BLOU BULLE: HOE VEILIG IS FORT LOFTUS?

Sep 12 • Currie Cup, General News, Pale Toe, South Africa • 2910 Views • Comments Off on BLOU BULLE: HOE VEILIG IS FORT LOFTUS?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

 

Brian Shabangu van die iCollege Pumas in aksie teen die Blou Bulle ©RugbyFifteen.co.za

Brian Shabangu van die iCollege Pumas in aksie teen die Blou Bulle ©RugbyFifteen.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert-Loftus Versveld

Ivan van Zyl studeer teologie aan die Universiteit van Pretoria, maar behalwe dat hy sy roeping volg, is hy ʼn baken van hoop vir die Vodacom Blou Bulle-span. Hy is vandeesweek in die beginspan van Pote Human se Blou Bulle, wie Vrydagaand op Loftus Versveld te staan kom teen die iCollege-Pumas van Mpumalanga.
Die Pumas is gewond na twee nederlae, eers teen die WP (28-57) en toe teen die Sharks (28-12), maar vroeër het hulle soos ʼn wegholtrein begin en 42-19 teen die Griekwas gewen.
Op die algehele log lê hulle tans vyfde, na die WP, maar die log trek skeef, want beide die Bulle en die Toyota Vrystaat Cheetahs het alreeds vir wedstryde gespeel.

Die Bulle het twee van die vier wedstryde tot dusver in die kompetisie gewen, en het die kleinste punteverskil van al die spanne in die kompetisie, slegs 8. Dit illustreer die span se net-net verlore kanse teen die Sharks (26-10) in ʼn weg-wedstryd en ʼn 35-38 verloor op Loftus Versveld teen hul bure, die Golden Lions.

Pote Human, afrigter van Blou Bulle was vandag by die span aankondiging merkbaar gespanne; “ons het nie geweet hoe lank Ivan hier gaan wees nie, en André het die laaste twee wedstryde gespeel, daarom gee ek vir Ivan die geleentheid hierdie naweek.”
“Die Pumas is ʼn gevaarlike span en ons het respek vir hulle, ons het 50-punte teen hulle aangeteken verlede jaar in Nelspruit, maar ons weet waartoe hulle in staat is, veral voorlangs, hulle het ʼn baie goeie pak voorspelers.”
“Hulle speel ook soos die Lions, terug na hul losgemale en skrums, waar hulle baie sterk is in die vaste fasette.”

Pote is bekommerd oor die rukke en stote waarmee die Bulle die afgelope naweek in Kimberley gespeel het; “dit was die 10 minute voor- en na rustyd wat ons gevang het, en skielik was ons 28-35 agter teen die Griekwas. Dit sal jy nie kan doen teen die Pumas nie, hulle is ʼn span wat na jou toe kom of hulle voor of agter loop op die telbord.”
“Dit is ʼn geval van die span wat konsentrasie verloor die 10 minute periode voor rustyd, en ons kan nie sagte oomblikke soos hierdie bekostig teen die Pumas nie.”

Dayan van der Westhuizen, wie verlede week die beseerde Trevor Nyakane vervang het, kry ʼn begin kans vandeesweek.
In die woorde van die kaptein, Hanro Liebenberg, gaan dit kook voorlangs; “die Pumas het hierdie wedstryd spesiaal gebêre vir ons en ons weet dat ons baie akkuraat sal moet wees voorlangs, ons gaan nie twee kanse teen hulle kry nie en dis hoekom dit vir Dayan so ʼn belangrike wedstryd is.”

“Ons speel op Loftus en ons weet ons moet vir 80-minute speel, die mense wie ons ondersteun verwag dit. Ons dink aan Vrydag se wedstryd as ʼn kwarteindronde en ons benader dit so, as ons wen is ons in die semi’s en as ons verloor is ons kanse daarmee heen,” het Human gesê.

Die ander faktor waarmee die Bulle rekening moet hou, is die Jimmy-faktor.
Jimmy Stonehouse is terug by die Pumas na ʼn tyd in Japan en sy afrigting is van die mees effektiefste van al die plaaslike afrigters.
Sonehouse is ʼn ou kalant in Pretoriase rugby en hy ken die Bulle se kultuur en spelpatrone goed.

Op die koop toe is sy naam blykbaar in die hoed om aangestel te word as die Blou Bulle se nuwe hoofafrigter, wanneer John Mitchell finaal die kantoordeur in Fort Loftus toetrek.

Vrydag-aan is dus in meer as een opsig ʼn plaaslike derby tussen buurspanne, dit word ʼn uitdaging en ʼn spreekwoordelike streep in die sand word getrek vir twee spanne wie help om die Curriebeker kompetisie lewendig en aan die brand te hou.

Die Blou Bulle span is, met Curriebeker wedstryde en punte tussen hakies:

15. Divan Rossouw (7 & 5) 14. Jade Stighling (13 & 15)13. Johnny Kotze (38 & 35)12. Franco Naude (4 & 5) 11. Duncan Matthews (14 & 15) 10. Manie Libbok (7 & 57) 9. Ivan van Zyl (21 & 25) 8. Hanro Liebenberg (c; 17 & 15) 7. Nic de Jager (21 & 15) 6. Ruan Steenkamp (13 & 25) 5. Eli Snyman (3 & 0) 4. Hendre Stassen (4 & 0) 3. Dayan van der Westhuizen (16 & 10)
2. Jaco Visagie (31 & 10) 1. Matthys Basson (11 & 0)

Plaasvervangersbank:

16. Edgar Marutlulle (54 & 45)17. Conrad van Vuuren (13 & 0)18. Ruan Nortje (4 & 0)
19. Jano Venter (19 & 10) 20. Andre Warner (19 & 20) 21. Tinus de Beer (5 & 20)
22. Dylan Sage (1 & 0)

Die iCollege Pumas se span moet nog aangekondig word.

Afskoptyd is 19:00 en die skeidsregter is Rasta Rasivhenge.

Related Posts

« »