Beserings knou Boland voor Pampas-Stryd

Apr 4 • South Africa, Vodacom Cup • 2147 Views • Comments Off on Beserings knou Boland voor Pampas-Stryd

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Regent Boland Kavaliers sit eerskomende Saterdag sy Vodacombeker-veldtog voort wanneer hulle teen die Argentynse span, die Pampas XV, op die Boland Stadion in Wellington kragte meet.

 

Dit sal die eerste keer wees dat die Kavaliers vanjaar op hul tuisveld meeding ná die speel-oppervlak van die Boland Stadion onlangs nuut oorgedoen is. Die Kavaliers se vorige twee Vodacombeker tuiswedstryde was aangebied te Ceres (vs WP) en Robertson (vs SWD).

 

Hoewel die Kavaliers uitgehonger sal wees vir ‘n wedstryd op die Boland-stadion (en boonop kans sien vir enige opponent op hul tuisveld) moes afrigter Abe Davids vandeesweek kopkrap oor sy spankeuse, aangesien ‘n grrot aantal senior-spelers en spelers in spesialis-posisies nie beskikbaar is nie weens beserings.

 

In die kaptein Ashton Constant, Rossouw Kruger (albei stutte) en Chris Buckle (haker), sit die Kavaliers met ‘n hele voorry (en heelwat ervaring) wat krank is. Junior Bester neem die kapteinskap oor by Constant.

 

Agterlangs sal Boland ook moet klaarkom sonder een van sy staatmakers die seisoen, die senter Albert Trytsman. Trytsman het ligamente in sy been beseer tydens ‘n oefen-sessie en sluit hom nou aan by Adie Jacobs (senter) wat vroeër die seisoen ‘n skouerbesering opgedoen het.

 

‘n Sege oor die Pampas sal die Kavaliers egter weer goed op dreef plaas om die uitspeelrondtes van die kompetisie te haal, ná hulle twee naweke gelede, teen alle verwagtinge, vasgeval het teen die SWD Arende.
Die wedstryd skop Saterdag om 16:00 af. Toegangsgelde by die Boland-stadion beloop teen R20 vir volwassenes en R5 vir skoliere.

 

Verskeie Boland Interstreek- en junior-wedstryde sal in die aanloop tot die Vodacombeker wedstryd op CPUT, Wellington en die Boland-B veld beslis word. Sien wedstrydbepalings onderaan. Die Presidentsliga Wynland en Noordweste sal in ‘n voorwedstryd vir die Kavaliers vs Pampas wedstryd (op die Boland-stadion) in aksie wees om 14:00.

 

KAVALIERS SPAN:

15. Jacquin Jansen

14. Cheslin Roberts

13. Garth April

12. Braam Gerber

11. Brendon April

10. Ricardo Croy

9. Lucky (Ntando) Kebe

8. Alwyn (Junior) Bester (k)

7. Thor Halvorsen

6. Franzel September

5. Nolan Clark

4. Benjamin Venter

3. Francois Hanekom

2. Marko Janse van Rensburg

1. Johannes Kleinhans

 

16. Ulrich Pretorius

17. Callie Steenkamp

18. PJ van Zyl

19. Bradley Fortuin

20. Andries Truter

21. Cheswin Williams

22. Tythan Adams

 

PAMPAS XV SPAN:

15. Matias Masera

14. Juan P Estellas

13. Matias Orlando

12. Javier Rojas

11. Manuel Montero

10. Santiago Gonzales Iglesias

9. Tomas Cubelli

8. Leonardo Senatore

7. Benjamin Macome

6. Tomas de La Vega

5. Mariano Galarza (k)

4. Tomas Vallejos

3. Ariel Castellina

2. Emiliano Coria

1. Francisco Piccinini

 

16. Martin Garcia Veiga

17. Ramiro Herrero

18. Rodrigo Bruno

19. Rodrigo Baez

20. Martin Landajo

21. Benjamin Madero

22. Jeronimo de la Fuente

Related Posts

« »