Barloworld Hoërskool Waterkloof Sport Festival 2 April 2012

Apr 4 • School, School Rugby Festivals • 2376 Views • Comments Off on Barloworld Hoërskool Waterkloof Sport Festival 2 April 2012

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Klofies kraai koning

Carli Koch

Tygerberg van Uitenhage in die Oos-Kaap het Waterkloof van Pretoria in die laaste minute van die wedstryd op hulle tone gehad deur Kloof wat net-net met 20-19 gewen het. Die onderskeie spanne het in die tweede dag van die Barloworld Sportfees by Waterkloof gespeel.

Die tiere van Tygerberg het goeie duikslae uitgeoefen en met baie omgekeerde balbesit gespeel. Die feit dat Klofies ’n week terug die wit bulle van Afrikaanse Hoër Seunskool gewen het, het die Tiere nie in die minste afgeskrik nie.

Die tuisspan se losskakel, Kobus Marais, het in die eerste vyf minute ’n strafskop deur die pale geskop. Marais het in die 27ste minuut nog drie punte vir sy span op die telbord aangeteken. Die bloues het na ’n hele paar probeer slae, uiteindelik ’n spasie deur die magtige voorspelers van die tiere gesien en kort voor die fluitjie van die eerste helfte geblaas het, het die flank, Sean Pike, ’n drie in die hoek gedruk.

Die Pretorianers was met rustyd 13-0 voor.

Wat ookal die Tiere se afrigters, Craig Hale en JC van Heerden vir hulle span in die 10 minute breek gesê het, het gesorg vir goeie skole rugby deur die Kapenaars.

Die besoekers se vleuel, Nicol Jansen, het in die 58ste minuut ’n drie gaan druk. Hulle losskakel, Deno van Rensburg, het die doelskop regs verby die pale geskop. Vier minute later het Jansen sy tweede drie met vinninge voete aangeteken.

Klofies se Stephan Smit het egter die telling vergroot en in die laaste twee minute ’n drie aangeteken. Marais het die bal oor die dwarslat geskop.

Dit was vir albei spanne ’n naelbyteinde deur die Tiere se Shane Grundlingh wat aan die linkerkant van die doellyn ’n drie gaan druk het. Van Rensburg het ’n verdere drie punte deur ’n uitstekende skop van die linkerkantlyn, oor te skop.

Die besoekers kan gerus met ’n positiewe gesindheid Woensdag op die veld draf as hulle Hoërskool Sentraal van Bloemfontein aanvat. Sentraal het teen Brandwag op die tweede dag vasgeval.

Ander wedstryde:

  • In die eerste wedstryd van die dag het Merensky, in ‘n beter vertoning as Saterdag, met 31–15 teen Jim Fouché XV geseëvier.  Veral die buitesenter, Dian van Rooyen, het goed gespeel en twee drieë gedruk.
  • Die spanne van Middelburg en Sentraal XV het goed teen mekaar opgeweeg.  Skopwerk is tot ‘n minimum beperk aangesien beide probeer het om aanskoulike hardlooprugby te speel.  Middelburg het met 34-17 gewen.
  • In die wedstryd tussen Ben Vorster en Jim Fouché het, soos die halftydtelling (8-7 vir Ben Vorster) wys, albei spanne hulle geleenthede goed gebruik. Die buitesenter van Ben Vorster, Adriaan Maebane, het na ‘n sololopie van bykans 60 m teen die kantlyn af ‘n welverdiende drie in die hoekie gedruk.  ‘n Paar mooi bewegings deur Jim Fouché se agterlyn het as gevolg van hanteerfoute skipbreuk gely.  Die eindtelling was 20-12 in Ben Vorster se guns.
  • ‘n Oormaat balbesit in die eerste helfte en vinnige balverspreiding vanaf die breekpunte, het tot ‘n welverdiende drie deur die senter van Middelburg teen Voortrekker, Bethlehem, aanleiding gegee.
  • ‘n Wipplankwedstryd is tussen Voortrekker (Bethlehem) en Middelburg gespeel.  Met halftyd was Middelburg voor, maar Voortrekker het uiteindelik, nadat Middelburg in die laaste minute ‘n doelskop gemis het, as wenners uit die stryd getree.  Die telling was 31-29.

 


Rugby

Tyd

A-veld

 

10:00

Merensky

Jim Fouché XV

31

15

11:30

Sentraal XV

Middelburg

17

34

13:00

Ben Vorster

Jim Fouché

20

12

14:30

Voortrekker, Bethlehem

Middelburg

31

29

16:00

Montana

Voortrekker, Pmb.

33

20

17:30

Sentraal

Brandwag

25

31

19:00

Waterkloof

Tygerberg

20

19

DAG 2 – 2 April 2012

8

Zwartkop

30

Centurion

19

Waterkloof 1

24

Montana

20

Oos-Moot

20

Volkskool

32

Sentraal 1

32

Duineveld 1

15

Voortrekker

32

Tygerberg

19

9

Sentraal 2

16

Duineveld 2

18

Gerrit Maritz

13

Ben Vorster

37

 

Brandwag

29

Merensky

20

Middelburg

31

Sentraal 3

10

 

10

Montana

18

Waterkloof 2

18

Tygerberg

26

Zwartkop

28

 

Sentraal 1

44

Duineveld 1

26

Centurion

21

Voortrekker

35

 

11

Waterkloof 1

27

Ben Vorster

33

Oos-Moot

23

Sentraal 3

19

Wilgers

26

Volkskool

21

Duineveld 2

15

Middelburg

19

Gerrit Maritz

19

Sentraal 2

6

12

Zwartkop

22

Centurion

19

Brandwag

17

Merensky

25

Tygerberg

23

Sentraal 1

40

Duineveld 1

27

Voortrekker 1

25

Montana

29

Waterkloof 2

25

13

Volkskool

32

 

Oos-Moot

43

Middelburg

20

Sentraal 3

30

Ben Vorster

23

 

Sentraal 2

10

Wilgers

28

Duineveld 2

23

14

Merensky

21

Waterkloof 2

27

Waterkloof 1

20

Gerrit Maritz

18

Zwartkop

28

Tygerberg

34

Brandwag

27

Sentraal 1

21

Montana

34

Duineveld 1

24

15

Voortrekker

32

Sentraal 3

4

Sentraal 2

15

Duineveld 2

11

Ben Vorster

23

Gerrit Maritz

17

Oos-Moot

35

Centurion

25

Wilgers

42

Middelburg

24

Hokkie

Wesvalia

Hoogenhout

0

2

Waterkloof

Noord-Kaap

0

1

Wesvalia

Noord-Kaap

0

3

Waterkloof

Hoogenhout

0

2

Hoogenhout

Noord-Kaap

2

1

Waterkloof

Wesvalia

2

0

 

 


Related Posts

« »