BEAST: 100 NIE UIT NIE, RASSIE KIES KONSERWATIEF

Jun 15 • Europe, General News, International, National, Pale Toe, South Africa, South Africa, Springbok News, Springboks • 2966 Views • Comments Off on BEAST: 100 NIE UIT NIE, RASSIE KIES KONSERWATIEF

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Tenda "The Beast" Mtwarira speel Saterdag in sy 100 Springbok Toetswedstryd Foto: Johan Orton/Asics

Tendai “The Beast” Mtawarira speel Saterdag in sy 100e Springbok Toetswedstryd Foto: Johan Orton/Asics

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert- Johannesburg

Rassie Erasmus, Springbokafrigter het toe nie soos bespiegel is, grootskaalse veranderings aan die Springbokspan gemaak wat eerskomende Saterdag in die tweede Toets teen Engeland speel nie.
Daar sal net twee nuwe gesigte wees. Frans Malherbe vervang vir Wilco Louw in die voorry se beginspan, terwyl Jesse Kriel op die plaasvervangersbank inskuif en Elton Jantjies sal lemoene aandra.

Erasmus is oral dopgehou in afwagting dat hy grootskaalse verandering sou aanbring met die oog daarop dat daar slegs 15 maande oorbly voor die 2019- Wêreldbeker-toernooi.

Vir Tendai (The Beast Mtawarira) is dit Saterdag ʼn groot dag: hy speel in sy 100ste Toets vir Suid Afrika in die Castle Lager Inkomende Reeks. Net vyf voorgangers in die Groen-en-Goud kon dit regkry. Hulle is Percy Montgomery (2008), John Smit en Victor Matfield (in 2010), Bryan Habana en Jean de Villiers (in 2014).
Mtawarira is maar die sewende voorryman ooit wie 100 of meer Toets buigings kon maak, en die eerste Springbok wie dit te beurt val.
Voorlangs sal Mtawarira langs Bongi Mbonambi en Frans Malherbe sak.

Malherbe is dankbaar om weer in die Boktrui te speel: “ek is nou drie weke saam met die manne en wat ʼn voorreg om weer in die Groen-en -Goud te speel. Ek het die manne gemis, ʼn mens sien nie baie van mekaar nie, maar by die kamp het jy weer tyd om daai band te versterk.”
Hy sê dat hy, soos verlede week, verwag dat die Engelse met ʼn groot aanslag voorlangs sal kom, “my primêre doel gaan wees om ʼn soliede basis te vorm vanwaar ons kan speel, dis my doel. Vunipola is ʼn sterk loskop en ek het baie respek vir hom.”

Hy is maar al te bewus van die geleenthede wat gebied word voor die Rugby Wêreldbeker-toernooi in 2019.
“Ons weet hoe hard Thomas du Toit kan speel en almal het sy vermoëns raakgesien, en dan is Coenie Oosthuizen ook daar wat ʼn goeie terugkeer maak, met Wilco Louw wat ook uitstekend skrum en speel. Daar is goeie kompetisie onder ons voorrymanne en dis goed vir die Bokke.”

Malherbe was vir ʼn lang tyd buite aksie met ʼn ernstige nekbesering en hy het hulde gebring aan die mediese personeel wat hom bygestaan het op die rehabilitasiepad; “ek kan net dankie sê vir hul toewyding deur Saterdag my heel beste te gee, nadat ek voorheen ook my nek beseer het en daar deur gekom het met die hulp van die medici.”
Malherbe meen dat die spel so ontwikkel het dat die vaste vyf ook in die ander fasette van die spel moet kan bydra, “dis lankal nie meer soliede, oorgewig spelers wat in die skrum sak nie, dis manne wat die bal kan dra en kan tackle.”

Intussen het Rassie Erasmus hulde gebring aan Beast Mtawarira wat aan die loskopkant sak, “ soos ʼn tipiese voorryman, is Beast nie iemand wat die kalklig opsoek nie. Sy bydrae tot Springbokrugby die afgelope dekade is enorm en ek wil hom gelukwens met die bereiking van die mylpaal (100-Toetse). Dit is ʼn spesiale geleentheid en alhoewel hy die erkenning verdien, weet ek hy sal die werk doen wat van hom verwag word, naamlik om ʼn uiterste gefokusde Engelse skrum , Saterdag te trotseer.”

Mtawarira (32), het sy debuut presies 10 jaar gelede in die Springboktrui op 22-jarige ouderdom gemaak (14 Junie 2008).
In 2009 was hy instrumenteel daartoe om die Springbokke se reeksoorwinning van 2-1 oor die Britse en Ierse Leeus te verseker.
Sedertdien het die sagte reus homself gevestig in die Sharks se voorry (146 Superrugby wedstryde). Hy het twee Toetsdrieë agter sy naam.

Die span is:
15. Willie le Roux 14. S’busiso Nkosi 13. Lukhanyo Am 12. Damian de Allende 11. Aphiwe Dyantyi 10. Handré Pollard 9. Faf de Klerk 8. Duane Vermeulen 7. Pieter-Steph du Toit 6. Siya Kolisi (kaptein) 5. Franco Mostert 4. RG Snyman 3. Frans Malherbe 2. Bongi Mbonambi 1. Tendai Mtawarira
Plaasvervangersbank:
16. Akker van der Merwe 17. Steven Kitshoff 18. Thomas du Toit 19. Jean-Luc du Preez 20. Sikhumbuzo Notshe 21. Ivan van Zyl 22. Jesse Kriel 23. Warrick Gelant

Die Toets begin Saterdag om 17:05 in Bloemfontein.
Die skeidsregter is Romain Poite van Frankryk.
Sy assistente is Glen Jackson en Ben O’Keeffe van Nieu Seeland.
Die TV-skeidsregter is Simon McDowell van Ierland.

Related Posts

« »