Aanwinste vir Boland Kavaliers span

May 14 • General News, National, South Africa • 6166 Views • Comments Off on Aanwinste vir Boland Kavaliers span

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

AANWINSTE VIR REGENT BOLAND KAVALIERS

Met die Absa Curriebeker se Eerste Divisie kompetisie wat die laaste naweek van Junie (29/06/2013) afskop, het die Regent Boland Kavaliers verskeie spelers geteken om die leemtes te vul, wat in die groep gelaat is as gevolg van beserings in sleutelposies.

Die volgende spelers sal binnekort by die res van die oefengroep aansluit:

Sabelo Nhlapo                  (stut, Tukkies)

Wynand Pienaar              (veelsydige agterspeler, Tukkies)

JC Astle                                (slot, Shimlas)

Rynard Erwee                    (senter, Shimlas en Griffons)

Len Olivier                          (losskakel, US Colomiers in  Frankryk en voorheen by die Blou Bulle en Valke)

 

Die Kavaliers het ook besluit om vir Ulrich Pretorius (haker/flank, NMMU) te kontrakteer, nadat hy beïndruk het as leenspeler tydens die laaste paar wedstryde van die Vodacombeker kompetisie.

Verder bestaan daar ook ‘n moontlikheid dat die WP skrumskakel Ricky Schreuder op ‘n leenbasis by die Kavaliers kan aansluit vir die Curriebeker seisoen.

Die Kavaliers betree tans ‘n 5-week beplanningsfase voor die afskop van die Curriebeker-kompetisie. Die span trek Sondag 19 Mei saam in die Weskus vir ‘n oefenkamp en presies ‘n maand later, op 19 Junie, beoog die Kavaliers om ‘n oefenwedstryd te speel teen die WP o.21 span.

Volgens die Boland Rugby Unie se Hoof Uitvoerende Beampte, mnr Willie Small, is die span en bestuur “baie opgewonde oor die nuwe aanwinste, ten einde ons Curriebeker groep versterk aangesien ons doelwitte daargestel het om te verbeter op verlede jaar se resultate.

“Ons wil graag, as ‘n eerste doelwit, kwalifiseer vir die semi-finaal van die (Curriebeker Eerste-liga) kompetisie en ook ‘n sterk aanspraakmaker wees om die kompetisie te wen”.

 

Related Posts

« »