulle dan al hulle wedstryde gewen het. Maties het inderdaad in al hulle wedstryde voorgeloop toe die eindfluitjie geblaas het, maar weinig van hulle “gewen”.

Kyk ons na die voedersbronskole van die twee spanne, kom daar 21 van die 46 spelers, dit is amper helfte, uit die Westelike Provisie uit. Van die 21 speel 14 vir die Maties en 7 vir Tukkies.

Die wat vir Tukkies speel is volgens my sleutelspelers en behoort almal eendag groot rugby te speel, onder andere Clayton Blommetjies, Handre Pollard, Cournall Skosan en Marvin Orrie.

Hou hierdie jong manne maar dop. Slegs 13, waarvan 11 in Tukkies, kom uit die Bulle se kontrei uit, en nou tel ek Mike Williams wat van Bulawayo af kom onder die Bulle se geledere.

Clearance Khumalo van Rob Ferreira en Jan de Klerk afkomstig van Waterkloof het groener weivelde in die Kaap gaan soek. Die Haaie het vier verteenwoordigers in die finaal gehad (drie by Maties), die Cheetahs, Leeus en Kings onderskeidelik drie, drie en twee.

Wat die skole aanbetref spog Paul Roos met die grootste verteenwoordiging (6), gevolg deur Paarl Gim (5), Boishaai (4), Affies (4), Waterkloof, Nelspruit, Grey en Glenwood elkeen twee. 19 van die 46 spelers (41%) kom uit slegs vier skole uit, Paul Roos, Paarl Gim, Boishaai en Affies.

Dit sal interessant wees om die ander Universiteite te ontleed. Kovsies, oftewel Shimlas, bestaan seker uit heelwat Grey College seuns, terwyl Ikeys seker ook ‘n klompie spelers van die top skole het. Waar kom NMMU, UJ, Pukke en Wits se spelers vandaan? Hoe dit ookal sy, dit blyk dat kruisbestuiwing gesond is vir ‘n span wat wil bo uitkom.

Sodoende word ondervinding gekweek en opsies uitgebrei. Entoesiasme, innovasie en spoed waarmee dit gedoen word is ‘n voorvereiste van administrateurs om talent op ‘n vroeë ouderdom raak te sien, en dan die geleenthede te bied vir die spelers om dit verder te neem.

Ander spelers wat beindruk het in die finaal is Piet Lindeque, Danie Faasen, Jono Ross, Shaun Adendorff en Mbongeni Mbonambi. Die Maties was onder soveel druk dat ‘n ster soos Reniel Hugo op die ou einde glad nie sy stempel kon afdruk nie.

JH Potgieter het ‘n mooi breuk of twee gehad maar dan weer onder druk foute begaan. Tukkies was op die ou einde die groot blou reier wat die louwarm Matie-padda soos fynvleis en frikkadelles afgesluk het.

So lyk die spanne, hulle skole en die konsessie waarin alkeen op Hoërskool was.

MATIES TUKKIES
Craig Barry (Paul Roos) Stormers 15 Clayton Blommetjies (New Orleans S.S.S) Stormers
Clearance Khumalo (Rob Ferreira High School) Bulle 14 Vainon Willis (Waterkloof) Bulle
Mark Hodgkiss (Queens College) Kings 13 Piet Lindeque (Grey College) Cheetahs
Ryan Nell (Paarl Gym) Stormers 12 Handre Pollard  (Paarl Gim) Stormers
Dean Hammond (Selbourne College) Kings 11 Courtnall Skosan  (Brackenfell High School) Stormers
JH Potgieter (Paarl Gym) Stormers 10 Willie du Plessis (Affies) Bulle
James Alexander  (Hilton College) Haaie 9 Danie Faasen (Affies) Bulle
Reniel Hugo (Paul Roos) Stormers 8 Jono Ross (captain) (St Stithians College) Leeus
Lungelo Chonco  (Maritzburg College) Haaie 7 Jacques Verwey (Middelburg hoër) Bulle
Helmut Lehmann (captain) ( Paarl Gym) Stormers 6 Shaun Adendorff (Glenwood High) Haaie
Wilhelm van der Sluys (Paarl Boys High) Stormers 5 Marvin Orie (Tygerberg) Stormers
Jan de Klerk (Waterkloof) Bulle 4 Mike Williams (Christian Brothers College (Bulawayo)) Bulle
Os Hamman (Paul Roos) Stormers 3 Basil Short (Standerton Hoërskool) Bulle
Charl de Villiers (Paul Roos) Stormers 2 Mbongeni Mbonambi (St Alban’s College) Bulle
Alister Vermaak (Hentie Cilliers High) Cheetahs 1 Juan Schoeman (Affies) Bulle
Frederik Kirsten (Paarl Boys High) Stormers 16 Jaco Visagie (Augsburg) Stormers
Neil Oelofse (Glenwood) Haaie 17 Sabelo Nhlapo (Highlands North Boy’s High) Leeus
Reuben Johannes (Paul Roos) Stormers 18 Schalk Van Heerden (Affies) Bulle
Beyers de Villiers (Paarl Boys High) Stormers 19 Wiaan Liebenberg (HTS Drostdy) Stormers
Jean Nel (Paarl Boys High) Stormers 20 Emile Temperman (Nelspruit Hoër) Bulle
Dean Grant (Rondebosch) Stormers 21 Christopher Bosch (Paarl Gym) Stormers
JP Lewis (Paul Roos) Stormers 22 Riaan Britz (Grey College) Cheetahs
Brendan Pitzer (Edenglen High) Leeus 23 Christoph Gouws (Nelspruit Hoër) Bulle

 

Related Posts

« »