AANKONDIGING VAN DIE SPRINGBOKAFRIGTER #PaleToe

Apr 12 • General News, International, Pale Toe, Springboks • 2705 Views • Comments Off on AANKONDIGING VAN DIE SPRINGBOKAFRIGTER #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert #paletoe- Randburg

SARU het vandag die naam van die nuwe Springbok breier onthul tydens ‘n mediakonferensie by die Supersport ateljee in Randburg.

Allister Coetzee sal die Bokke vir die volgende vier jaar afrig en hy word bygestaan deur Mzwandile Stick as assistent afrigter.

Die aankondiging is gedoen deur Oregan Hoskins, President van SARU.

Hy het gesê dat dit ‘n eenparige besluit was en dat daar gewag is vir die aankondiging van die aanstelling sodat sy Japannese kontrakvoorwaardes uitgesorteer kan word.

Hy sal bygestaan word deur twee assistente Mzwandile Stick (agterlyn afrigter) en Johann van Graan (voorspeler afrigter).

Die span bestuurder is Ian Schwarz wat ook in Heyneke Meyer se bestuurspan was.

“Ek is dankbaar vir SA Rugby se vertroue in my en ek sien uit daarna om die Springbokke af te rig”, het Coetzee gesê.

“Ek is reg vir die Iere wat binnekort hier aankom en ek glo ons het die spelers om hulle te klop. Ons sal ook goed doen in die ander internasionale wedstryde later vanjaar.

“Ek voel só oor die aanstelling: as dit moes gebeur, sou dit en ek het nooit die pos nagejaag nie, nou is ek dankbaar vir die geleentheid.

Hy het gesê dat die assistente moet inkoop in die Bokspan se afrigting en dat hy gaan bly by fisiese rugby wat eie is aan ons spel.

“Ons gaan slimmer speel, meer bal- in- hand en in die wyer kanale.

“Mzwandile Stick het goed gevaar op 0-19 vlak en hy was ‘n Sewes Springbok, ek sal seker maak dat hy suksesvol is met sy afrigting.

“My voorganger (Heyneke Meyer) het jong talent deurgebring en ek sal met hom praat oor my idees. Hy is ‘n waardevolle bron.

“Die mobi-eenheid van Rassie Erasmus het goeie werk gedoen en ek sal enigiemand gebruik wat die Springbokke se spel sal bevoordeel.

“Die kapteinskap is oorbeklemtoon deur ons as Suid Afrikaners en ek sal met spelers praat, ek sal seker maak dat hy inpas in die profiel wat ek in gedagte het en dat hy help om Toetse te wen…om hom te identifiseer sal ek plaaslik en internasionaal met spelers praat.

“Transformasie is nie vir my ‘n faktor nie, dis ‘n nasionale afrigter se verantwoordelikheid om die diversiteit uit te bou, ek het baie by die Stormers geleer en hulle uitgebou tot waar hulle vandag is.

“Ek sien dit as ‘n positiewe en vra dat die gemeenskap my sal ondersteun in ons pad vorentoe want dis ons land se span.

Coetzee het ook gese dat hy oraloor goed ontvang is en regkom met afrigters, “selfs in Pretoria en Johannesburg”, het hy bygevoeg.

Coetzee en sy span sal die volgende paar dae intensief werk aan voorbereiding vir die internasionale seisoen wat binnekort aanbreek.

Foto: Anton Geyser / Rugby 15

Related Posts

« »