IS DIT RUGBY SE TEKENS VAN DIE TYE? #PaleToe

Feb 5 • Blitz Bokke, General News, International, Pale Toe, Sevens Rugby, Sevens World Series, World Rugby • 2501 Views • Comments Off on IS DIT RUGBY SE TEKENS VAN DIE TYE? #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van # Pale toe! vra vandeesweek:

Is tye is besig om te verander, en een van die grootste wense van ‘n rugby ondersteuner besig om waar te word, naamlik dat nie alleen spelers nie, maar ook skeidsregters tot openbare verantwoording geroep word oor hul blapse?

Gaan meer skeidsregters in die bek geruk word? Gaan ondersteuners se groot frustrasie met die “untouchables” uiteindelik regverdige behandeling kry?

‘n Duidelik teleurgestelde Niel Powell, afrigter van die Blitsbokke het verlede Sondag-aand dapper probeer voorkom tydens die mediakonferensie, nadat die Nieu Seelanders die Blitsbokke met 25-21 geklop het in die eindstryd by hul tuis toernooi.

“Ons word nie ingetrek by bespiegelings en kritiek oor skeidsregters nie, maar ons sal ‘n gesprek met hulle (die skeidsregters) hê“, het Powell gesê.

“Kom ons noem dit maar teenspoed. Dit was só met die beslissings die hele naweek lank.”

Powell was baie diplomaties en het eerder gesorg dat hy sy span loof vir hul vasbyt, veral teen die span se Nemesis, die Fidjiane wat Sondag nie een punt kon aanteken teen die Suid Afrikaners nie.

Die gebore Nieu Seelander Matt O’Brien en seun van die Internasionale Sewes skeidsregtersbaas, Paddy, het die Blitsbokke se gruwelik verneuk, twee keer die naweek.

Die eerste keer was tydens die uistspeelrondtes, toe Suid Afrika en Nieu Seeland kragte gemeet het en die tweede tydens die eindwedstryd.

Seabelo Senatla het, met ‘n minuut oor en nadat die All Blacks op die agtervoet was in hul eie gebied, die voordeellyn met pure spoed oorgesteek. ‘n Goeie duikslag het die bal uit sy hande laat spat, maar Senatla het gesorg dat dit agterwaarts, in die hande van Cheslin Kolbe beland. Kolbe was al besig om spoed te verminder op pad doellyn toe, toe ‘n skaapagtige glimlag op O’Brien se gesig bevestig het dat hy meen die bal was vorentoe aangeslaan.

Die kyk-weer het uit ‘n ander hoek bevestig dat O’Brien ‘n onvergeeflike oordeelsfout begaan het.

Hy het die Blitse met 9 teenoor 1 strafskoppe gelooi, nadat hulle op ‘n stadium 21-7 voor was.

Die laaste strafskop het aan Joe Webber die geleentheid gegee om te gaan druk en die koeël was deur die kerk. Nieu Seeland het onverdiend met 25-21 die wedstryd en die Wellington kompetisie gewen.

Brendan Venter, voormalige Springbok en afrigter by Saracens het Sondag getwiet dat O’Brien se optrede ‘n ondersoek verg.

Venter, bekend vir sy uitgesprokenheid het verlede Saterdag na afloop van die uitspeelwedstryd teen Nieu Seeland só gereageer: “What is his name and where does he come from. Not just 1 call. 6. 3 in the last play. Match fixing? He must be investigated.”

Dit het daartoe gelei dat O’Brien, Tappe Henning en Powell Woensdag ‘n video oorsig van die wedstryd gehad het. Henning is ‘n Wereld Sewes assessor. Kort hierna het O’Brien se apologie aan Powell en sy span gevolg.

Wat opval is dat daar teen verlede Dinsdag reeds goed ingeklim was onder die O’Briens en die Sewes se Wêreld Bestuur.

Mark Reason, ‘n gerespekteerde Nieu Seelandse sportjoernalis het kaalvuis ingeklim:

“The whole charade was an embarrassment and it made you wonder two things. Does the sevens circuit covertly endorse home town refereeing in order to boost ticket sales. And was the appointment of the referee for Sunday’s final as neutral as those of us who just love sport have a right to expect.

“When stuff like this goes on, it is almost impossible to avoid the charge of nepotism. There is no way that Paddy O’Brien should be in a position of power when his son is a likely candidate. There is no way that Matt O’Brien should officiate New Zealand matches when he is clearly a Kiwi. Both then become hostages to misfortune.” (www.stuff.co.nz)

Intussen is O’Brien weer aangestel om die naweek in Sydney te blaas, maar geen Blitsbok wedstryd in die uistspeelrondtes nie. O’Brien senior het ook nie gereageer op vrae hoekom sy seun nog op die paneel van Sewes blasers is nie

Maar Australië, waar hy tans woon, het hom van hul Superrugby paneel afgeskop weens sy swak prestasies in 2014 en 2015.

Was hierdie ingryping ‘n werklike poging om skeidsregters se integriteit te red, of maar net weer ‘n skynheilige optrede van die rugbygode?

 

Hier is die Blitsbokke se rondomtalie wedstryde:

02h44: SA vs. Skotland
06h02: SA vs. Rusland
10h05: SA vs. Kenia

 

GROEP:

  1. Chris Dry (47 Wereld reeks toernooie)
    2. Philip Snyman (kaptein, 33)
    3. Carel du Preez (4)
    4. Kwagga Smith (18)
    5. Sandile Ngcobo (1)
    6. Francois Hougaard (3)
    7. Cheslin Kolbe (DHL Westelike Provinsie, 11)
    8. Dylan Sage (2)
    9. Tim Agaba (0)
    10. Rosko Specman (8)
    11. Seabelo Senatla (22)
    12. Juan de Jongh (DHL Westelike Provinsie, 4)

Related Posts

« »