BLITSBOKKE: DIT GAAN KLOPDISSELBOOM #PaleToe

Nov 13 • Blitz Bokke, General News, International, Pale Toe, Sevens Rugby, Sevens World Series, World Rugby • 2675 Views • Comments Off on BLITSBOKKE: DIT GAAN KLOPDISSELBOOM #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van # Pale toe! skryf: “Een ding is seker: die Blitse se afrigter, Neil Powell wie self vir hulle uitgedraf het, se sukses het die afgelope paar jaar hand oor hand toegeneem. En dit bemoedig.”

Dit gaan blykbaar klopdisselboom by die Blitsbokke, dankie!
Dis die boodskap wat ons kry as ons vra na die span se voorbereiding op die vooraand van die opkomende sewesreeks van Wêreldrugby. Dit sluit natuurlik die voorbereiding en verwagting in om gekies te word vir die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, volgende jaar.
34 van die land se mees talentvolle sewes spelers is opgeroep vir ʼn oefenkamp van drie weke, waarby 19 Springbokke van die 15-man kode ingesluit is.
Dit sluit die afgelope Wêreldbeker-toernooi se bronsmedaljewenners in soos Bryan Habana, Damian de Allende en Lwazi Mvovo.
Agter die skerms keer SA Rugby se diensknegte vir die vale hel dat Springbokrugby nie in onbruik verval na die Springbokke se teleurstellende aanslag op die William Webb- Ellis trofee. Vooraf glimlag almal en maak ons reg vir Olimpiese goud. Intussen word geen SARU-geld ontsien om die verlore aansien van Bok-ego’s te red nie.
Vrae ontstaan egter oor die wysheid van die insluiting van sekere spelers, vrae soos “ is dit regverdig dat ʼn 15-man Bok ʼn sewes plek behaal, is Habana werklik ʼn aanwins vir die slaankrag van die Blitsbokke en is De Allende nie reeds opgefoeter met stagnante stampkar rugby nie en wat van sy bedenklike balbesit op die aanval”?
Wie herdoop homself in die toernooi as ons eie Sonny-Bill Williams, Nene Milner-Skudder?
Een ding is seker: die Blitse se afrigter, Neil Powell wie self vir hulle uitgedraf het, se sukses het die afgelope paar jaar hand oor hand toegeneem. En dit bemoedig.
“Ek is opgewonde as ek sien wat vandag alles gebeur het, dis belangrik dat ons mediese span ʼn goeie idee het van die spelers se fiksheid voordat ons begin met die toernooi in Dubai. Dis veral belangrik om na die nuwelinge se kondisionering op te let,” het hy vroeër vandeesweek gesê.
“Ons wil aan die einde van volgende week ʼn paar wedstryde speel om te bepaal waaraan ons nog moet werk voor Dubai en Kaapstad.”

Die nuut gekontrakteerde Sewes-Bok, Francois Hougaard het dit vandeesweek duidelik gemaak dat hy nie op sy louere rus en op sy reputasie staatmaak om saam te gaan Rio-toe nie.
Hy en Cheslin Kolbe, Warren Whiteley, Warrick Gelant en Jaco Kriel is manne wat sal meeding teen groot Sewes-name: Werner Kok, Kwagga Smith, Cecil Afrika, Branco du Preez, Kyle Brown, Seabelo Senatla en Frankie Horne.
Hoe dit ookal sy, Bok-lus is nog lewendig en die manne met die blazers aan, glimlag breed want die HSBC Sewes Wêreldbeker-toernooi skop binne drie weke af in Dubai en kom daarna Kaaptoe.

 

Related Posts

« »