Vodacombeker opwarmingswedstryd teen die Kings

Mar 5 • General News, Vodacom Cup • 2771 Views • Comments Off on Vodacombeker opwarmingswedstryd teen die Kings

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

  

Hoewel die Vodacombeker-kompetisie hierdie naweek met vier wedstryde vir die 2015-seisoen afskop, sal die Toyota Vrystaat Cheetahs XV se ondersteuners tot Vrydag 20 Maart moet wag om te sien hoe húl span vanjaar gaan vaar.

 

Die Vrystaters is weer in die Suidelike Afdeling ingedeel, maar vanjaar sal ons westelike buurman, Griekwas, wat die Vodacombeker in 2014 ‘n vyfde keer ingepalm het en tóé in die Noordelike Afdeling gespeel het, óók in dié afdeling meeding.

 

Die Namibiese span, Welwitchias, sal vanjaar in die plek van die Keniaanse span aan die kompetisie in die Noordelike Afdeling deelneem, daarom dat Griekwas nou in Suide die Vodacombeker moet verdedig.

 

Die indeling van die twee afdelings is:

 

Noordelike Afdeling – Blou Bulle, Goue Leeus, Griffons, Luiperds XV, Limpopo Blou Bulle, Pumas, Valke, Welwitschias .

 

Suidelike Afdeling – Boland Kavaliers, Grens Bulhonde, OP Kings, Toyota Vrystaat XV, Griekwas, Haaie XV, SWD Arende, Westelike Provinsie.

 

Die Toyota Vrystaat XV se Vodacombeker-program is:

 

20 Maart – SWD Arende (George); 28 Maart – Boland Kavaliers (Clive Solomon-stadion, Heidedal); 11 April – Haaie XV (Kokstad-rugbyklub); 18 April – OP kings (Vrystaat-stadion, Bloemfontein);  25 April – Grens Bulhonde (BCM-stadion, Oos-Londen); 2 Mei – Westelike Provinsie (Vrystaat-stadion, Bloemfontein); 9 Mei – Griekwas (GWK-park, Kimberley); 15 Mei – Kwarteindrondte; 22 Mei – Halfeindrondte; 30 Mei – Eindstryd.

 

Die Toyota Vrystaat Cheetahs XV span wat op Vrydag, 6 Maart om 19:00 teen die Kings speel se span in die Nelson Mandela Baai Stadionin Port Elizabeth speel, lyk soos volg:

 

1

Caylib Oosthuizen

2

Ryno Barnes (K)

3

Luan de Bruin

4

SJ Roux

5

Devon Oosthuisen

6

Wayven Smith

7

Jasper Wiese

8

Vince Jobo

9

Shaun Venter

10

Coenie van Wyk

11

Elvin Brandt

12

Joubert Engelbrecht

13

JP du Plessis

14

Lorenzo Gordon

15

Sino Ganto

16

Joseph Dweba

17

George Marich

18

Armand Du Preez

19

Johan Grundlingh

20

Louis Venter

21

Noel Marx

22

Enver Brandt

23

Reinardt Erwee

24

Henco Greyling

25

Peet Coetzee

26

Renaldo Meyer

27

Kevin Stevens

 

Related Posts

« »