WEDSTRYDVERSLAG: Steval Pumas vs EP Kings

Jun 25 • General News • 1235 Views • Comments Off on WEDSTRYDVERSLAG: Steval Pumas vs EP Kings

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Wedstryd: Steval Pumas vs EP Kings

Toernoooi: Inter-Provinsiale Kwalifiserende Rondte

Plek: Mbombela Stadium, Nelspruit

Afskop: 17:00, 24 Junie, 2016

 

WEDSTRYDVERSLAG:

MBOMBELA – Die wedstryd hier op Mbombela Stadion tussen die Steval Pumas en EP Kings het soos oudergewoonte op ‘n hoë noot begin na Yaw Penxe, vleuel van die Kings in die tweede minuut ‘n onderskep drie gaan druk het. Michael Brink kon nie die addisionele punte bydra nie.

 

Dit was egter die laaste sien van die bal vir die besoekers na die Pumas ongelooflike spel tussen voor en agterspelers opgelewer het. Frank Herne het na ‘n goeie dryfmaal sy eerste drie van die aand gedruk, waarna Justin van Staden nie net die drie verdoel het nie, maar ook sommer ‘n minuut later ‘n strafskop deur die pale gejaag het. Herne het sy tweede drie in die 18de minuut gedruk met Van Staden wat se skopvoetkorrel op koers was.

 

Brink het in die 23e minuut weer ‘n geleentheid gekry paletoe en nog drie punte vir sy span op die telbord geskop, maar vandaar af was dit weer die Pumas wat die bal in hand gehou het en met goeie interspel briljante rugby opgelewer het op ‘n ietwat natterige veld. Die Kings se losskakel, Courtney Winnaar en haker Warrick Venter is met ‘n geelkaarte gestraf. Maar dit was ‘n helfte vir Pumas-voorspelerdrieë met De-Jay Terblanche en Lambert Groenewald wat die bonuspuntdrie in die 38e minuut gedruk het en Van Staden was akuraat vir die rustydtelling van 29-8.

 

Dit was weer Penxe wat vir die Kings ‘n baie sagte drie in die tweede minuut van die tweede helfte gedruk het en diekeer was Brink akkuraat met sy skopvoet om die telling nader te laat kruip. Reynier van Rooyen kort hierna met ‘n geelkaart laat afkoel waarna Courney Winnaar ver moes hardloop vir sy onderskepdrie. Brian Shabangu het sy drie gedruk waarna Groenewald weer oor die kalklyn kon rek in die 61ste minuut. Reuben Johannes het sy eerste drie in ‘n Pumatrui gedruk en Van Staden het die telbord net weer laat oortik. En toe kom Deon Helberg en wys sy bene is nog vol spoed vir sy drie in die 75ste minuut met Van Staden wat die kisspykers net verder ingeslaan (of te wel, skop) het.

 

Die Pumas het die wedstryd met 53-20 gewen.

 

 

Wedstryd verloop:

Eerste helfte:

Drieë:

Steval Pumas: Frank Herne (10min, 18min), De-Jay Terblanche (31min), Lambert Groenewald (38min)

EP Kings: Yaw Penxe (2min)

 

Verdoelskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (3) (11 missed)

EP Kings: Michael Brink (missed 1)

 

Strafskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (14min)

EP Kings: Michael Brink (1)

 

Rustydtelling: 29-5 (Steval Pumas)

 

Tweede helfte:

Drieë:

Steval Pumas: Brian Shabangu (55min), Lambert Groenewald (61min), Reuben Johannes (69min)

EP Kings: Yaw Penxe (43min), Courtney Winnaar (intercept try 59min)

 

Verdoelskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (missed 2) (1)

EP Kings: Michael Brink (1

 

Strafskoppe:

Steval Pumas:

EP Kings:

 

Eindtelling: 53-20 (Steval Pumas)

 

Foto:

Reuben Johannes druk sy eerste drie vir die Steval Pumas in hulle weghol-oorwinning van 53-20 oor die EP Kings op Mbvombela Stadion. Foto: Riaan Swanepoel | Steval Pumas

Related Posts

« »