ALAN ZONDAGH BRING HOOP VIR DIE BULLE

Dec 12 • General News, Pale Toe, South Africa, Super Rugby, Super Rugby News • 1690 Views • Comments Off on ALAN ZONDAGH BRING HOOP VIR DIE BULLE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Pote Human (Hoofafrigter Bulls en Blou Bulle), Willem Strauss (President BBRU) en Alan Zondagh (Direkteur Rugby BBRU) Foto: Pale Toe

Pote Human (Hoofafrigter Bulls en Blou Bulle), Willem Strauss (President BBRU) en Alan Zondagh (Direkteur Rugby) Foto: Pale Toe

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

-Simon Riekert Loftus Versveld

“Ek wil stabiliteit na die Bulle toe bring, want ek is ʼn baie kreatiewe denker oor rugby, ek aanvaar nie net die norm nie en ek dink ek en Pote gaan uit die staanspoor ʼn baie goeie verhouding hê.

“Ek sal baie help met die strukture en om die afrigters beter vaardighede aan te leer.
“Ek het ʼn oog vir talent.”

So praat die pas aangewese Direkteur van Rugby van die Bulle, ALAN ZONDAGH.
Zondagh en Pote Human is Dinsdag bekendgestel aan die media in hul nuwe poste; Human sal die Bulls in 2019 afrig.

“Ek was verbaas oor John Mitchell se sukses met die Bulls in so ʼn kort tyd, hy het die spelers se uitkyk op die spel drasties verander en ek het nie gedink hy gaan dit so vinnig regkry nie.
“Mense is ongeduldig, hulle wil wen, maar hy (Mitchell) het ook iets begin waarmee die spelers wil aangaan en dit sal Pote en my werk wees om daarop voort te bou en aanhou met sy formules, ek verstaan wat John gedoen het, ek ken hom baie goed.”
“Ons sal dit wat Pote wil hê ons moet inmeng van Mitch se resep, inbring en die span so laat speel.”

Zondagh meen dat die Bulls vir die eerste keer in ʼn lang tyd ʼn basis het om van te werk en die afrigters wil nie die spelers ontwrig om weer met ʼn nuwe spelpatroon te eksperimenteer nie.
“Ons gaan stadigaan ons flavour op die Bulls se manier van speel afdruk.”

Groot woorde van ʼn befaamde afrigter, wie onder andere die WP span afgerig het in 1993 tot 1996 en daarna ʼn draai by Saracens gaan maak het tot aan die einde van 2001.

Zondagh meen dat daar baie goeie afrigters in die Bulle se sisteem is; “almal moet betrek word om die beste talent na vore te bring, hulle moet almal die geleentheid hê om spelers met spesiale potensiaal te identifiseer.”

Hy wil die sisteem waarby talentvolle spelers geïdentifiseer word, verander; “Xander Janse van Rensburg (hoëprestasie bestuurder) gaan seker maak dat ons spelers met potensiaal in die hande gaan kry en dat die regte kontrak met hom geteken word.

“Ek gaan ʼn werwingskomitee hê wat saam met Xander gaan werk wat uitkyk vir talent en om mense te identifiseer wat die SuperRugbyspan sterk sal hou.”

Zondagh wil hê dat die eerste en tweede beste spelers in ʼn posisie mekaar die hele tyd moet opdreun, “ ons is bevoorreg om in die skakelposisies, uitstekende spelers te hê, Pollard is ʼn Springbok, maar Manie Libbok is net so ʼn goeie speler wat opgang maak, so is van Zyl en Papier op skrumskakel, twee ongelooflike goeie spelers wie mekaar moet druk vir ʼn plek in die SuperRugbyspan.”

Hy wil hê dat die top-30 spelers kompeterend moet bly om die standaard daar te stel sodat daar nie ʼn insinking is as ʼn afrigter of ʼn groep spelers die unie verlaat nie.
“Daar gaan spelers gekoop word en oorsee gaan, maar ons moet voorbereid wees daarop.”

Soos met ander unies, was die Bulle oor gekontrakteer met jong talent wie bitter min speelkans gekry het, “ ek dink ons het te veel spelers wie nie verder in die stelsel sal vorder nie, want ek wil hê dat spelers die potensiaal moet hê om SupeRrugby te kan speel, en indien hy dit nie maak nie, moet hy vrygestel word van sy kontrak.”

“As ons op daardie stadium ʼn verkeerde besluit maak en hy drie-vier jaar later ʼn Curriebeker vir hulle wen, dan is dit so, you win some, you lose some.”
“As ons keuringskomitee die regte keuses maak, gaan ons die regte talent identifiseer en die unie baie sterk maak vorentoe,” was sy mening.

Zondagh sal tot aan die einde van 2021 by die Bulle gekontrakteer wees

Related Posts

« »